Page 1 of 1
Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 16, 2011 3:08 pm
by BLOK
Ek het hierdie foto en skrywe vanaf n maat gekry weet iemand iets daarvan
Blok
It looks like the world record and was shot in the Khomas Hochland in Namibia on the farm Prospect. The guy who shot this springbok in the 70 s died last week his name was Bennie Steenkamp. He died of alzheimer and was 69.
[img width=560 height=374]
http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0834_n.jpg[/img]
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 16, 2011 5:30 pm
by Jagtersdok
Daai is morsige horings
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 16, 2011 5:48 pm
by tobie
ek onthou daai bok opi voorblad van jag tydskrif magnum.kan verkeerd wees dink dit was so1998.kan so biejie van die storie onhou
dit was darm maar n mooi bok daai

Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 16, 2011 5:54 pm
by Jagtersdok
Ek dink as man daai meneer in jou scope sien dan begin die hartjie ekstra sterk klop want jy weet hier is iets special
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Tue May 17, 2011 7:52 am
by BLOK
Voorwaar n meneer stel horings, ek wou net seker maak dat dit nie weer gephotoshop is nie kry deesdae so baie daarvan.
Blok
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Tue May 17, 2011 8:01 am
by Geno
Daai is 'n hengse bok! Sy lengte is 19 3/8" !!!
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Tue May 17, 2011 8:43 am
by Witpietskiet
Ek het die voorreg gehad om daai stel horings in oom Bennie se huis te sien, dit is rerig iets besonders.
Oom Bennie het n baie lekker kamp plek op sy plaas en ons het n paar keer daar gaan kamp, was baie lekker.
Mooi rus oom Bennie.
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Tue May 17, 2011 9:58 am
by Wouter Roets
Ag manne
As ek daai stel horings in my scope sien bekak ek my! Sal my scope seker moet afdraai na kleiner vergroting toe om hom in te kry!
Groetnis
Wout
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Tue May 17, 2011 5:47 pm
by baboonstalker
Nou wat vir 'n ding is 'n "wereldrekord" springbokhoring? ek sal maar tevrede wees met die Afrika rekord vir 1/10de van die prys.

Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Sun May 22, 2011 4:51 pm
by KLASIE
Daai is amper onnatuurlik groot , maar as ek hom in die scope kry sal dit bokkoors van die ergste graad wees
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 23, 2011 7:43 am
by Frederik
Baie netjies in die Khomas van alle plekke ek sou weer dink die wereld rekord sou uit DAMARA kom of so plek.
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Mon May 23, 2011 7:52 am
by Dawid
Wouter Roets wrote:
Ag manne
As ek daai stel horings in my scope sien bekak ek my! Sal my scope seker moet afdraai na kleiner vergroting toe om hom in te kry!
Groetnis
Wout
HAHAHAHAHAHA Ja Wouter dis waarheid....ek sal ook soos die omie vir die antie gese het.....Vrou gee my n skoon onderbroek, ek het myself nou liederlik vir n leeu vererg.
Dis pragtige horings daai, dit lyk amper of die springbok lus gehad het om n rooibok te word.
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Wed May 25, 2011 8:59 am
by Jaco Swart
Manne.
Ek sal nie omgee om ook so bokkie in my leeftyd te skiet nie. Ek sal tot tevrede wees met '17" bokkie.
Groetnis
Re: Wereld Rekord Springbok
Posted: Thu May 26, 2011 6:00 pm
by DawieKotze
Mensig! Ek wonder of dit een of ander afwyking is??
As hy geteel het, moet daar mos nog sy gene rondloop?