Page 1 of 1
My eerste bok!
Posted: Sat Apr 30, 2011 10:30 pm
by Johan04
Ek het vandag my eerste bok gekiet. My Pa het gehelp en ek het met sy 25-06 geskiet.
My gesig was later met 'n bietjie bloed gesmeer en ek moes toe ook rou lewer eet.
[img width=560 height=420]
http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020075.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020081.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020094.jpg[/img]
Re: My eerste bok!
Posted: Sat Apr 30, 2011 10:35 pm
by Robert
Mooi man. S? jou pa moet die vel laat brei en die horings laat mount. Robert
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 4:23 am
by Geno
Geluk grootman!
Geniet daai biltong!
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 6:59 am
by Beyers
Mooi so geluk met jou bok
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 8:27 am
by spekieries
Geluk Groot Man, ek hoop jy en jou pa kan nog baie bokke saam jag.
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 9:02 am
by Frederik
Goeie werk baie geluk jy kan maar trots wees.

Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 9:16 am
by henslin
Geluk Johan ! Goed gedoen ! Mooi ook om te sien dat jou Pa jou mooi leer van veiligheid - die oop slot en die tradisies wat vir party van ons nog saak maak.

Geniet dit en ons wag vir jou volgende foto
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 9:27 am
by Theo E
mooi johan
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 11:59 am
by James Wilson
geluk, jy is nou n jagter, n groot lekkerte en n groot verantwoordelikheid. hou so aan
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 1:01 pm
by Francois Marais
Johan
Mooi man, laaitie mooi geleer....
Mooi loop
Francois
Re: My eerste bok!
Posted: Sun May 01, 2011 5:37 pm
by Jaco Bezuidenhout
Johan
Baie geluk !
Jaco
Re: My eerste bok!
Posted: Thu May 05, 2011 4:28 pm
by Monrique (SJ)
Johan
Baie geluk man, jy kan trots wees.
Die veld is wragtig mooi!!!
Groetnis
Re: My eerste bok!
Posted: Thu May 05, 2011 4:45 pm
by Louis Botha
Johan
Baie geluk, ek kan jou belowe dat dit n ervaring is wat jy NOOIT sal vergeet nie, vra maar vir van die "ou" ooms.
Louis Botha
Re: My eerste bok!
Posted: Thu May 05, 2011 10:26 pm
by KalahariKlong
Geluk bulletjie. Jy kan baie trots wees, mooi bok.
Re: My eerste bok!
Posted: Mon May 09, 2011 7:52 pm
by PITSMIT
johan04
pragtig gedoen jongman. daar is net een eerste keer en julle kon dit deel. dit is prysloos. ek het ook daardie voorreg met my seun gedeel vier jaar terug en ek onthou dit soos gister. daai trots op hulle gesiggies as daai skoot klap en hy le. geen geld koop dit nie.
mooi gegooi jongman en pa se bors pas amper nie in op die foto nie
lekker saam jag in die toekoms.