Page 1 of 1

Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 12:10 pm
by Finfan
Dag mense

Het iemand nie al n databasis opgestel van BRF's vir verskillende batches dryfmiddel (bv. S365, S385 en S355) nie? Iemand wat gereeld met QL werk behoort al n trend vir elke batch begin sien het?

Ek sien uit omo te hoor.

Groete

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 8:19 pm
by tripodmvr
Daar kan 'n algemene tendens vir sekere dryfmidels se lotte in sekere kalibers gekry word. Die brandtempo verskil van groter na kleiner kalibers. S365 in die 243 is veral 'n sondebok. Dieselfde Lot S365 in 'n 30-06 sal bv. nie dieselfde hoë of lae brandtempo hê nie. Lotte 71 en 74 het 'n baie hoë brandtempo in 243 getoon.

Wat ek probeer sê is dat daar nie eksakte syfers bereken kan word nie en dat "waarskuwings" oor sekere lotte gegee kan word. Brandtempo wissel egter met verandering van kaliber, koeëlgewig, soort geweer en slagdoppe.

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 8:38 pm
by WerMos
Hallo Marius

Ek vandag vir Neil gese n man moet versigtig wees want die manne se chrony's gee veskillende lesings. En dit kan die BRF beinvloed.

Ek het n ander vraag. Wanneer n man met QL werk en jy kry die een lading vir spesifieke node en jy verander bv die H2O vol soos wat gebeur as jy ander doppe gebruik gee QL n ander "bullet speed" al bly die barrel time dieselfde.

Vir my maak dit nie mooi sin nie. As die barrel time dies is moet die bullet speed mos dies bly want al die ander veranderlikes bly konstant?

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 9:20 pm
by tripodmvr
Stem nie saam nie. Groter dopvolume met selfde lading gee laer spoed en ander looptyd.

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 9:29 pm
by WerMos
kom ek stel dit so met die nuwe dop vol al is dit groter of kleiner en jy pas die lading aan om weer op node barrel time te kom verskil die bullet speed?

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 10:36 pm
by tripodmvr
Kyk mooi na die syfers. Met kleiner dopvolume moet die koeël vinniger versnel om by dieselfde looptyd uit te kom. Die groter dop se stadiger versnelling en meer dryfmiddel gee dan 'n hoër trompspoed.

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Sun Mar 15, 2015 10:57 pm
by Finfan
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het hoeka al gesit en kopkrap met S365 op my en n maat se 243's.

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Mon Mar 16, 2015 8:40 am
by WerMos
Finfan wrote:Baie dankie vir die terugvoer. Ek het hoeka al gesit en kopkrap met S365 op my en n maat se 243's.
Tripod

ek het verder gesels op jou PM

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Mon Mar 16, 2015 8:52 am
by LUAN
Ek lees in n ander draad Corne moes sy lading met 1.5% sak in die .243 van lot 76 na 79. Sal ek ook so baie moet sak in n 300wsm?

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Wed Mar 18, 2015 6:38 pm
by Basie2
Hoe meer ek leer, hoe meer kom ek agter hoe dom is ek!!

Hierdie QL maak my kop lekker plat! Het van my stoel geval toe die BRF verskil van 6.5 na 3006 en ook tussen gewigte! Maar nou ja.......

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:29 pm
by Finfan
LUAN wrote:Ek lees in n ander draad Corne moes sy lading met 1.5% sak in die .243 van lot 76 na 79. Sal ek ook so baie moet sak in n 300wsm?
Luan ek is self nie seker nie, ek glo so. Ek glo beste sal wees om weer by dieselfde spoed uit te kom as die lot wat jy gewoond was en groepeer het.

Re: Database vir BRF vir verskillende batches

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:43 pm
by tripodmvr
1,5% kom maar neer op 0,6gr by 243 ladings. Niks snaaks nie. Om ladingontwikkeling te doen begin by lae ladings en gaan dan op - of jy gebruik QL wat jou beter lei.