Page 1 of 1

Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 8:50 am
by Jay Jay
More, Hoop dit gaan goed.
Ek het 20 Jan. 2015 aansoek gedoen vir my lisensie en bevoegtheid.
Wat is die normale wag tydperk ???

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:13 am
by Chris (vdB)
Jay Jay jy is nie veronderstel om langer as 3 maande te wag nie, alhoewel ek sien sommige manne wag langer. Ek was nog elke keer gelukkig, het nie langer as 2 maande gewag vir myne nie. My haelgeweer sin het ek binne n' maand gekry.

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:20 am
by Finfan
Ek dink dis die bevoegdheid wat so bietjie sloer. As dit slegs lisensie aansoek was, moes hy reeds al goedgekeur gewees het.

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:43 am
by JTM
As jy lid is van SA Jag en jy sukkel met jou lisensie, bied hulle nou geleentheid vir jou om al jou aansoek detail vir hulle te gee. SA Jag het binnekort 'n afspraak met die hoof van CFR om dan die probleem sake aan te spreek. Daar is nog so 2 weke oor om inligting deur te gee.

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:45 am
by J le Roux
Jay Jay

Het jy al by CFR, 012-3536111, gehoor wat die vordering is?

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 9:50 am
by DawieKotze
Hier is die epos vanaf SAJWV........

Geagte SAJWV-lid

Ons ontvang al hoe meer navrae van lede wat probleme ervaar met die lisensiëring of hernuwing van vuurwapenlisensies, hernuwing van bevoegdheid, of die vervanging van lope op reeds gelisensieerde wapens.

SAJWV wil met ‘n enkele afspraak met die nuwe bevelvoerder van die Sentrale Vuurwapenregister poog om ‘n klomp soortgelyke probleme op te los. Lede wat reeds vir ses (6) maande of langer enige van die bogenoemde probleme ten opsigte van Jag- of Sportskietlisensiëring ervaar, word vriendelik versoek om onderstaande inligting te voltooi en so gou moontlik aan Petrus Swart te stuur by petrus@sahunt.co.za

Ons sal twee weke kans gee vir die inligting om in te kom, dit konsolideer en dan per afspraak gaan bespreek met die bevelvoerder van die SVR in ‘n poging om die probleme op te los.

Vriendelike groete,
Fred Camphor
Hoof Uitvoerende Beampte

Verskaf asb. die onderstande inligting so volledig as moontlik

Lidnommer
Voorletters en Van
ID Nommer
Telefoon nommer
E-pos Adres
Status waaronder aansoek gedoen (Toegewyde Jagter of Sportskut, Geleentheidsjagter of Sportskut)
Tipe wapen (rewolwer, pistool, haelgeweer, jaggeweer, semi-outomaties)
Wapeninligting:
Kaliber
Tipe aksie
Reeksnommer
Polisiestasie waar aansoek ingedien is
Aansoek verwysingsnommer
Datum waarop aansoek ingedien is
Tipe aansoek (nuwe lisensie, hernuwing van lisensie, loopvervanging, bevoegdheid)
Indien aansoek vir hernuwing van lisensie of bevoegdheid is, is die aansoek betyds of laat ingedien? (90 dae voor verval)
Is hierdie aansoek al voorheen afgekeur?
Enige ander inligting of detail wat van hulp mag wees

Re: Nuwe lisensie

Posted: Mon Jun 15, 2015 11:29 am
by Jay Jay
Baie dankie aan almal.

Ek is lid van SAJWV en het reeds my besonderhede vir Petrus gestuur.
Sak ook CFR skakel en hoor.