Page 1 of 1

Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:21 am
by sako 30-06
Na my vorige BWB wat ek gekwes het, was ek redelik negatief en het in myself en my geweer getwyfel.
Ek het skietbaan toe gegaan en besef my 30-06 skiet nog presies so mooi soos altyd.

Ons het n familie naweek op n vriend se plaas gereel en ek het toe sommer besluit om weer n BWB te skiet indien ek die kans sou kry.

Die oggend het ons vroeg uitgegaan en baie wild gesien maar nie die BWB wat my vriend vir my in gedagte gehad het nie.Hier teen 11uur het die bul en n maatjie in n vlakte gestaan en ons kon darem binne 80m van hulle kom. Ek het gewag dat die bul wegkyk en hom in die kop geskiet. Ek was baie verlig toe ek sien die bul trek styf en val soos n sak patats. Ek het gehoop ek om die Barnes koeel te herwin maar hy was ongelukkig regdeur.

Hopelik kan ek nog n jag inwerk saam my vrou as ek betyds die .243 se lisensie kry.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:24 am
by DWB
Mooi gemaak!

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:27 am
by Jakkalsgat
Geluk, baie mooi bul!

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:30 am
by Lourens Potgieter
Baie mooi bul.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:34 am
by Wildjagter
Baie mooi bul. Geluk.....altyd lekker as die confidence terugkom

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:48 am
by mossie
Aitsa, mooi bul daai!!!
MOSSIE

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:12 pm
by Tollie
Sjoe baie mooi bul en baie mooi skoot.

Baie geluk!

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:14 pm
by Frederik
Baie netjies.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:16 pm
by win270
Baie geluk met 'n netjiese skoot. Hoeveel slag hy toe uit?

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:32 pm
by toelie
Geluk man lekker bul daai

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:37 pm
by Baasvark
Baie geluk! Lekker as ding volgens plan uitwerk.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:42 pm
by Kingy
Baie netjies!

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:52 pm
by Ashley
Mooi man, dis n grote!
Netjies geskiet...niks fout met daai -06 nie

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 1:17 pm
by sPRINGHAAS
Nice! Weet jy wat ht geweeg en gemeet het?

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 4:07 pm
by Plaashaas
Baie geluk!

Jou kamera (of jou storie) se tyd is uit. :)

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 4:37 pm
by NEGE3
Baie geluk. Mooi geskiet en mooi bul.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 5:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
BWB bly vir my een van die lekkerste jagte wat daar is. Waarde vir geld en n lekker uitdaging. Geluk met n pragbul!!Al te mooi as die voetjies so lug en hy neerslaan.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 5:36 pm
by Marc
Baie geluk, daai bul het bitter mooi vel aan hom

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 6:01 pm
by Mellies
Mooi man!

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 7:57 pm
by sako 30-06
win270 wrote:Baie geluk met 'n netjiese skoot. Hoeveel slag hy toe uit?
Hy was 108kg n dag later by die slaghuis.

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Wed Jun 24, 2015 7:59 pm
by sako 30-06
Plaashaas wrote:Baie geluk!

Jou kamera (of jou storie) se tyd is uit. :)
Moet vir niemand se nie :laugh:

Re: Suksesvolle BWB jag.

Posted: Thu Jun 25, 2015 1:26 am
by koos 2
Baie mooi bul ,baie geluk !!!