Page 1 of 2
FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 1:06 pm
by SakoTrippel2
Manne, ek weet nie of die onderwerp al bespreek is nie maar hier gaan hy.
My foxpro se remote en die roeper self skakel aan en als maar as ek n geluid wil speel dan wil hy eweskielik niks weet nie. Klank is gesend en ge unmute. Als probeer van volume 1 tot 5 maak hy niks. Kan die remote foutief wees? Ek is raadop met die ding. Waar kan mens na jou foxpro laat kyk of enige iets van die aard laat uitsort?
O en dis die Spitfire model.
Ek hoor graag.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 1:13 pm
by musgrave270
Gebeur dit steeds al hou jy die remote by die roeper? Het die roeper nuwe batterye in? Myne doen dieselfde maar dan sukkel hy met opvangs en dis gewoonlik as ek in die veld is. Het dit hopelik nou uitgesort.
Groete
Ruan
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 1:32 pm
by Cobus(Cobb)
Myne selle gedoen, hy lê nounog in Amerika vir repairs, ek het hom Desember al by S&O ingegee....
Dis die Wildfire
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 2:45 pm
by SakoTrippel2
Musgrave...ja ek het al batterye vervang en in die huis en in die tuin probeer toets.....en die opvangs storie het met my ook al gebeur maar dis uit gesort met n tri-pod. Ekt nie n idee wat dit enigsins andres kan wees nie.
Jinne! Ek weet nie of ek dit sal kan hou om so lank te wag nie!
Is daar niemand in SA wat aan die patente kan werk nie?
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 2:50 pm
by cassie_calvinia
aas jy haastig is, koop nuwe een. maklik soos dit.
sttuur uouoe weg, en, as hy terugkom, het jy 'n spaar
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 2:56 pm
by SakoTrippel2
Klink na n plan...my kop staan ook daai kant toe!
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 2:57 pm
by cassie_calvinia
jackal pro, nou R3200 vir wildfire
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 3:09 pm
by SakoTrippel2
Baie dankie cassie! Waardeer baie.
Groete.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 10:23 pm
by 222 Sako
Jy kan dalk by Bloem se Skietwinkel hoor. Hulle weet van n man wat aan die goed werk.
Groete
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Mar 24, 2015 11:00 pm
by SakoTrippel2
Baie dankie ek gaan juis more soontoe!
PS:ek sien ons is naam genote
Lekker aand.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Wed Mar 25, 2015 7:40 am
by 222 Sako

. Sien so.
Hoop jy kom reg. Maak maar ook net seker hoe lank hy sal vat.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Wed Mar 25, 2015 8:50 am
by tripodmvr
Volgens al julle posts is daar niks verkeerd nie

Re: FOXPRO Probleme
Posted: Wed Mar 25, 2015 4:20 pm
by jamalley
Myne het dit by geleentheid gedoen, toe kom ek agter my "memory kaart" is daarmee heen. Nuwe memory kaart weer geprogrammeer en werk soos 'n bom.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Wed Mar 25, 2015 7:53 pm
by SakoTrippel2
Nog nie na dit gekyk nie , sal bietjie kyk wats sy storie!
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 2:29 pm
by SakoTrippel2
Die kaart was toe "gebogger" (Dankie Jamalley) nuwe gekoop. Klanke op gelaai met FOXPRO Programing Utility maar nou as ek die goete wil sync (remote en roeper koppel met aux cabel) se die remote heeltyd net "turn on caller". Dis baie vreemd want ek het die stappe presies gevolg soos in die boekie. Ek het dit ook al baie voorheen gedoen. Ek voel nou rerig dom maar kan iemand my dalk weer biki help asb.
FRANS
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 2:30 pm
by cassie_calvinia
het jy die caller aangesit?
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 2:31 pm
by SakoTrippel2
Jip. Net soos die boekie se. Ek kan dit nie verstaan nie.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 2:34 pm
by musgrave270
Maak seker die AUX kabel is mooi ingeprop by die roeper.
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 5:51 pm
by SakoTrippel2
Manne die probleem is opgelos! Ekt nou n volle uur op die internet op Amerikaanse forums spandeer waar baie mense probleme met die SPITFIRE het. Die volgende is gevind.
1. Memory card moet 2GB of kleiner wees.
2.Nuwe Card moet geformat word in "FAT32" formaat.
3.Die card moet geRENAME word na "SP1"
4. Die AUX draad moet 2 swart ringetjies he om die gedeelte wat in gedruk word dit beteken dis n audio kabel en nie n Mono kabel nie.
5. AS die klanke net gecopy en paste word moet hulle van 000 tot 023 genommer word
Al die boostaande is met betrekking tot n SPITFIRE.
Darm het ek baie geleer uit die gesukkel.
Dankie ook vir almal se bydrae!
Frans
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 9:46 pm
by musgrave270
Watter van die bogenoemde was jou probleem gewees?
Groete
Ruan
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Thu Mar 26, 2015 9:55 pm
by SakoTrippel2
Die drie eers genoemde punte. Maar ek het punt nommer een heel laaste uit gevind. Nuwe card gekoop. Wou nie werk nie. Toe geformat en rename.Die progaming utility lees toe die card en klanke word op gelaai. Maar remote en caller kommunikasie Wou steeds nie werk nie omdat dit n 4GB was (voda shop het niks kleiner gehad nie) uiteindelik n 2GB in die hande gekry. Proses herhaal en toe werk als weer mooi!
Was n irriteerende klomp klein goedjies maar nou gooi hy weer!
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Wed Apr 01, 2015 7:28 am
by Jakes
IMG_0097.JPG
IMG_0096.JPG
Ek het my Wildfire geturbo met n radio antena, ek het dit getoets met 12cm antena en werk mooi op 200m, die antena kan tot by 45cm gaan nog nie so getoets nie
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Fri Apr 03, 2015 10:45 am
by hebron
Jakes; ek hou van n man wat kan planne maak. Het self my Fury n 2-rigtingradio (handradio 6") se antenna opgesit nadat Fury sn gebreek het en nou al getoets tot op 800m en werk daar nog 100% nie dat dit seker nodig is nie. Tenminste weet ek die sein gaan nie n probleem wees tot op 200m nie
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Sep 01, 2015 8:58 am
by baboonstalker
Môre manne,
Verskoon asseblief as ek sommer met my roeper kwale hier inval, maar as dit in dieselfde draad is raak hierdie dalk die "go-to" plek om al jou foxpro se kwale te diagnoseer...
Ek het die naweek my foxpro vir 'n uitstappie gevat. Vroegaand werk alles mooi, maar later speel ek 'n tune en toe ek wil mute wil foxpro NIKS weet nie. Hy reageer eenvoudig nie. Loop toe roeper toe en al sit ek langs hom, reageer hy nie. (ek kon wel 'n gesuis op die speaker hoor elke keer as ek die knoppie op die remote druk, so ek glo opvangs was wel OK.) Nuwe batterye in roeper en remote, maar probleem is steeds daar.
Vandag werk hy weer soos hy moet en daar is geen fout nie.
Een keer tevore het ek dieselfde probleem gehad, en die een ding wat beide kere gemeen was is dat die lug baie klam was met so 'n mistigheid of mis-reëntjie.
Kan dit 'n vog ding wees? julle al so iets oorgekom/ opgelet?
Hoe nou gemaak? mens kan mos nie sò werk nie!
(nee, Cassie-ek gaan nie nou nog 'n roeper as spaar koop nie..

)
Re: FOXPRO Probleme
Posted: Tue Sep 01, 2015 1:08 pm
by cassie_calvinia
hulle keypads pak glo op.