Page 1 of 2
Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 9:52 am
by Ben Remington
Goeie môre aan almal....
Nadat Myburgh my seun sy twee mooi Kalahari springbokramme geskiet het sowat 2 maande gelede het hy een oggend in die veld vir my gesê hy wil vreeslik graag 'n mooi dikkop Kalahari-beer skiet. Ek het hom belowe dat ek met 'n pel of twee sal praat en toe breek die regte tyd en oomblik aan. Hy was gelukkig om 3 baie mooi bere te skiet en ek twee. Hy het geskiet met die .222 en die punt was Nosler Ballistic Tip , ek het geskiet met die .308 en 165gr Sierra Game King.
Myburgh se skote was perfek op die blad so tussen 60m en 85m...sy varke het om en by nog so 70m gehardloop na die skote.
Sy drie bere se karkas gewig was almal tussen 58kg en 63kg. Hier is ons fotos.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150501_144348_resized_1_zpsyq9gyurg.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150501_161036_resized_1_zpswj8ldrpm.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150501_115709_resized_1_zpseqch3p5d.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150421_160909_resized_zps0qctprf7.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20150501_151221_resized_zps7debqy3q.jpg
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 9:55 am
by Supacow
Die mannetjie laat loop mooi!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 9:59 am
by Smitstertjies
Baie mooi , baie geluk!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:02 am
by Bakkies303
Baie mooi varke. Geluk.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:09 am
by JPS
Mooi skote
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:13 am
by Finfan
Baie geluk aan hom, baie netjies!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:24 am
by ruaanb
Wow welgedaan aan die jong man!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:28 am
by VdWalt
Baie geluk, hy skiet daai manne waar dit saak maak!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 1:28 pm
by Capt. Yoda
Bitter mooi varke daai! Kalahari het lekker varke die laaste tyd
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 2:32 pm
by Frederik
Goed gedoen daar het nie geweet die Kalahari het sulke varke moet seker die beskikbaarheid van water wees wat nooit daar was nie.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 6:41 pm
by Ben Remington
Frederik....
Ek dink die toename in varke het meer te doen met die toename in wildsplase in die omgewing...ek weet van een ou wat op een slag 350 varke op sy plaas gelos het...en dan nog ñ moontlike rede is omdat hulle geen groot natuurlike vyande hier het nie. Water was nog altyd beskikbaar op die beesplase hier in die omgewing....en hulle teel soos konyne.
Groetnis
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 8:10 pm
by ROBBIE1
Well done, geluk aan die klein man en jou ook Bennie. Mooi geskiet.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sun May 03, 2015 10:31 pm
by theedge
Baie mooi varke. BAie Geluk.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 8:33 am
by Capt. Yoda
Frederik wrote:Goed gedoen daar het nie geweet die Kalahari het sulke varke moet seker die beskikbaarheid van water wees wat nooit daar was nie.
Varke en koedoes. Jy sal nie glo hoe baie koedoes daar is nie
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 9:12 am
by Frederik
Julle maak my lus.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 9:50 am
by Rooster1089
Pragtig geskiet, ek is lekker jaloers!
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 2:43 pm
by Boesman10
Baie mooi en geluk. Wat maak julle met al die vark vleis?
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 4:05 pm
by toelie
Geluk vir jou en die jong man
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Mon May 04, 2015 5:33 pm
by Carl
Geluk Bennie julle 2 het mooi geskiet.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Tue May 05, 2015 6:54 pm
by koos 2
Baie geluk aan julle albei !
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Wed May 06, 2015 7:33 am
by Ben Remington
Goeie dag....
Baie dankie aan almal....ek het julle gelukwensings so oorgedra aan Myburgh...volgende op sy lys is nou ñ duiker, rooibok of blesbok.
Groetnis
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Thu May 07, 2015 1:02 pm
by Vlakvark Soldaat
Baie baie wel gedaan! Kyk, ek is darem maar stout vir n vlakvark...julle kan dit seker aflei van my forum naam.
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Fri May 08, 2015 11:32 am
by HJA
Hallo Bennie,
Mooi varke wat julle geskiet het daar. Ek het nie geweet jy gooi so lekker lood nie.
Lank laas gesien by die kleuterskool.
Ek sal met jou moet gesels.
Lekker dag
Groete
Henk
Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Fri May 08, 2015 5:06 pm
by NicoO
Baie mooi gedoen julle

Re: Dikkop- Korannaberg -Bere van die Kalahari....
Posted: Sat May 09, 2015 7:01 am
by Mellies
Mooi man!!