Page 1 of 2
Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 11:29 am
by NicoSmit
Kan iemand dalk my 'n aanduiding gee wat betaal die manne wat wild uitskiet(culling) vir 'n blesbok betaal hulle p/kg of vir 'n bok
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 11:33 am
by Marc
p/kg
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 4:40 pm
by win270
Wens dit het met gewone biltongjag ook so gewerk.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 4:50 pm
by henning
Ek vermoed dat die manne wat "culling" doen het onkoste om te dek (overheads), dus kan die prys struktuur nie pas by die biltong jagter.
Groete
Henning
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 7:50 pm
by jaracal
My siening vir biltong skiet is om p/kg te vra anders wil almal die groot bokke uitskiet om waarde vir geld te kry. Nou kan jy 'n sawwe vleisie skiet en jou nie oor 'n mik betaal en verneuk voel nie.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:08 pm
by DawieKotze
jaracal wrote:My siening vir biltong skiet is om p/kg te vra anders wil almal die groot bokke uitskiet om waarde vir geld te kry. Nou kan jy 'n sawwe vleisie skiet en jou nie oor 'n mik betaal en verneuk voel nie.
Stem saam!!
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:11 pm
by Baasvark
+ 1!
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:22 pm
by dehacked
Stem
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 10:14 pm
by NicoSmit
nou wat betaal daai mam en by?
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Thu Mar 05, 2015 10:25 pm
by Baasvark
Nico jou post maak nie sin nie...?
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 6:58 am
by NicoSmit
nou wat maak nie sin nie ?Ek vra net wat betaal die manne per kg vir blesbok as hulle culling doen
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:04 am
by Geno
Dit hang af.
Word dit met chopper geskiet?
Word dit in die nag met bakkies geskiet?
Hoeveel bokke is daar?
Hoe lyk die terrein?
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:10 am
by Baasvark
"Nou wat betaal daai mam en by"
Jammer, was nie seker nie

Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:29 am
by NicoSmit
met bakkies in die nag +/- 200 bokke (Vrystaat Noord wes )
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:45 am
by Geno
Seker so R13 - R14/kg as ek moet skat. berg-Bewer, Rooies en Dawie D sal beter weet.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 9:19 am
by NicoSmit
Baie dankie
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Fri Mar 06, 2015 6:02 pm
by Berg-Bewer
Geno wrote:Dit hang af.
Word dit met chopper geskiet?
Word dit in die nag met bakkies geskiet?
Hoeveel bokke is daar?
Hoe lyk die terrein?
In die kol Geno, prys hang af van die genoemde kriteria, en dan verder wat die Kliënt wil hê, moet daar bv net ramme afkom, ens
Tov nagskiet is die terrein 'n groot faktor.
Huidige pryse Nico so tussen R13 - R16 / kg excl sou ek sê.
Op die stadium sal jy egter baie beter doen om die ooie te laat vang en die ramme te laat jag of oes!
Groete
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Sun Mar 08, 2015 1:14 pm
by Boesman10
win270 wrote:Wens dit het met gewone biltongjag ook so gewerk.
By ons in die Karoo word die Springbok, Impala en Eland per kg gejag vir biltongjag en as jy groot bok skiet is daar nie trofee geld nie. Ons laat alhoewel nie cull nie.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Sun Mar 08, 2015 1:57 pm
by ROBBIE1
Smaak my ek betaal te veel, as dit so mooi klomp is gaan ek R16 tot R18/kg, afhangende hoe ver van Pta af.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Sun Mar 08, 2015 11:26 pm
by Charles.308
Hi Boesman10
Wat is jou prys per kg op springbok, rooibok en eland ,vir biltong jagter
Dankie
Charles
Blesbok p/kg of bok
Posted: Mon Mar 09, 2015 6:47 am
by Eduard Venter
jaracal wrote:My siening vir biltong skiet is om p/kg te vra anders wil almal die groot bokke uitskiet om waarde vir geld te kry. Nou kan jy 'n sawwe vleisie skiet en jou nie oor 'n mik betaal en verneuk voel nie.
Ek stem saam met die idee dis baie billik. Ons kry self n paar biltong jagters die jaar maar nie baie nie. Watse prys kan ons vra per kilo vir vlakvark, rooibok, rooihartbees, koedoe en eland?
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:01 am
by win270
As die prys per kg is, moet daar natuurlik vooraf duidelikheid wees of dit vel, kop, binnegoed, pote in- of uitsluit.
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:37 am
by Eduard Venter
Kop af, pote af, vel af en binnegoed uit. Wat sal billike pryse daarvoor wees?
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:58 am
by Baasvark
Persoonlik sou ek se rondom R24 - R26 / kg?
Dis al klaar aamsienlik beter as R16/kg wat deur die oes mark betaal word. (En ja ek verstaan die manne wat oes skiet sommer honderde in 'n paar dae).
Re: Blesbok p/kg of bok
Posted: Mon Mar 09, 2015 9:45 am
by NEGE3
Ek dink die boer wat R/kg gaan vra vir biltong jagters loop ook die risiko dat sy jong diere gaan uitgeroei word en dan sit hy later net met ou diere. Hoe gaan hulle dan bepaal wat die bok geweeg het as die jagter sou kwes.