Page 1 of 1
Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 9:43 am
by Pikkie
2skilpaaie drink gelyk op verskillende plekke.
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 10:00 am
by douw
interresant!
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 10:07 am
by Williel
Dis baie oulik, hoe ver is die waterpunte uitmekaar.

Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 10:11 am
by Pikkie
Addo is Naby PE. Satara in die Krugerwildtuin.
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 11:35 am
by Riaan Kriel
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 12:06 pm
by Pikkie
Seker hoekom skillie vir hasie gewen het
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 2:32 pm
by Dolf014
Daai skillie loop op "duracell" batterye!! Of wat sê ek Duracell??

Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 3:15 pm
by Riaan Kriel
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 3:53 pm
by NetEk
HI Pikkie
Chat jy op die SANPark forum ook?
Vra want ek chat ook daar.
Re: Toeval???
Posted: Wed Feb 25, 2015 4:18 pm
by Pikkie
NetEk,
Nee, ek kyk net so nou en dan die foto's.
Pikkie
Re: Toeval???
Posted: Thu Feb 26, 2015 8:44 pm
by theedge
Dit nou vir jou waarneming - baie netjies
Re: Toeval???
Posted: Fri Feb 27, 2015 4:04 pm
by NetEk
Die skille wat Addo toe kom is 'n "regular" (daar is eintelik 2) die Sanparke forum het hom Timothy gedoop en hou hom al vir jare dop.
Re: Toeval???
Posted: Sat Feb 28, 2015 3:51 pm
by WILDCARD
N skilpad het by ons huis opgedaag. Ek het hom veld toe gevat want ek is onseker of mens n permit nodig het vir een. Omtrent n week later toe is hy terug by my huis. Hy is nogsteeds iewers op die erf.
Re: Toeval???
Posted: Mon Mar 02, 2015 8:21 am
by NetEk
Jy het 'n permit nodig vir enige inheemse wild....... Daar is wel 'n loophole jy mag nie 'n dier aanhou nie... so as die dier na vrye wil kan kom en gaan dan is hy nie in aanhouding nie.... Het 'n Tannie wat 'n hele werf vol diertjies gehad het maar aangesien hulle self op gedaag het en self kon weer wegloop het sy nie 'n permit nodig gehad nie.
Re: Toeval???
Posted: Wed Mar 25, 2015 3:49 pm
by NetEk
http://i57.tinypic.com/30ieuj4.jpg
Skillie is weer terug.
Re: Toeval???
Posted: Wed Mar 25, 2015 6:42 pm
by Plaashaas
Ek het nie eers geweet `n skilpad drink water nie.
Re: Toeval???
Posted: Wed Mar 25, 2015 6:54 pm
by VdWalt
Ek het een keer in 'n hide gesit waar niks anders behalwe 'n skilpad in gekom het nie. Die hide het so teen 'n koppie uitgekyk. Dit het daai skilpad 30 minute teen die koppie af gevat en langer terug teen daai koppie op. Ek het gewonder of daar 'n RW mate is vir 'n skilpad.
Re: Toeval???
Posted: Wed Mar 25, 2015 6:55 pm
by VdWalt
Hy het presies op die selfde pad terug gestap.
Re: Toeval???
Posted: Thu Mar 26, 2015 1:16 am
by Finfan
Hulle was seker by dieselle party en dors van al die DOP.
Re: Toeval???
Posted: Thu Mar 26, 2015 3:35 pm
by ZKK
Ons was eenmaal op n plaas naby Thabazimbi.
Die oggend kry ons n skilpad in die veld.
Later die middag gaan kuier ons op n ander plaas so paar kilos verder.
Ons stop toe by een van die bees krippe, waar ons nog n skilpad kry.
Ek vra toe vir die boer wat is die waarskynlikheid dat mens twee skilpaaie op dieselfde dag sien.
Nee se hy, dit is nie iets wat mens elke dag sien nie.
Ons woorde was nie koud nie, toe kom daar nog twee skilpaaie aangestap.
Sommer 3 skilpaaie op een plek, en 4 in dieselfde dag.