Page 1 of 2

My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:21 pm
by MichielC
So gebeur dit dat ek vroeg oggend,1ste tussen 5 jagters van die bakkie, afklim op dag 1 van ons jag. Die son sit nog agter die horizon.

Ek en die gids vir Richard, beweeg deur die veld, met my 416 Rigby gelaai met 400gr. Barnes TSX,oor my skouer (sonder n geweer belt) soos n wafferse groot wild jagter, hoofsaaklik opsoek na n BWB wat ek vir n kollega moet skiet.

Skaars 10min spandeer, toe ek en Richard gelyk eweskielik dood stil gaan staan,2 rooibok ramme op n afstand het ons pas gewaar, met die voorste een, se horings wat uitstaan teen die son strale wat n nuwe dag aankondig. Sonder dat een van ons n woord se,of vir mekaar iets probeer wys, gaan die skietstokke oop, geweer word van my skouer af geswaai, en die 416 Rigby verbreuk die oggend stilte met n skoot wat klap. Dit was asof ek en Richard al jare lank saam jag.

Onmiddelik word nog in rondte word met fors in die kamer ingedruk en Richard se aan my dat hy die bok nounet gehoor geval het.

Soos ons nader stap, is daar n afwagting, want kyk die rooibok ram se horings het darem mooi geblink en uitgestaan tussen die 2 ramme wat n skoot gebied het.

Ons kry die bok dadelik, en my opgewondeheid is groot, ek wil al vir jare n groot rooibok ram jag.
IMG_6366.JPG
IMG_6367.JPG
Terwyl ons wag, se ek dankie na Bo, oor en oor en oor, wat n Seening en Voorreg was dit nie om die bok te jag nie.

416 Rigby, 400 gr Barnes TSX
110m skoot.
24.7" gemeet al2 horings deur die taxidermist.
Swartwater Limpopo
Karkas :41kg

Richard, is toe die man wat kuip, en ek en die boer gaan stap n draai, weer , nie 10 minute nie en die BWB vir my kollega val voor die 416 Rigby, voor half 8 daardie oggend is ek klaar gejag, om die ander manne n groep van 8 ook kans te gee.

Die volgende bok in die groep, het eers later daardie selfde middag geval.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:27 pm
by sako 30-06
Besonderse Rooibok trofee,baie geluk.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:28 pm
by DWB
Welgedaan! Baie Geluk!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:48 pm
by Nickvn
Baie mooi bok daai. Geluk

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:48 pm
by Joe13
Dit is n besonderse rooibok ram, baie geluk, seker hy het daardie 400gr gevoel...

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 12:53 pm
by JacquesT (Stompe)
Lekker man baie geluk, en dankie vir storie.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:01 pm
by Mellies
Mooi man!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:02 pm
by Wouter Roets
Baie Geluk Mechiel

Voorwaar n prag ram wat gesneuwel het voor die 416!

Groetnis
Wouter

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:08 pm
by ruaanb
Baie geluk is 'n mooi bok daai.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:13 pm
by Beyers
WELGEDAAN

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:21 pm
by Boesman10
Dit is nou 'n ware mooi trofee daardie. Geluk

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:24 pm
by GreyGhostGear
Well done Michiel, bitter mooi Rooibok!
Was dit daar by Tusk?

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:32 pm
by Geno
Bitter mooi! Geluk!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:34 pm
by Kallie404
Baie mooi, geluk !

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:43 pm
by Hingsding
Mooi man.

Dis darm maar net lekker as als so seepglad loop.

Baie geluk.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 1:56 pm
by 30-0Kwes
Goeie werk! Baie geluk!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 2:52 pm
by koos 2
Baie baie mooi bok en baie baie geluk !!!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 3:18 pm
by BRNO (Pierre)
Lekker Michiel! Baie geluk met n prag bok.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 3:23 pm
by MichielC
Baie dankie manne, ek waardeer die gelukwense !

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 3:23 pm
by MichielC
GreyGhostGear wrote:Well done Michiel, bitter mooi Rooibok!
Was dit daar by Tusk?
Dankie Petrie ,

Die einste Tusk Safaris

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 3:39 pm
by tau
Baie mooi. Impala is darem net vrek mooi. Ons Kaapenaars kry maar min kans om hulle te jag.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 4:30 pm
by win270
Pragtige ram en waarlik 'n ROOIbok, nie eers bietjie swarterig in die gesig nie. Baie geluk!!

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 4:56 pm
by Frederik
Use enough Gun ! En daar val toe 'n groot trofee baie geluk.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 5:35 pm
by Giepie
Baie geluk. Mooi lang horings daardie.

Re: My 1ste RW Rooibok

Posted: Thu May 21, 2015 5:45 pm
by Blouwdraad2
Baie geluk met dai trofee,jy kan maar trots wees,nie baie jagters skiet daardie tiep van rooibok in hul leeftyd!