Page 1 of 1

My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 7:23 pm
by Reghardt
Middag Manne

Ek het gedink ek wil dalk sommer hierdie met julle deel. Ek besluit toe gisteraand na dat die Stormers so op hulle nuus geval het om 'n paar rondtes te laai aangesien die wind gunstig sou wees vanoggend hier in Port Elizaneth om 'n paar skote te gaan skiet. Ek trek toe bietjie my CZ 550 Lam Var (.308) nader en begin als skoon maak en regkry vir die bsigheid. Ek laai toe sommer 'n paar rondtes 155gr Nosler CC en ook 155gr Hornady A-Max'se. Ek weet my geweer skiet heel goed met die 155gr Nosler CC, maar ek sukkel toe nog so bietjie met die A-max. Ek laai toe sommer soos volg:

Nosler 155gr CC: S335
5 x 41.5gr
5 x 42.5gr

Hornady 155gr A-Max: S335
5 x 41.5gr
5 x 42gr
5 x 42.5gr

Ek staan 6h op vanoggend oppad skietbaan toe ddar aangekom was daar aanvanklik min mense, maar met eens sak die manne toe. Ek het so gevoel almal begin weer hulle roere regkry vir die jagseisoen wat voorlĂȘ. Hier volg my resultate:

Ek wil net noem dat die groepe se meet gedoen is op die 4 skoot groep indien die FLYER uitgegooi sou kon word.

Nosler 155gr CC - 41.5gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3286_zpsqkgrv5mk.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3289_zpswnqlzhej.jpg
Soos julle kan sien neek ek dit toe op met die een FLYER (Dit was my heel eerste skoot).

Die 42.5ge Noslers wou nie groepeer nie.
Die A-max 41.5gr wou nie mooi groepeer nie (1.5 duim groep maar sny nie)

Hornady 155gr A-Max - 42gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3290_zpshk1bi5gu.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3291_zpsdmlmgun1.jpg

Hier weereens een skoot wat die groep opneuk. In hierdie geval was dit die laaste skoot.

Hornady 155gr A-Max - 42.5gr
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3287_zpsoj1rhebu.jpg
http://i1299.photobucket.com/albums/ag67/Kwagga23/IMG_3288_zpsdqg5szrk.jpg

Daar skiet ek weer 'n FLYER.

Ek weet die was maar net die driver agter die geweer wat nie sy BMT gebring het nie, maar ek is steeds baie tevrede met die groepe. Ek is nie iemand wat myself sal weg gee as die beste papier skut nie. Ek het hierdie groepe ook sonder 'n knaldemper geskiet. Ek wou sommer net my dag by die baan met julle deel.

Ek moet dan net ook by sĂȘ dat daar baie opinies is op die forum, maar my opinie.....308 is maar net 'n lekker roer O0 8) :police:

Groete/Lekker aand
Reghardt

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 8:26 pm
by Ben Remington
Ek sou met 'n geruste hart gaan slaap venaand.

Groetnis

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 8:35 pm
by Armand9
Vat 5 jag passop vir wat kom!

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 8:40 pm
by Reghardt
Haha!! Hierdie is dam oor n bench gewees Armand

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 9:25 pm
by theedge
Hy loop mooi maat

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 10:19 pm
by Polla1983
Reghardt! Dit lyk baie goed en kan jy gerus wees het daai roer van jou!

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 10:24 pm
by Hein M.
Baie mooi geskiet. Ja, jy kan lekker slaap vannaand ;)

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 10:28 pm
by LUAN
Reghardt ek het so bietjie later daar aangekom net so na 9 toe moes ek glad wag vir n bench om oop te gaan. Ek sal mar in vervolg baie vroeg opstaan was gister oggend voor 7 daar toe is ek eerste. Ek stem jy kan se wat jy wil oor n .308 maar op die einde skiet jy nogsteeds lekker met hom.

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Sun Mar 15, 2015 11:09 pm
by Finfan
Lyk baie goed!

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Mon Mar 16, 2015 4:22 pm
by toelie
Mooi man Reggie my 308 Cz Varmint loop ook netso stout

Een groooot plesier om hom uit die kluis te haal

Groete

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Mon Mar 16, 2015 4:49 pm
by Jakkie07
Sien ons op selfde tyd geskiet, baan was bedrywig gewees.
Baie mooi geskiet

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Mon Mar 16, 2015 5:04 pm
by Hein M.
Ek en my broer het ook die naweek met ons RSA en Vrystaat 308's lood gegooi en ja, dit was ook louter plesier om te sien hoe akkuraat die roere is. Die kaliber is met min moeite tevrede is vervelig akuraat. Ons het 143gr FMJ's; 120gr Nosler BT's; 150gr Nosler BT's en 168gr Nosler CC's geskiet met van S321 tot S335 - verskillende ladings en daar was nie een swak groeppering nie. My broer het ook ladingontwikkeling met 321 en die 120 greiners gedoen en vasgestel dat 45gr die beste groeppeer. Lekker jakkalspatroon, veral as die wind sterker stoot en die 243 se 70gr. wil wegwaai...

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Tue Mar 17, 2015 6:12 am
by toelie
Hein wat loop daai 120gr want ek skiet partykeer die 135gr match ook teen 3002vps

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Tue Mar 17, 2015 7:27 am
by Hein M.
toelie wrote:Hein wat loop daai 120gr want ek skiet partykeer die 135gr match ook teen 3002vps
3150vps omgewing

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Tue Mar 17, 2015 7:40 am
by toelie
Dankie

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:25 am
by Eugene
Baie mooi gegooi daar Reghardt!

Die manne wat 'n 308 onderskat, doen dit op hulle eie risiko! Ja, hy het minder KE as die 30-06, maar as die koele val waar die kruis rus, het jy nie daai ekstra energie nodig nie.... 8)

Re: My dag van 'DRIVER ERROR'

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:58 am
by LUAN
Eugene wrote:Baie mooi gegooi daar Reghardt!

Die manne wat 'n 308 onderskat, doen dit op hulle eie risiko! Ja, hy het minder KE as die 30-06, maar as die koele val waar die kruis rus, het jy nie daai ekstra energie nodig nie.... 8)
Dis ook maar baie min >:+