Page 1 of 1

Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 1:43 pm
by NicoO
Nou die aand 19:13 gaan my telefoon af met n sms. Die varke is op die voer. n Minuut gaan verby en Wynand bel en se hy het ook sms gekry hy is oppad. Ek en my vrou was besig om pot te maak, toe gryp ek net baadjies, geweer en is uit by die huis. Toe ek by die garage stop toe is 3de foto al gestuur, en hulle eet lekker! Wynand stop en ek laai net gou oor en ons is oppad! Ons stop so 500m van voerplek af, trek skoene uit en die 4de foto kom deur. My adrenalien pomp lekker. Ons bekruip die voerplek, wind waai mooi. Ons stop so 80m van die plek af en luister. Knnoockkk klap daai neute, hulle is nog daar! Ons bekruip stadig nader, Ek kom in posisie, Knnoocccckkkkk klap die neute nogsteeds. Ons staan bo op n wal, die neute le onder n gauva boom so 30m onder ons. Da is n tonnel gekap deur die lantanas na die voerplek toe. Ek tel die 243 op, deur die night vision teleskoop sien ek dadelik 2 varke, da is 4 in die trop. Soos dit moet wees staan die beer plankdwars en da staan n jonger varkie skuins voor hom met sy boude na ons toe. Ek sit kruis laag op sy blad en druk die skoot af so uit die vuis uit. Na die skoot hoor jy net varke hardloop, hulle stop na so 60m. Ons hoor een vark skop da onder in die bos. Na so paar sekondes is dit stil. Die ander varke verdwyn geruisloos in die nag, Wynand se bosvarke het vlerkies hulle raak net weg. Ons loop terug bakkie toe, en ry tot by voerplek. Nou begin die soek. Die bos is vreeslik ruig dis lantanas en lang gras wat deurmekaar groei. Al manier om da te beweeg is om self op jou maag te le en binnie die tonnels te kruip. Na so 10min kry ek n druppel bloed teen n grassie. Ons albei vat n tonnel en seil soos slange da rond. Ons kry nie nog bloed nie en kan ook nie eintlik spore sien da binne nie. Na so 30min se ek vir Wynand ek gaan terug da wa ons daai bloed druppel gekry het. Ons begin weer in daai omgewing, in die nag is mens se bearings bietjie deurmekaar in daai ruigtes. Na so 5min kry ek bloed, meer as die eerste bloed, ek vat die tonnel en die bloed raak mooi. Ek kruip voor en Wynand agter my. Die bloed is nou baie, dit gaan maklik na so 30meter se seilery split die tonnel waar in ons is in twee. Die bloed is weg niks links nie en niks in die regter tonnel nie. Ek skyn met die flits en die volgende oomblik sien ek hom le! Hy het net reguit gegaan deur die bos, nie n tonnel gevat op sy laaste nie. Eks baie verlig en vreeslik bly! Dis n masjien van n vark! Mens kannie opstaan daar in daai tonnels nie, ons albei draai om, ek stoot die vark van sy kop af Wynand trek hom aan n agterpoot so op ons pense gaan dit stadig! Uiteindelik is ons uit die tonnels, laaste hekkie is die wal uit met die vark! Bosvark jag is bitter lekker! Kom Sms ;D

Re: Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 2:37 pm
by DWB
Pragtige vark!

Re: Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 3:56 pm
by NicoO
Baie dankie!

Re: Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 5:34 pm
by Frederik
Mooi ou vark baie geluk.

Re: Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 6:53 pm
by NicoO
Baie dankie Frederik! Ja hy was n ou skim.

Re: Bosvark

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:18 pm
by Ashley
Very nice! Mooi geskiet

Re: Bosvark

Posted: Mon Jun 29, 2015 12:29 am
by Pappabeer
Baie mooi Bosvark daai Nico.

Waar in die land het jy hom geskiet?

Re: Bosvark

Posted: Mon Jun 29, 2015 10:14 am
by NicoO
Baie dankie julle! Hy is hier in die Tzaneen omgewing geskiet. Limpopo Provinsie

Re: Bosvark

Posted: Mon Jun 29, 2015 1:55 pm
by dawiec
Wow....baie mooi "varkietjie" Nico!

Re: Bosvark

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:17 pm
by NicoO
Baie dankie Dawie! Dit was baie lekker!!

Re: Bosvark

Posted: Thu Jul 02, 2015 8:48 am
by Hilux01
Goeie werk

Maak dit sommer ekstra spesiaal as die storie ook so mooi loop

Re: Bosvark

Posted: Thu Jul 02, 2015 9:25 am
by OupaZA
Klink na groot pret!! baie geluk...

Re: Bosvark

Posted: Fri Jul 03, 2015 10:11 pm
by theedge
Mooi ou vark baie geluk.

Re: Bosvark

Posted: Mon Jul 06, 2015 7:33 pm
by NicoO
Baie dankie julle ;D

Re: Bosvark

Posted: Tue Jul 07, 2015 7:22 pm
by Chui
Mooi vark. Geluk