Page 1 of 1

Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber verander.

Posted: Mon Mar 02, 2015 8:50 am
by NJ_v_N
Hi

Ek wil graag een van my gewere se loop skuif an n ander geweer (aksie en kolf) wat beter gepas is vir wat ek dit voor wil gebruik.
Gelyktydig wil ek ook die kaliber verander van 308 na 30-06.

Het iemand hier al so iets probeer, wat sal die komplikasies wees aan so n projek?

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 10:21 am
by Smitstertjies
Ek het ongelukkig nie raad vir jou nie, maar die feit dat jy 308 verander na 30-06 gaan paar manne reken dis so goed om te skuif van die Natte na die Sappe, volksverraad!

Hoop jou vel is dik!

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 11:36 am
by NJ_v_N
Dalk voel hulle effe beter as ek sê 30-06 Ackley, maar dit mag dalk nog meer ontstel...

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 2:09 pm
by Giepie
Die loop word gelisensieer. Om loop te skuif behoort nie 'n wetlike probleem te wees nie. Die vorige eienaar van my 270Win het die aksie vervang saam met 'n nuwe kolf. Daar was geen lisensie wysiging nie.

Om kaliber te wysig sal nuwe aansoek vereis.

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 4:00 pm
by NJ_v_N
Al rede hoekom ek wonder oor die loop skuif is omdat die aksie se reeksnommer ook op die lisensie is, en dit dan saam met die kaliber verandering.

Ek dink dit mag dalk n beter opsie wees om eers net die loop te ruil en daarna as dit als reg is die kaliber verandering doen.

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 4:32 pm
by Albert84
NJ_v_N

Ek het onlangs n Rem700 SPS Woodtech in 30-06 gekoop as n "donor rifle", ek soek net die aksie. Dis n 22 duim loop. Die geweer le nog by S&O Stellenbosch en ek moet nog aansoek doen. Miskien stel jy belang in die loop, spaar jou dalk moeite?

Groete,
Albert

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 4:43 pm
by Smitstertjies
NJ_v_N wrote:Dalk voel hulle effe beter as ek sê 30-06 Ackley, maar dit mag dalk nog meer ontstel...
Moet se, ek oorweeg ook sterk om my ou nul kwes in n Ackley om te tower.

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 4:43 pm
by Hein M.
Ja :) Vir daardie paar vps tussen 180 en 220gr. kan jy maar vir die moeite liewer na 'n 300WSM / 300WM skuif.

Re: Skuif van loop van een geweer na n ander + kaliber veran

Posted: Mon Mar 02, 2015 8:58 pm
by NJ_v_N
Albert, dankie maar die spesifike loop wat ek in gedagte het is n baie swaar 28" shillen stainless loop, en ek wil hom graag op my roer met die netjiese aksie en sintetiese thombhole kolf sit.

Hein, die aksie het reeds die regte magasyn en slot vir 30-06 en aangesien ek die kamer gaan moet laat sny kan ek net sowel AI gaan vir die paar voordele wat daarmee saam gaan.