Page 1 of 1

Kameelperdbul

Posted: Fri Apr 22, 2011 7:35 am
by spekieries
Image

Image

Image


Gerhard
Hier is die foto's van die kameelperd wat ek so drie Saterdae terug geskiet het. Volgens die PH wat die vleis aan 'n slagter verkoop het was die karkas gewig 1010 kg.Ek dink dit was my eerste en laaste kameelperd.

Re: Kameelperdbul

Posted: Fri Apr 22, 2011 9:28 am
by Robert
Mooi dier daai.

Hoekom is dit jou laaste lang nek?
Een man het te vertelle dat kameelperd jag vriendskappe tot die uiterste beproef. Veral as hulle jou moet help slag.

Weer eens mooi gedoen

Robert

Re: Kameelperdbul

Posted: Fri Apr 22, 2011 2:11 pm
by Francois Marais
Spekieries

Mooi kameelperd, groot gegooi.

Jy moet jou trofee fotos altyd van so na aan die grond as moontlik neem, met die klem/fokus op jou trofee, daar waar julle met die kop op julle skouers staan lyk dit na n baba kameelperd daar agter julle, sommer net opgelet.

Mooi loop
Francois

Re: Kameelperdbul

Posted: Fri Apr 22, 2011 5:09 pm
by Gerhard
Daai is mos nou sommer BAKGAT!!!!

Baie geluk Mnr...

Re: Kameelperdbul

Posted: Tue Apr 10, 2012 12:04 pm
by johan1
Moes een jaar kies tussen ou bul op vriend se plaas of swembad vir kinders. Ek het sleg verloor in daai daai verkiesing, en kids swem vandag nog lekker saam hulle maats.

My kans sal weer kom

Re: Kameelperdbul

Posted: Tue Apr 10, 2012 12:40 pm
by Koos Barnard
Dags?
Geluk met die langnek. Sommer iets anders oor kamele. 'n Vriend het een jaar 'n ou stinkbul geskiet. Het mooi biltonge gesny om vir sy honde te voer (so s? hy). Die honde wou dit glad nie eet nie, die vleis was blykbaar kliphard. Toe weet hy te vertel dat hy dit maar by die plaaslike polisiestasie gaan aanbied het het... as knuppels vir die lokale "reaksiemag".
Mooi loop

Re: Kameelperdbul

Posted: Tue Apr 10, 2012 3:45 pm
by Dippies
JHO  :o

Re: Kameelperdbul

Posted: Tue Apr 10, 2012 5:02 pm
by Frederik
Netjies Anton ek het die finale produk in jou huis gesien wat baie mooi uitgekom het een van die betere Kameelperd mounts wat ek al gesien het.Weerens dankie vir daardie wiel darem kon ek die grote ook daar by jou sien. 

Re: Kameelperdbul

Posted: Tue Apr 10, 2012 6:52 pm
by spekieries
Dankie Frederik

Ja soos ek jou ges? het die gewig het manne laat wonder. Dit was 'n groot plesier dat ek jou kon uithelp.

Mooi bly

Re: Kameelperdbul

Posted: Mon Apr 16, 2012 9:49 am
by Deon Joubert
Hoekom se jy dit is jou laaste een ? Virtel meer ?

Re: Kameelperdbul

Posted: Mon Apr 16, 2012 11:36 am
by spekieries
Deon

Jong dit is maar 'n persoonlike ding. Ek het nie die vleis benut nie,die PH het dit gehou en verkoop vir die verminderde tarrief om te jag. Toe daardie groot dier neerslaan was my hart  bietjie seer. Ek het hom verniet geskiet en ek kon die trofee hou. Ek voel anders oor probleemdiere en gevaarlike goed. Ek is ook nie bereid om die prys wat 'n mens vir 'n kameelperd betaal, uit te haal nie.

Ek het 'n groot bul geskiet. Ek is nie spuit daaroor nie, want die bul moes afgehaal word. Maar persoonlik het ek klaar kameelperd gejag.

Groete   

Re: Kameelperdbul

Posted: Mon Apr 16, 2012 12:19 pm
by Dippies
spekieries wrote:
Ek het 'n groot bul geskiet. Ek is nie spuit daaroor nie, want die bul moes afgehaal word. Maar persoonlik het ek klaar kameelperd gejag.

Groete 
Ek sal ook maar swaar aan die sneller trek op die dier. Niks teen manne wat hule skiet nie, maar dis n ding wat nie op my lys is nie.

Re: Kameelperdbul

Posted: Mon Apr 16, 2012 12:57 pm
by Deon Joubert
Spekieries

Jy is nie die eerste persoon wat ek dit al by hoor nie. Die ouens se as daai groot dier so rond trippel en oor boome val en dan neer slaan dan is jy spyt jy het daai sneller getrek. Maar nou ja ek glo ek sal ook nog een eendag skiet. Maar ook net een keer.