Page 1 of 2
Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 7:42 am
by Smirre
More
Het die gadet aangeskaf.......waar is die manual?
As ek al die data inlees is daar so geel kolletjie in die reticle skerm...wat is dit?
Is dit waar die teikin is t.o.v die mikpunt
Byvoorbaat dank
Smirre
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 7:43 am
by Geno
Geel kol = teiken. Jy kan sy grootte stel by:
Reticle -> Settings -> Target Type
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 7:45 am
by Smirre
geno
dankie
nou is daar nog meer goed waaroor ek kan wonder!!
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:26 am
by Baasvark
Kan mens hom koop sonder om jou krediet kaart te gebruik?
Baie senuweeagtig om sulke inligting uit te gee!
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:30 am
by Smirre
Nee
Net met die kaart
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:33 am
by Dries101
Het hom gister gekoop- en vergelyk met van die online calculators. Lyk baie belowend
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:36 am
by joe rocket
Smirre wrote:More
Het die gadet aangeskaf.......waar is die manual?
As ek al die data inlees is daar so geel kolletjie in die reticle skerm...wat is dit?
Is dit waar die teikin is t.o.v die mikpunt
Byvoorbaat dank
Smirre
Daar is rooi kolletjie by target tipe hy werk lekker. Jy kan maar jou krediet kaart gebruik dit is veilig. As jy n visa of Mastercard debiet kaart het sal dit ook werk.
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:44 am
by MrFive
Ek hou ook nie daarvan om my krediet kart te gebruik vir online koopies nie. Ek het toe net a Google Play gift card gaan koop by Checkers en laai die voucher op my Google play rekening en het did so op my Samsung cell foon gekoop.
Ek is baaie tevrede met die program en gebruik hom ook nou gereeld.
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:54 am
by Philip J
Hallo almal.
Is die StrelokPro weergawe baie verskillend van die Strelok+ weergawe of is daar maar net meer kruishare op Pro?
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 11:00 am
by Jean Marais
Jy't heelwat meer funksies met pro
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:32 pm
by Riaan Kriel
Ek het ingegaan, alles ingesit. Die transaksie is deur, geld is af van my kaart maar die app is nie op my foon nie?
Is hier fout en of is ek nou net te haastig dat dit maar 'n tydjie vat om af te laai??
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:34 pm
by joe rocket
Install die app
Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:55 pm
by Gawie(13mm)
PhilipJ wrote:Hallo almal.
Is die StrelokPro weergawe baie verskillend van die Strelok+ weergawe of is daar maar net meer kruishare op Pro?
Jou vraag is eintlik; "gaan ek my geld mors?"
Strelok: Basiese program en werk baie goed om jagtabelle vir tot en met 350 m mee uit tewerk.
Strelok+: Meer funksies en gebruik bv. foon se ingeboude termometer en lugdrukmeter om berekeninge te maak. So ver ek weet is die kruishaar funksie beskikbaar op die weergawe. Goed genoeg om daai plate op 600m te klop.
Strelok Pro: "Full house" vir die manne wat anderkant 900m gaan kuier

.
Cariolus, "Spindrift", vertikale wind defleksie en vele meer word gebruik op die app. Dmv. Bluetooth kan jy met jou Kestrel weerstasie koppel en "real-time" inligting bekom.
Werk so ver soos jou roer kan skiet.
Al die programme is net so goed soos die data wat jy insit en die meeste koeël vervaardigers is ooroptimisties met hul BC's. Nes Shooter en Applied Ballistics het Strelok Pro 'n funksie waar jy die BC en of ware spoed kan bereken. Gebruik dit manne. Dit spaar baie swets en trane.

Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 3:51 pm
by Riaan Kriel
Duracell wrote:Ek het ingegaan, alles ingesit. Die transaksie is deur, geld is af van my kaart maar die app is nie op my foon nie?
Is hier fout en of is ek nou net te haastig dat dit maar 'n tydjie vat om af te laai??
Eerste keer dat ek myself Quote

Die app is af gelaai en install. Ek moet nou nog net eers leer om dit te gebruik en al die nodige gegewens kry....
Dalk moet ons 'n dedicated thread begin vir Strelok Pro soos die QuickLoad thread waar die dom ouens soos ek kan vrae vra en leer by die ervare manne

Re: Strelok Pro
Posted: Wed Mar 04, 2015 4:05 pm
by joe rocket
Gawie kan ons help hy weet alles. Op Google is daar n strelok hulp program waar vra geantwoord en gevra word. Jy moet net die regte settings in tik spoed be right hand twist scope hoogte ens.
Re: Strelok Pro
Posted: Sun Mar 22, 2015 7:43 pm
by JacquesT (Stompe)
Naand manne. Ek wonder of julle my kan help met die volgende.
Hoe bepaal ek die ballistics coefficient?
En kan iemand my dalk se wat is die lengte van 'n 303 pro amm 150g punt en van 'n 308 pro amm 180g punt?
Groete
Re: Strelok Pro
Posted: Sun Mar 22, 2015 8:15 pm
by Skywalker
stompe wrote:Naand manne. Ek wonder of julle my kan help met die volgende.
Hoe bepaal ek die ballistics coefficient?
En kan iemand my dalk se wat is die lengte van 'n 303 pro amm 150g punt en van 'n 308 pro amm 180g punt?
Groete
Naand Stompe.
Weet nie of jy al gekyk het op hulle website nie. As ek reg onthou het hulle al die BC's asook die lengtes daarop.
Hoop dit help.
Christiaan
Re: Strelok Pro
Posted: Sun Mar 22, 2015 8:16 pm
by JacquesT (Stompe)
Dankie Christiaan, ek sal gou gaan loer.
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 6:48 am
by Chrisjan
Ek sal net daarvan gehou het as jy die koeëls kon kies, soos met shooter.
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 6:56 am
by JacquesT (Stompe)
Ek sien jy kan sekeres download, maar dis slegs Lapua.
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 8:30 am
by Gawie(13mm)
So maak mens!
Maak die program oop op jou foon en klik op die gedeelte wat ek in groen omkring het. Jou foon se data moet aan wees of dmv WiFi geskakel wees met die internet, om die webwerf te besoek. Dit geld ook vir die skakel heel onder aan die plasing.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.14.33.png http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.15.02.png http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.15.38.png
Die laaste blad hierbo is op die webtuiste en is ook die kompakte gebruiks aanwysings. Dit dui ook aan hoe die BC en spoed "getrue" moet word. Doen die oefening. Jy sal nie spyt wees nie.
Al die ander BC is beskikbaar op die blad:
http://www.shootforum.com/forum/bulletdb.html
Groetnis.
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 8:48 am
by Swede
Ek is onseker of my foon 'n termometer en lugdrukmeter het, hoe bepaal ek dit of is daar 'n app wat afgelaai moet word. Ek is nie 'n smart foon fundi nie

, terloops ek het 'n Sony Xperia Z3
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 9:04 am
by Gawie(13mm)
Manne , ek is nou nie sarkasties nie, maar Google het al die inligting. Tik net jou vraag in en loer dan op een of twee van die skakels wat gegee word.
Hier is die Experia z3 se spesifikasies.
http://m.gsmarena.com/sony_xperia_z3-6539.php
Dit wil voorkom asof die foon net 'n barometer in het en nie 'n termometer nie.
Ek sou in elk geval voorstel dat jy 'n windmeter aanskaf. Die meeste kan die temperatuur ook meet. Dit is ook makliker om die inligting in te pons op die foon vanaf die windmeter as om tussen skerms op die applikasie te spring.
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 9:31 am
by Swede
Gawie(13mm) wrote:Manne , ek is nou nie sarkasties nie, maar Google het al die inligting. Tik net jou vraag in en loer dan op een of twee van die skakels wat gegee word.
Hier is die Experia z3 se spesifikasies.
http://m.gsmarena.com/sony_xperia_z3-6539.php
Dit wil voorkom asof die foon net 'n barometer in het en nie 'n termometer nie.
Ek sou in elk geval voorstel dat jy 'n windmeter aanskaf. Die meeste kan die temperatuur ook meet. Dit is ook makliker om die inligting in te pons op die foon vanaf die windmeter as om tussen skerms op die applikasie te spring.
Dankie!
Re: Strelok Pro
Posted: Mon Mar 23, 2015 11:05 am
by JacquesT (Stompe)
Gawie(13mm) wrote:So maak mens!
Maak die program oop op jou foon en klik op die gedeelte wat ek in groen omkring het. Jou foon se data moet aan wees of dmv WiFi geskakel wees met die internet, om die webwerf te besoek. Dit geld ook vir die skakel heel onder aan die plasing.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.14.33.png http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.15.02.png http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/2015-03-23%2008.15.38.png
Die laaste blad hierbo is op die webtuiste en is ook die kompakte gebruiks aanwysings. Dit dui ook aan hoe die BC en spoed "getrue" moet word. Doen die oefening. Jy sal nie spyt wees nie.
Al die ander BC is beskikbaar op die blad:
http://www.shootforum.com/forum/bulletdb.html
Groetnis.
Baie dankie Gawie, ek waardeur dit baie.
Groete