Page 1 of 1

Oos-Kaap Takbok

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:55 pm
by Mellies
Dagse menere.

Sommer net nog n mooi bok wat ek in die Oos-Kaap geskiet het in 2014.

Het hom op so 250m (gerange) geskiet. Hy was besig om n paar van sy ooitjies te vermaak. Ek het rustig gaan le en gewag dat hy dwarsdraai. Het hom bietjie skuis van vooraf geskiet. Roer was n 270 met 130gr BTs.

Die takbokke en varke se jagseisoen is mos heeljaar in die Oos-Kaap as ek reg verstaan. Maak dit nogal lekker terwyl ander wild se seisoen nog toe is...

Na fotos en pen uithaal moes ek en my neef verneem dat daar geen pad naby is nie. Volgens die gps het ons die ram omtrent n km vEr gesleep tot by die naaste pad vir die 4x4!

Sorry vir die bloed. Verwyder as dit te erg is...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Tue Jun 02, 2015 9:00 pm
by Dwight375
Baie mooi

Endag as ek groot is wil ek ook so mooi takbok skiet!

Groete

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Tue Jun 02, 2015 9:02 pm
by Citfield
Baie mooi bok.

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Tue Jun 02, 2015 10:16 pm
by Giepie
Lyk baie mooi.

Aa ek mag vra, waar in die Oos-Kaap. Ons het blyplek in Jeffreys, maar wil nie net heeldag op die strand lê nie. ;D Dalk volgende jaar so April daar draai maak.

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Tue Jun 02, 2015 10:50 pm
by Frikkie Coetzee
Takbok is oop heeljaar

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 6:22 am
by win270
Glad nie sleg vir 'n .270 nie!! As jy en jou geweer mekaar goed ken en jy weet van skootplasing, kom jy sommer baie ver.

Baie mooi bok, Mellies! Hoe het sy vleis gesmaak?

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 6:34 am
by Finfan
Ook nog op my bucketlist. Baie mooi bok!

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 7:10 am
by Mellies
Giepie wrote:Lyk baie mooi.

Aa ek mag vra, waar in die Oos-Kaap. Ons het blyplek in Jeffreys, maar wil nie net heeldag op die strand lê nie. ;D Dalk volgende jaar so April daar draai maak.
Giepie hierdie was tussen Molteno en Sterkstroom by my neef in die Boesmanshoekpas. My neef boer onder die pas en my oom bo. Daai berge hou jou nederig.

Hulle laat ongelukkig nie jag nie. My neef verkoop wel Takbokke aan PHs wat kom jag met kliente. Maar geriewe en so is daar geen teken van nie.

Met n vleisie...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 7:14 am
by Mellies
win270 wrote:Glad nie sleg vir 'n .270 nie!! As jy en jou geweer mekaar goed ken en jy weet van skootplasing, kom jy sommer baie ver.

Baie mooi bok, Mellies! Hoe het sy vleis gesmaak?
Win270, om eerlik te wees weet ek nie? Ek verkoop 95% van dit wat ek skiet. Het voorheen takbokvleis gebruik en het anders as baie ander mense nie n goeie ondervinding gehad nie! Kon dalk die slaghuis gewees het waar ek die vleis laat bewerk het.

Met n vleisie...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 7:57 am
by andre007
Mellies270 wrote:Dagse menere.

Sommer net nog n mooi bok wat ek in die Oos-Kaap geskiet het in 2014.

Het hom op so 250m (gerange) geskiet. Hy was besig om n paar van sy ooitjies te vermaak. Ek het rustig gaan le en gewag dat hy dwarsdraai. Het hom bietjie skuis van vooraf geskiet. Roer was n 270 met 130gr BTs.

Die takbokke en varke se jagseisoen is mos heeljaar in die Oos-Kaap as ek reg verstaan. Maak dit nogal lekker terwyl ander wild se seisoen nog toe is...

Na fotos en pen uithaal moes ek en my neef verneem dat daar geen pad naby is nie. Volgens die gps het ons die ram omtrent n km vEr gesleep tot by die naaste pad vir die 4x4!

Sorry vir die bloed. Verwyder as dit te erg is...
Mielies, jy kom jag hier op My en Wayne se stoep en laatweet ons nie eers nie :o

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 8:00 am
by Dolf014
Mellies, ek het sy neus af gevee ;D ;D

Ek wou ook die jaar so een skiet. Maar pryse en beskikbare datums het dit nie toegelaat nie :'(

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 9:16 am
by Chevvy SS
Dis 'n koors by my wat nog medisyne kort!

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 11:10 am
by koos 2
Pragtig man !!!

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 11:45 am
by Supacow
Dis nou n mooi vleisie M!
M jy vat amper mooier kiki's as Kopskoot ;)

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:38 pm
by OupaZA
Baie mooi...

Eendag as ek groot is ++>:

Hoeveel kos so een as ek mag vra?

Groete

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:51 pm
by Mellies
Dolf014 wrote:Mellies, ek het sy neus af gevee ;D ;D

Ek wou ook die jaar so een skiet. Maar pryse en beskikbare datums het dit nie toegelaat nie :'(
Dankie Dolf! ;)

Met n vleisie...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:52 pm
by Mellies
Supacow wrote:Dis nou n mooi vleisie M!
M jy vat amper mooier kiki's as Kopskoot ;)
Dankie H.

Jy weet mos n kiekie moet behoorlik geneem word!

Met n vleisie...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:53 pm
by Mellies
OupaZA wrote:Baie mooi...

Eendag as ek groot is ++>:

Hoeveel kos so een as ek mag vra?

Groete
Oupa ek is baie bevoorreg om by familie en vriende te jag wat my nie iets vra nie. As ek so luister vra die manne 1500-2000.

Met n vleisie...

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:54 pm
by Louis Kriel
Lekker Mellies daais is n bul! My lekkerste jag ooit was so 10 jaar terug n takbok by Matjiesfontein. Die vleis is eerste klas.

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 12:56 pm
by Mellies
Dankie Louis (en almal).

Dit is verseker die skelmste bok wat ek nog gejag het. Hy beat n kudu verseker!

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Wed Jun 03, 2015 9:58 pm
by theedge
Dit is n mooi bok - baie netjies

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Thu Jun 04, 2015 6:45 am
by Marc
Baie mooi verteenwoordiger, geluk

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Sat Jun 06, 2015 7:48 am
by Wayne
That is now nice, hope you put him up somewhere.

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Sat Jun 06, 2015 2:52 pm
by savage(P Coetzer)
Lekker Mellies! Hopelik is volgende naweek se rooibokke ook so mooi!!

Re: Oos-Kaap Takbok

Posted: Sat Jun 06, 2015 8:03 pm
by Mellies
savage wrote:Lekker Mellies! Hopelik is volgende naweek se rooibokke ook so mooi!!
Verseker!!

Met n vleisie....