Page 1 of 1
Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 12:43 pm
by Frederick
Net vir die wat nie geweet het nie:
Hulle is nou deesdae oop van 8h00-12h00 Maandae tot Vrydae.
Na 12h00 help hul jou glad nie maar ten minste is hulle nou wel vrydae oop vir aansoeke
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 3:30 pm
by StadBobejaan
Wow 8-12=4 hours per pay = 20 hours per week = approx 80 hours per month.
Wonder what the government would say if i calculate my Tax returns on that formula.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 3:37 pm
by Frederick
Blykbaar so geskeduleer om agterstand tov papierwerk in te haal.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 5:11 pm
by Frederick
Daar is egter geen kommunikasie rondom tye wat verander of enigsins sulke goed via jagter vereniging, clubs of forums nie. Dit veroorsaak dat mens onnodig soontoe ry.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 6:57 pm
by Philip J
Dit is hier in Heidelberg lankal ook so. Die DFO is wel op kantoor en jy kan jou aansoek by haar ingee, maar die mense in die kantoor langsaan wat jou geld moet vat en vir jou 'n kwitansie uitreik, vat net geld tot 2 uur toe. Dis nou nadat hulle van 12 tot half 2 op middagete was.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Mar 06, 2015 8:17 pm
by spekieries
Dieselfde ure is al vir 'n geruime tyd aan die orde van die dag by Wierdabrug polisiestasie.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Thu Apr 23, 2015 1:45 pm
by superjakes
As hulle dan so baie ure werk, kan ek nie verstaan dat daar enigsins 'n agterstand kan wees nie!
My goed is laasjaar deur hulle, en al was ek nogal negatief oor hulle in die begin (omdat hulle my so 'n reuse guns gedoen het), moet ek se dat hulle eintlik nogal flink was met als vir solank dit by hulle was. Die CFR is maar die groter bottelnek.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Tue May 26, 2015 11:35 am
by superjakes
Ek dink ek het te vinnig gepraat met my vorige post. Ek het op 8 Mei 'n aansoek gaan ingee vir 'n .308 lisensie. Die Sersant het my baie vinnig en sonder enige hassles gehelp - ek was klaar gewees binne 25 minute, betaling ingesluit. Dis nou amper 3 weke later en my aansoek is nog nie eers in die stelsel ge-capture nie. Ek lees gereeld op Facebook van ouens wat al 8 weke vat vir Lyttelton DFO om hulle goed te capture. Wat kon verander het in 10 maande se tyd? Het enige iemand dalk insae oor wat daar verkeerd gaan?
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 05, 2015 1:41 pm
by smithers
Ek het ook op 6 mei n aansoek ingegee vir verdere bevoegdheid en n lisensie vir n handwapen vir selfverdediging. Het vandag die cfr gebel (6111) nommer en hulle het nog geen record van my aansoek nie...dis meer as n maand...pateties verby.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 05, 2015 1:48 pm
by Frederick
6 Maart ingegee
12 Mei eers ontvang by sentraal
28 Mei by krimenele rekords
lyk my ons gaan nog bietjie wag...
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 10:48 am
by superjakes
My lisensie wat op die 8ste Mei ingehandig is, is toe in die stelsel ingevoer teen 17 Junie. Dis twee dae kort van 6 weke om die proses in werking te begin sit.
Elke keer wat ek met die DFO admin tannie gepraat het, het sy my net vertel hoe daar duisende aansoeke le en hulle is net twee wat dit invoer en die een is nie daar nie, so sy is alleen.
Sou die SAPS vrywilligers aanvaar om te probeer help om die backlog uit te wis? Ek sal van my tyd aanbied om iemand anders dalk bietjie frustrasie te probeer spaar...
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 12:23 pm
by sako 30-06
Julle weet die mense is net slapgat?
Was dinsdag by toe die DFO my aansoek op dis sisteem geregistreer het, ek het daarop aangedring aangesien my eerste aansoek weggeraak het.
Dit vat letterlik nie eers 2min om die applikasie te registreer nie. Met jou ID no wys al jou besonderhede klaar, al wat ingevoer word is nuwe wapen se kaliber,maak,serial no.Die sisteem tel op aan wie die wapen behoort.
So maklik soos dit.
Nou hoop ek my aansoek raak nie weer weg nie.
Moet byse myne was gedoen in Boksburg.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 1:38 pm
by Mukiwa
Manne,
Wie van julle het al kennis gemaak met die onvriendelike AO daar. Daai man praat met n ou asof jy krimineel is (ek het meer respek vir my hond as wat hy vir mense het.
Ek dink hulle vergeet partymaal dat dit agv ouens soos ons is wat wapens koop dat hulle werk het!
Groete,
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 1:41 pm
by Frederick
Die kort borselkop of die lang kaalkop man?
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 1:50 pm
by Mukiwa
Die borselkop hy sit reg langs die kaalkop man tweede kantoor van die punt af op regterkant reg waar jy inkom, hy het altyd "civvies "aan. Die kaalkop se naam is Deon hy dra altyd uniform ook n AO, hy is behulpsaam in my ondervinding.
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Fri Jun 19, 2015 2:06 pm
by Frederick
Agv spioene sal ek my opinie vir myself hou
Re: Lyttleton SAPS
Posted: Thu Jun 25, 2015 7:47 pm
by Frederick
My bevoegtheid vir semi auto is nou in vir consideration en my application to trade is nogsteeds by fingerprints at criminal records...
Nou is dit is nie die stasie se skuld nie. Daar is blykbaar n groot probleem sodra die aansoeke die stasie uiteindelik verlaat