Page 1 of 1
Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 10:04 am
by DawieKotze
My CZ 6.5x55 gaan deur Formalito vervang word as gevolg van 'n foutiewe loop. Net my kolf gaan bly omdat ek dit laat pak het en dikker pillars laat insit het. Die sneller gaan ook oorgesit word.
Is die proses van lisensiering nou dieselfde proses as met 'n nuwe geweer?
Ek is mos reeds goedgekeur vir die wapen - hy moet net vervang word. Is daar 'n kortpad vir so 'n vervanging?
Ek luister graag.
Dawie
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 10:18 am
by Heinz Petersen
Dawie, as daar n kortpad was, het die hoofpad daar geloop.
Jy gaan n nuwe geweer kry met n nuwe nommer en dit moet op jou naam geregisrteed wees. Dit los jou net met n nuwe aansoek.
Sterkte. Kontak jou DFO ook en vind by hom ook uit wat jy moet doen.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 12:20 pm
by Pappabeer
Dit is jammer om te hoor. Aksie met n loop is maar 'n geweer, en dis n nuwe SAP271. Ek is egter seker Formalito kan ten minste n motivering skryf wat die oorweging van die lisensie sal verseker. Wat dit aan die tyd sal doen weet ek nie.
Wat is fout met die loop?
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 12:33 pm
by Smitstertjies
Heng dis n jammerte. Dis ook die eerste CZ wat ek hoor wat dit mee gebeur.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 2:00 pm
by ockiemedic
Pappabeer, jou profile foto is tops!!!!!
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 2:27 pm
by DawieKotze
Ai - ek het gehoop daar is 'n korter pad as die volle nuwe aansoek! Ek is mos goedgekeur vir die wapen en wil dit net vervang. Daar behoort mos 'n ander proses daarvoor te wees - altans dis soos ek redeneer.
Pappabeer - na 'n jaar se gesukkel om hom te laat groepeer, baie rande se kruit en verskillende koeëls, pakwerk, pillars, sneller ens ens, sê Terry Harrison dit lyk of die loop "valleie" in het. Die groewe is dus nie orals ewe vêr uitmekaar nie. Formalito stem saam dat die geweer nie groepeer nie en dat die loop foutief is, maar glo dit as jy wil, CZ sê dit loop is binne spesifikasie!
Gelukkig sal Formalito daai baklei self verder vat met CZ en solank die geweer vervang. Probleem is dat die nuwe besending eers middel na einde Maart verwag word.
Ek het gehoop om solank die proses aan die gang te sit om die geweer te skrap. Ek moet dan net wag vir die nuwes om die serial nommer te kry. Ek is seker Formalito sal 'n verslag gee wat sal help met die motivering.
Riaan by Humansdorp Koop (by wie ek die geweer gekoop het), het my baie gehelp met die proses tot dusvêr en ek kan net dankie sê.
Groetnis
Dawie
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 6:44 pm
by ockiemedic
Aai Dawie, dit is glad nie lekker nie en dit nog als net so voor die jag seisoen. Alle voorspoed met die SAP uitstappie en ek hoop daar staan n ander roer in jou kluis, vir n vleisie die jag seisoen.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:06 pm
by Johan Nel
Dawie,
Is dit nie moontlik om 'n loop vervanging te laat doen nie. Dis 'n minder pynlike proses as om van voor af aansoek te doen vir 'n ander geweer.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 7:39 pm
by Jacquesb
Sterkte Dawie.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 8:06 pm
by NEGE3
Is nie lekker nie. Sterkte Dawie.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 8:48 pm
by Frikkie Coetzee
Madako. Voorstel. Doen aansoek vir loop vervanging. Baie vinniger. As Formalito dalk bereid is om eerder vir jou net nloop te gee.
My laaste toestemming was binne 2 weke in plek.
Re: Geweer skrap
Posted: Fri Mar 06, 2015 10:47 pm
by dehacked
Sleg vir cz maar goed vir formalito. Mens sien deesdae te min agente wat bereid is om te doen wat reg is al vat dit hul sak.
Re: Geweer skrap
Posted: Sat Mar 07, 2015 4:56 am
by Heinz Petersen
Dawie, vat my net saam op jou jagte dan kan jy met een van my gewere skiet.
Waar is jou CZ se nommer op gekap? As dit net op die aksie is, kan Formalito mos net die loop omruil met die nuwe besending wat kom.
Op die anderkant sal dit ook voel, dat jy nou nie meer met n nuwe geweer skiet nie. Wag maar vir die hele proses om afgehandel te word. Dan sal n mens die uitdrukking op jou gesig kan sien. NUWE EEN.
Sterkte met die proses. Ek sal jou weer help met die opsit van die scope.