Page 1 of 1

Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 3:15 pm
by Jaco v Zyl
Hallo almal
Help my asb raai, of die wat weet se vir my.
My oudste het die naweek n mooi vlakvark geskiet.
Soos belowe sal hy nou bo sy bed hang.Daar steek so 9.75" tand uit by tandvleis,hoeveel dink jul kan ons bytel,om m goeie raaiskoot te kry vir die totale lengte, ek skat so 2" ma hy reken baie meer(natuurlik).
En is rowland ward nog 13".?
Dankie
Groete
Jakoos

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 3:56 pm
by Ashley
Van Rowland W kan ek jou ongelukkig nie baie sê nie, maar daai klink soos n beer van n vark met daai lengte tande!
Baie geluk

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 4:34 pm
by Supacow
Sover my kennis strek is daar so 3'' in die tandkas en RW is 13''op n vlakot

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 4:42 pm
by Jaco v Zyl
Dankie Ashly,, en supacow.

Ou rowland was nie in n goeie bui toe hy die award vir n vlakvark gemaak het nie, dai is darm n moeilike een om te kry.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 5:00 pm
by Pappabeer
Saam met die groter kurwe van lip (nie been nie) in sou ek raai 4,5/5"

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 5:23 pm
by Supacow
Ja nee. Maar n duim minder as n springer. Rolandvark is gewis iets spesiaal.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 7:20 pm
by wolfie47
Dit wat ek al geskiet het is so 3-3,5" binne. Mens skiet nie elke dag so vark nie ek weet. Dalk nooit in jou lewe weer nie as jy dink hvl RW varke teen mure jy al gesien het.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 7:33 pm
by Geno
Op vlakvarke sit tot 1/3 van die totale lengte binne-in.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 8:43 pm
by Pappabeer
wolfie47 wrote:Dit wat ek al geskiet het is so 3-3,5" binne. Mens skiet nie elke dag so vark nie ek weet. Dalk nooit in jou lewe weer nie as jy dink hvl RW varke teen mure jy al gesien het.
En die meeste trofees word reeds verwronge vertoon want die tande is vêrder uit om hulle langer te laat lyk. Kyk maar 90% of meer vlakvark monterings het n duidelike lyn op die tandskag, vêr van die lip af, wat juis daardeur veroorsaak is.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Sun Jul 05, 2015 10:44 pm
by Thunderhead
N vlakvark met reguit tande se tande sit verder in die skedelas as n vark wat se tande meer buig. As hy redelik reguit uit die skedel kom kan hy maklik oor die 3 duim in sy kaste he.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Mon Jul 06, 2015 10:41 am
by Boesman10
3 duim is die algemene aanvaarding as dit 'n vark is met groot tande.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Mon Jul 06, 2015 2:44 pm
by Wouter Roets
Geno wrote:Op vlakvarke sit tot 1/3 van die totale lengte binne-in.
Het hom ook so Geno.

Re: Vlakvark tande- totale lengte

Posted: Mon Jul 06, 2015 2:52 pm
by Hilux01
Blikkies hier leer julle my nou iets nuut
Dit beteken waar ek altyd 2" aanvaar het en van die varke meer as 10" gemeet het hulle almal sou RW gemaak het

Eish ek sou dan al 2 gehad het