Page 1 of 1

Trofee ranglys

Posted: Sun Jul 05, 2015 5:29 pm
by Supacow
Kan ons n lys opstel van maklikste na moeilikste spesies om Rowland te haal asook n lys van elke ou se mees gesogte trofees. Ek soek graag n groot bosbok, vaalribbok en vlakvark trofee.

Re: Trofee ranglys

Posted: Sun Jul 05, 2015 5:35 pm
by Pvdw
Maklikste dink ek is Blesbok.

Re: Trofee ranglys

Posted: Sun Jul 05, 2015 7:10 pm
by Jaco v Zyl
Dink n vlakvark is een van moeilikste,my ervaring,weet ni da in noord transvaal of hul meer vollop is nie?

Re: Trofee ranglys

Posted: Sun Jul 05, 2015 8:44 pm
by Louw du Plessis
Hier is n Vaalribbok wat 9.4 duim is en die bosbokke weet ek nie het nie die horings gemeet nie.

Re: Trofee ranglys

Posted: Sun Jul 05, 2015 9:11 pm
by Pappabeer
Van die moeilikste is Oribi.

Rooihartbees is self moeilik.
Stem met Peet. Blesbok bo 16&1/2" is nie moeilik nie, so ook Nyala bo 27".

Ek was al bevooreg met n paar mooi bokke wat RW maak, itv Afrika en Rowland Ward as kriteria sal ek graag n mooi Waterbok trofee wil hê, met diep krulle, mooi riwwe en dik basisse. Hy hoef niks meer as 29" te meet nie.

Ns. Louw, daai is mooi bokke. Ek neem aan dis jy op die Avatar en nie tussen die bosbokramme nie? >:+

Re: Trofee ranglys

Posted: Tue Jul 07, 2015 4:27 pm
by Louw du Plessis
Ja dis ek op die avatar ek het daai foto van die bosbokke gekry by n vriend van my wat daai ou ken.

Re: Trofee ranglys

Posted: Tue Jul 07, 2015 5:38 pm
by Jaco v Zyl
Pappabeer,praat jy van so waterbok wat jy wil skiet?

Re: Trofee ranglys

Posted: Wed Jul 08, 2015 8:56 am
by Rolf
Wes tvl omgewing is blesbokke maklik om in rw te kry, rooibokke is skaars,varke word wel so groot geskiet ma is ook maar skaars, gemsbokke nie moeilik nie, kudus is beskikbaar net duur, springbokke baie skaars. Ek soek baie graag n groot springbok (ry more Namibia toe en hoop om een daar te kry) en ook n groot waterbokbul.

Re: Trofee ranglys

Posted: Wed Jul 08, 2015 10:06 am
by Carl
Pappabeer wrote: Ek was al bevooreg met n paar mooi bokke wat RW maak, itv Afrika en Rowland Ward as kriteria sal ek graag n mooi Waterbok trofee wil hê, met diep krulle, mooi riwwe en dik basisse. Hy hoef niks meer as 29" te meet nie.
Jammer Dewald :'(

Re: Trofee ranglys

Posted: Wed Jul 08, 2015 11:05 am
by Capt. Yoda
Hoe "meet" jy n Zebra trofee, slefde soos n meerkat of is n groot hings maar n hings

Re: Trofee ranglys

Posted: Wed Jul 08, 2015 11:11 am
by Carl
Capt. Oblivious wrote:Hoe "meet" jy n Zebra trofee, slefde soos n meerkat of is n groot hings maar n hings
Tel die strepe >:D

Re: Trofee ranglys

Posted: Wed Jul 08, 2015 6:35 pm
by goodstuff
Carl wrote:
Capt. Oblivious wrote:Hoe "meet" jy n Zebra trofee, slefde soos n meerkat of is n groot hings maar n hings
Tel die strepe >:D
Een vir een...

Re: Trofee ranglys

Posted: Thu Jul 09, 2015 12:32 pm
by tau
Ek het nog nooit horings gemeet nieof vir bokke gegaan oor hulle horing size nie, maar as hy 'n af of krom horing het is hy myne.

EK het darem my Eland gemeet wat my RW gee 36 1/4 duim na 3 jaar se rus

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Picture312_zpswcgjsjgp.jpg

Die springbok wou ek nog meet toe is die kop weg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/dd8_zps49aoyqof.jpg

Die outjie kon my ook seker gehelp met met RW

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Karas%202009_zpsmkjqj3xx.jpg

Dan iewers is 'n Klipspringer wat ek die skedel verloor het :):

Sal die kiekie soek.

Re: Trofee ranglys

Posted: Fri Jul 10, 2015 12:04 pm
by jamalley
Ek is besig met die opstel van die SA Rekordboek vir publikasie vroeg in die nuwe jaar, sal weer meet laat weet. Dit gaan so tussen die werkery maar stadig, want ek wil sorg dat dit 'n baie spesiale boek is en daar is 'n hele klomp idees waarmee ek speel om dit vir die koper van die boek makliker te maak om jaarlikse of 2 jaarlikse opdaterings te kan koop.

Re: Trofee ranglys

Posted: Fri Jul 10, 2015 1:45 pm
by Vlakvark Soldaat
Jamalley, klink na n bakgat idee. Hou my asb op hoogte, sal beslis belangstel en support.

Ek het 2 rooibok ramme wat afsondelik 25" en amper 26" is. Verlede jaar 2 blesbok ramme langs mekaar geskiet en beide was +-17". My 31" blouwildebees skedel het vermis geraak by die taxidermy in Pietersburg mmmmm, ek wonder soms. Ek jag maar nog vir spesies, maar hou daarvan om die bok sy eer te gee deur hom te meet en op te stop. Ek sit tans met 12 spesies op my lys.

Capt, Carl en Goodstuff, mens kan blykbaar net biltong sny van die wit strepe op n zebra...

Re: Trofee ranglys

Posted: Fri Jul 10, 2015 7:47 pm
by Pappabeer
Carl wrote: Jammer Dewald :'(
Geen pyn Carl. Daar kom weer een oor my pad.
Jakoos wrote:Pappabeer,praat jy van so waterbok wat jy wil skiet?
Daai lyk effens wangevorm?

Hier is n mooi Waterbok trofee. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 58#p503647