Page 1 of 1

Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 10:26 am
by Brno308 jagter
More Mede Jagters

Ek deel graag met julle my Rooiribbok Ram wat ek laas naweek gejag het in die Oos-Kaap.

Ekt hom met my 243 Win geskiet op 256m met 'n 100gr PmP patroon.

Die jag was my eerste jag in die Oos-Kaap se berge en ek moet sĂȘ dis ongelooflike harde werk maar tog seker van die lekkerste jag wat mens kry - Ek sal twee keer dink voor dat ek weer 'n Bosveld jag reel, die tipe van jag is baie meer uitdagend maar tog so belowend.

Ek het boonop so gelukkie gekry, die Rooiribbok Ram se horings meet 7 1/8 en Rowland Ward vir die bok is 6" - Ek is baie bevoorreg om die Ribbok te kon jag.

Groete,

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 11:03 am
by Frederik
Bruno, baie mooi bok en seker van die beste vleis sover ek onthou is RW 6 5/8"

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 11:30 am
by Brno308 jagter
Frederik wrote:Bruno, baie mooi bok en seker van die beste vleis sover ek onthou is RW 6 5/8"
Dankie Frederik ek waardeer! Ek was ook onder die indruk dat die minimum 6 5/8 was vir Rooiribbok, maar ek was ingelig deur Andre van Rooyen Taxidermy dat Rowland Ward die minimum verander het na slegs 6"

Hier is die link waar mens bevestiging kan kry rakende die nuwe minimum.

http://www.rowlandward.co.za/content/de ... &SubPage=2

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 11:37 am
by win270
Pragtige dier en omgewing!! Baie geluk. Bosveld-jag is gewoonlik veel makliker (as jy natuurlik eers die opspoorwerk gedoen het) as in daardie Oos-Kaapse rante. Elke deel van die land het natuurlik sy eie uitdagings en bekoring as dit by jag kom.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 12:01 pm
by Frederik
Bruno dankie vir die nuwe nuus oor die minimum dit beteken my ou ribbok trofee kwalifseer nou. Hy is tans by Safari Outdoor PTA lekker stomp dik horings.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 3:29 pm
by Brno308 jagter
Frederik wrote:Bruno dankie vir die nuwe nuus oor die minimum dit beteken my ou ribbok trofee kwalifseer nou. Hy is tans by Safari Outdoor PTA lekker stomp dik horings.
Baie geluk met daai brokkie goeie nuus, ek sal hom bietjie gaan uitcheck by Safari in Pta, ek kom nogals gereeld daar!

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 4:09 pm
by GreyGhostGear
Baie mooi! Watter deel van Oos-Kaap was julle?

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 4:14 pm
by Brno308 jagter
GreyGhostGear wrote:Baie mooi! Watter deel van Oos-Kaap was julle?
Dankie, dit was naby Steynsburg gewees, ook nie te ver van Burgersdorp af nie, baie koppies in daai wereld, die tuiste van net so baie ribbokke

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Wed May 13, 2015 4:49 pm
by Pappabeer
Minimum was altyd 6&7/8.

Die meet metode het egter verander dat die onderste sagte pad nie meer gemeet word nie. In die laaste druk van RW was minimum nogsteeds 6&7/8 wat Januarie gepubliseer is

Ek wonder of daai nie n fout op hulle webtuiste is nie.

Geluk met n mooi bok. Ek het self al ribbok baie lekker by Burgersdorp gejag

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Thu May 14, 2015 1:41 am
by koos 2
Baie geluk aan die jagter, pragtige bok.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Thu May 14, 2015 8:10 pm
by Mellies
Mooi man! Ek het in daai wereld groot geword.

Daai bokkies het my al laat bloed sweet...

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Thu May 14, 2015 10:59 pm
by theedge
Baie mooi maat - hoop hy word gestop

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Fri May 15, 2015 7:55 am
by Brno308 jagter
Mellies270 wrote:Mooi man! Ek het in daai wereld groot geword.

Daai bokkies het my al laat bloed sweet...
Dankie Kerels, ja ekt altyd gedink ek is redelik fiks maar die jag het my laat besef om berg te klim is nie jou maat nie! Maar dis ongelooflik lekker as mens sukses behaal na so harde dag in die veld.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Sun May 17, 2015 6:37 pm
by NicoO
Baie geluk dis n baie mooi ribbok! ;D

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Tue Jun 09, 2015 6:58 am
by win270
Ek gaan teen einde Junie ook Steynsburg se koers om springbokke, blesbokke, koedoes en ribbokke te jag. Hoop die weer speel saam, aangesien die wind in daardie streek kwaai kan pla in die wintermaande. So 'n ribbok of wat in die rante en 'n koedoe sal 'n bonus wees.

Wie van julle weet hoe die veld se gehalte op die oomblik daar is en is die wild in goeie kondisie?

Hoor graag van die manne wat onlangs in daardie streek gaan jag het.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:16 am
by Brno308 jagter
More Kerels

Na die wagtydperk van 30 dae het ek toe my rooiribbok ram geregistreer by Rowland Ward. Let asb op dat die nuwe meetmetode die pulp onder aan die base van die horing nie in ag neem nie, dus ook hoekom Rowland Ward se minimum verminder het na slegs 6 duim (Sonder die Pulp)

Sien aangeheg my Rowland Ward Sertifikaat met nuwe meetings na die 30 dae droogtydperk.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:49 am
by PWV
Brno308
Wonder nou net of jy jou 308 by die huis vergeet het?
Mooi bok!

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jul 27, 2015 8:53 am
by Brno308 jagter
PWV wrote:Brno308
Wonder nou net of jy jou 308 by die huis vergeet het?
Mooi bok!
HeHeHe... PWV ek het hierdie keer die 308 se klein boetjie bietjie gevat om te gaan jag sy naam is mos 243.

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jul 27, 2015 4:49 pm
by theedge
Mooi maat en geluk

Re: Rooiribbok Ram

Posted: Mon Jul 27, 2015 5:13 pm
by Marc
Baie geluk, bitter mooi bok