Page 1 of 1

Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 4:08 pm
by ROBBIE1
Ons het verlede week weer 42 Zebra gecull, en die ou "lover boy" was toe ongelukkig onder hulle.

Ek het dit nog nooit gesien nie, is dit iets wat algemeen voorkom, n sekere spesie, of is dit maar net sy geboorte merk wat die Skepper hom gegee het?

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 6:17 pm
by Frederik
Robbie ek het al 'n sebra met 'n spirral op sy voorkop naby Groblersdal gesien maar nog nie so iets soos joune nie. Dit is maar die Skepper se uniekke afdruk.

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 6:37 pm
by Rasmus
Seker n verdwaalde "Hartmans...." Dis nou nice Robbie.

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 7:58 pm
by win270
Dis baie besonders! Dit laat mens nederig as ons Skepper se werk ook op so 'n manier aan ons gewys word.

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 8:13 pm
by alecjohnson
WOW is Sy plan! Dis nou n cool deelstuk!

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 8:32 pm
by ROBBIE1
Praat julle. Ek was skoon hartseer toe ek dit sien, en nog so n mooi hungs ook!

Re: Iets besonders!

Posted: Sun Mar 22, 2015 8:59 pm
by Finfan
Die man was duidelik baie verlief :-* :laugh: Inderdaad iets baie besonders!

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 7:39 am
by Frikkiedbr
Dit is uniek, soos elkeen van ons.
Dankie vir die deel Robbie

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 9:33 am
by Plaashaas
Lyk nog na n lekker mik punt vir n skoot van voor.

Ek hoop jy gaan n pedestal mount doen

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 10:29 am
by ROBBIE1
Jis ek wens dit was my vel, maar die boer hou al die velle self, ons doen jet die culling en vat die vleis. Die taxidermy het hom presies in die middel deur gesny, flat skins, so elke kant het n halwe hartjie op.

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 1:13 pm
by Lourens Potgieter
Dis so verkeerd...amper so verkeerd soos om verby 'n sekere slaghuis te ry en die deure is toe......

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 9:18 pm
by theedge
Maat dit is regtig iets besonders, dankie vir die deel - ek moet ook se geluk jy se julle het gecul en steeds merk julle die besonderse stukkie op - dit wil gedoen word baie mooi

Re: Iets besonders!

Posted: Mon Mar 23, 2015 9:42 pm
by MichielC
Dankie vir die deel oom Robbie

Re: Iets besonders!

Posted: Tue Mar 24, 2015 1:53 pm
by ROBBIE1
Groot plisier manne.

Theedge ek doen culling anders as baie manne. Op met die tjopper, 3 bakkies op die grond vir recover. As ons genoeg geskiet het gaan sit die tjopper en ons recover, eks by en kyk dat als reg loop. Die slagters moet ook op datum bly, as dit te veel raak stop ek als tot die slagters by is, terwyl ons weer opgaan en skiet, vat hulle ook n blaaskans. So, ja eks seker te erg en wil te veel in beheer wees, maar dis ma hoe ek is en dit werk goed uit vir my. My kliente het nog nooit gekla oor vleis wat af is, pensmis op het en en en nie, want ek chek als self. Glo my as ons vannaand kla is, smaak daai eerste branna soos icecream hoor!!!!!