1ste Oos-kaap jag
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:09 pm
Manne ek deel met julle die.
Ek en 'n vriend (Dirkie) is sondag uit Somerset-wes uit en my pa en broer uit upington uit. Ons het mekaar in Cradock gekry by 'n ander vriend van my. Nadat ons maandag ons jag lesensie gekry het, is ons uit veld toe. My pa het somer vinnig n rooi ribbok ooi geskiet oppad veld toe. Die geluk was aan sy kant, want ons het onsself op gestap in die berge en terwyl hy die bakkie vorentoe trek skiet hy somer nog 2 ribbokke. Dirkie het darm ook die sy ribbok gekry op die stap. Ek en my broer moes toe maar lee hande die dag afsluit, maar dit was nogsteeds 'n ongelooflike jag gewees.
Dinsdag oggend uit na n ander plaas vir takbokke en kudu's. Met die inkom op die plaas het ons paar takbokke gesien teen die hang van die berg, ek het gese ek sal maar n skoot vat, 1ste skoot was op 430m, die skoot was bietjie laag en agter die blad en die bok het so endjie gehardloop en weer gaan staan, op 480m het ek die opvolg skoot geskiet. Die bok het so 3 tree gegee en neergeslaan. My die afslag het ek gesien die 1ste skoot was mooi deur die longe, maar ons wou nie die kans vat nie, die 2de skoot was n hartskoot.
Die wind het ons toe gepla die res van die dag en die takbokke en kudu's was skaars, ons het toe darm nog so paar ribbokke geskiet die dag. My pa en broer het nie hulle takbokke gekry nie, so volgende jaar gaan ons weer terug vir n takbok of 2.
Deel paar fotos met julle. Dit was n ongelooflike lekker jag.