Page 1 of 2

Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:35 pm
by Frikkiedbr
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1798809_810253112395027_3700488712358913680_n_zpsiikwjif2.jpg

https://www.facebook.com/54761760865858 ... =1&theater

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:40 pm
by PWV
Dis verseker 'n gemsbokkoei.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:41 pm
by Gawie(13mm)
Hy vang 'n "veldtie". ;D

Wys jou net wat gebeur in die natuur as die mense nie kyk nie.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:44 pm
by Ashley
??? Raak seker soms net moeg vir staan... ???

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:45 pm
by Ashley
...of hy "chill" net

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 2:53 pm
by henried
Dis cross fit, hy doen squats, dis mos amer jag seisoen... ;)

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:01 pm
by Carl
Gemsbok1: "Manne ek belowe julle! Dit was Oom PWV se beurt om te skiet agter op die Uri. En kyk hy kan mos fynskiet met daai Tombi van hom. Ek sien daai ander pêl met die Canon en lang lens skuif langs hom in op die skiet bankie. Ek sê toe vir myself, myself vandag word jy vrek geskiet as jy nie skelm is nie. Nou ja ek kyk toe mooi met my linker oog, die sterk een sonder die afgebreekte 3-doring in. En toe ek sien daai Canon se flash gaan af ("lig beweeg mos vinniger as klank"), gaan sit ek so op my gat! Bwa tjoing tjoep trek daai 7mm "punt" oor my en tref oorle Fanie, in die bullseye!"

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:09 pm
by joe rocket
Dis n moffie bul wat sit en pieppie.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:26 pm
by pietbak
Die Koei het haar naels gedoen en wil nie hê dit moet vol modder word as sy pipi nie.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:27 pm
by Riaan Kriel
joe rocket wrote:Dis n moffie bul wat sit en pieppie.
Is nie, hy het 'n skuldige gewete en is k@kbang vir die ooms en tannies voor hom :laugh: ++>:

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:45 pm
by Piet Pille
Sien dis op Good Hope geneem - hy het daai maniertjies seker by Norton (Raven) geleer..? :laugh: :laugh:
Raven- kom raporteer bietjie ! >:D

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:50 pm
by FCLoretz
daai lyk na 'n bosk@k of is dit 'n woestyn

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 3:55 pm
by win270
Die een regs voor het gevra hy wil gou mooi kyk na die vratjie onder sy pens...

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:01 pm
by Raven
PWV wrote:Dis verseker 'n gemsbokkoei.

Nee dis n bul

Ekt hom n paar keer op die kamera gevang "sqauds" doen nou.

Groete
Raven

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:03 pm
by Jakkie07
Daai maat oefen vir hoogspring of dalk verspring.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:44 pm
by THOMAST
Het julle al gesien dat soms is daar sulke klonte tussen die kittels.
Ek dink die ou is besig met 'n grote.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:49 pm
by PWV
THOMAST wrote:Het julle al gesien dat soms is daar sulke klonte tussen die kittels.
Ek dink die ou is besig met 'n grote.
...of dalk te veel turksvye geëet!

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:50 pm
by Riaan Kriel
PWV wrote:
THOMAST wrote:Het julle al gesien dat soms is daar sulke klonte tussen die kittels.
Ek dink die ou is besig met 'n grote.
...of dalk te veel turksvye geëet!
...... met die stomp kant van die truskvy eerste in die keel af :laugh: ++>:

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 6:08 pm
by Frikkie Coetzee
Is bul wat geskrik het toe foto geneem word

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:10 pm
by Herrie260
Hi manne

Dit gaan dalk baie snaaks klink maar dis maar my opinie.
Ek weet nie of dit by bokke ook gebeur nie, maar ek weet by beeste doen die bulle dit soms as hulle lanklaas tussen die koeie was, veral jong bulle wat in n voerkraal staan. Die bul ejakuleer om van oortolige saad ontslae te raak en dan trek hulle hul agterlywe so onder hom self in. As ek na die foto kyk kan dit heel moontlik dieselfde aksie wees.

Dis nie vrees nie, dis pure plesier.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:21 pm
by PWV
Ek verskil, Herrie. Kyk mooi na die foto. Dit is die kopskoot wat sy suspensie laat ingee.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:23 pm
by Herrie260
Hehehehehehehehe

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:51 pm
by theedge
Dink meer sy het gehol vir die water en so bietjie met die handrem optrek gesukkel, briek het nie so lekke gewerk nie.

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Fri Apr 10, 2015 9:41 am
by Frederik
Carl uitstekend!!

Re: Wat maak daai Gemsbok??

Posted: Fri Apr 10, 2015 11:24 am
by 375fanatic
hy wys wat hy dink om aan big brother deel te neem

hardlywigheid is n ander storie