Page 1 of 2
eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:17 am
by Frikkiedbr
530kg eland monster
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/11140254_924437807577513_3373550161001751651_n_zpsgwjazwo6.jpg
https://www.facebook.com/game.animals/p ... 13/?type=1
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:24 am
by OMarais
Goeie griet daai is vleis vir twee jaar!
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:25 am
by ruaanb
eish.....
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:27 am
by Chris (vdB)
Liewe genade, wil daai rug biltonge graag sien!!
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:34 am
by Chris (vdB)
Frikkie met watse kaliber is daardie Eland gekiet?
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:36 am
by Frikkiedbr
Ratel, daai prentjie kom uit die ou dae soos hulle sê op vleisboek. Hulle gee nie baie inligting nie.
Dit maak dit so sad

Jammer kan jou nie antwoord nie.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 7:40 am
by theedge
Kyk ja sal nie omgee om hom te kon skiet nie - maar ai ek sou hom nie graag allen wou laai nie . Dink dit was bietjie werk daai - baie mooi
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 8:59 am
by JohanvB
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:32 am
by Baasvark
Photoshop?
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:34 am
by Frikkiedbr
Baas ek sal nou nie sê photoshop nie, daai page is nie photoshop page nie.
Sal nou ook nie my kop op die blok sit nie.

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:35 am
by NicoSmit
Almal reken dis 'n photoshop job maar die man wat dit op gesit het het sy toys uit die cot gegooi reken dis die ware Jakob
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:37 am
by Frikkiedbr
Ek moet saam stem Nico, daai page en jy moet van daai diere sien, my jenne. Ek sal nog gooi wat hulle daarop het. WOW
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:39 am
by Frikkiedbr
Baas dink jy die is ook dalk gephotoshop?
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/11165248_923334814354479_1747247149365791591_n_zpsc4xy6jdz.jpg
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:41 am
by Geno
Hoekom moet iemand altyd "Photoshop" skree?
Kom genoeg in die veld, dan sien jy ook sulke grotes.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 9:42 am
by Frikkiedbr
Dankie Geno

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 10:18 am
by NicoSmit
Die ou hou darem daardie moerse luiperd met maar min inspanning op
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 10:20 am
by NicoSmit
Frikkiedbr wrote:Ek moet saam stem Nico, daai page en jy moet van daai diere sien, my jenne. Ek sal nog gooi wat hulle daarop het. WOW
Die foto wat hy toe later opsit en sê dis die selfde eland se horings lyk toe nie eers dieselfde nie iemand is besig om vir iemand poep te voer daar het lekker gelag vir daai aanmerkings
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 10:21 am
by Frikkiedbr
NicoSmit wrote:Die ou hou darem daardie moerse luiperd met maar min inspanning op
Dink nie so nie, daai rooi gesiggie sê alles

Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 10:48 am
by Hingsding
Geno wrote:Hoekom moet iemand altyd "Photoshop" skree?
Kom genoeg in die veld, dan sien jy ook sulke grotes.
Haai Geno.
Met sulke luiperds weet ek nie meer of ek so gereeld in die veld wil kom nie...
Mens magdalk net deelraak van sy spyskaart.
Groete.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 12:39 pm
by joe rocket
Baasvark wrote:Photoshop?
My vrou neem foto's in haar vrye tyd. Sy het ook ' n fotoshop kursus geloop. Om daardie eland en luiperd te fotoshop gaan jou baie moeite en tyd kos. Dit neem haar 'n uur om net n paar plooie van die tannies se gesig te verwyder.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 3:46 pm
by Baasvark
Manne moet my nie kruisig nie - ek vra maar net.
Daai eland is moer swaar en ek wonder net hoe vandag se bakkies dit reg kry dat die klap nie eers buig nie.....
As gevolg van mense wat al die fotoshop ding gedoen het is dit maar altyd 'n moontlikheid!
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 3:49 pm
by Baasvark
Dan vra ek myself hoe kry 'n paar manne dit reg om daai monster sonder (sigbare blok en tackle) dit reg om dit so op die bakkie te laai.
Geno ek kom baie in die veld en moet se ek sien nie as 'n reel sulke diere nie....
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 3:49 pm
by joe rocket
Nee moenie worry nie ons laaik jou nog.
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 3:51 pm
by Baasvark
Re: eland monster
Posted: Tue May 26, 2015 4:16 pm
by DJC
Is daai bakkie met die eland nie dalk maar net Jakkalspietersielie se NP200 bakkie wat gemodify is nie
