Page 1 of 1
Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 11:30 am
by LRLaubscher
More Manne,
Baie trots op die Eland Koei wat ek die naweek geskiet het.
Het eers gedink dis 'n bul, baie blou en lang horings. Die baas van die plaas sê toe dis 'n bul. Maar toe nou nie.
Nie 'n werklike lang afstand nie-Kopskoot 253m
IMG_5283.JPG
IMG_5285.JPG
Die 260 Rem het mooi gemaak en die Koei net daar in haar spore laat val. Die koel is deur kop en breek toe al die nek werwels en stop net onder vel agter nek.
Het die naweek ook kon vastel, die 130gr Norma Gold Medal Target werk baie goed vir jag.
Die diep "cavity/hollow Point" wil vir my voorkom help met die oop maak van die punt. Hy mushroom elke skoot en kan die punt onder vel aan anderkant van karkas gevind word.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 12:07 pm
by ruaanb
Netjies is nogal besonderse horings daai.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 12:31 pm
by hennief
Lekker man. Baie geluk
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 12:35 pm
by Boesman10
Baie mooi Eland daardie. Daai jagplaas lyk baie bekend - in watter omgewing was dit?
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 12:57 pm
by LRLaubscher
Boesman10 wrote:Baie mooi Eland daardie. Daai jagplaas lyk baie bekend - in watter omgewing was dit?
Beaufort West Boesman, net Buite Drie Susters.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 1:59 pm
by sako 30-06
Baie mooi koei,baie geluk.
Dis van die lekkerste steaks wat daar is.
Weet jy wat was die karkas gewig?
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 2:03 pm
by Kallie Fernhout
Lekker Nico
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 2:13 pm
by Jean Marais
Elandkoei se vleis is tops. Jy gaan nie spyt wees nie.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 2:32 pm
by Finfan
Baie baie netjies. Geluk met die mooi eland!
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 3:08 pm
by LRLaubscher
sako 30-06 wrote:Baie mooi koei,baie geluk.
Dis van die lekkerste steaks wat daar is.
Weet jy wat was die karkas gewig?
234kg aan haak met vel aan.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 4:03 pm
by Mellies
Mooi man!!
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 7:48 pm
by koos 2
Baie geluk
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 7:56 pm
by Gawie(13mm)
So dop 'n WP man mos 'n Blou Bul om!!
Netjies Nico.
Ek sien op daai een foto dat die "draad-tegnikus" erg kopkrop oor jy die koei so ver van die pad geskiet het.

Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 9:16 pm
by theedge
Baie geluk maat - ja dit is n mooi Eland baie netjie
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 10:14 pm
by Leon Crous
Jes Nico,
Eerstens baie geluk met 'n mooi skoot en mooi eland.
Ek sou wel sê dat, met daai lang, dun horings julle maar swak gekyk het toe julle besluit het dat dit 'n bul was.
Maar dan moet ek ook sê dat as jy my daai jagplaas se nr gee, ek elke "bul" wat hulle uitwys sal skiet!
As ek vir vleis jag, wen so 'n mooi eland koei elke dag vs ou 'n bul.
Cheers.
Re: Eland Jag
Posted: Mon Mar 23, 2015 10:32 pm
by Dries101
Dis darem mooi wereld daai. Ek Maak n punt daarvan om elke jaar daar oor te slaap oppad Struisbaai toe en terug. Baie geluk!
Re: Eland Jag
Posted: Tue Mar 24, 2015 6:16 am
by LRLaubscher
Gawie(13mm) wrote:So dop 'n WP man mos 'n Blou Bul om!!
Netjies Nico.
Ek sien op daai een foto dat die "draad-tegnikus" erg kopkrop oor jy die koei so ver van die pad geskiet het.

Haha gawie,
Ja ons moes trekker loop haal om die een uit veld te ry.
Re: Eland Jag
Posted: Tue Mar 24, 2015 6:48 am
by win270
Baie geluk. Is daai pens van die eland (sien eerste foto) opgeblaas of nie?
Re: Eland Jag
Posted: Tue Mar 24, 2015 9:24 am
by LRLaubscher
win270 wrote:Baie geluk. Is daai pens van die eland (sien eerste foto) opgeblaas of nie?
Win270,
Ja effe. Het gewag vir trekker om te kom en wou nie pens in veld uit haal nie.
Re: Eland Jag
Posted: Tue Mar 24, 2015 9:53 am
by Chevvy SS
Mooi man!