Page 1 of 1

Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 5:43 pm
by Pappabeer
Ek wil graag weet hoe werk die storie met fotos op die lisensie kaartjie.

Elke nuwe aansoek kry tog twee fotos by, maar al my lisensies en bevoegdheidskaartjies sedert 2006 het die eerste foto op wat ek toe ingegee het. Is dit net dat ek elke keer met n deurmekaar DFO gewerk het, of gaan dit by julle ook so?

Nou ja. Gaan die goed ooit verander? Vandag by n wapenwinkel het die ou agter die counter nie geglo dat dit my lisensie is nie.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 5:48 pm
by JacquesT (Stompe)
Naand Pappabeer.
Ek het my 9mm se lisensie in 2012 gekry, en hulle het dieselfde foto gebruik op my 308 se lisensie hierdie jaar.
Op my broer se lisensies het hul egter die nuwe fotos saam sy aansoek gebruik.
Ek het self hieroor gewonder.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 6:32 pm
by ruaanb
My 300wsm se lisensie kaartjie het ook my ou foto op.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 8:06 pm
by DeonvTonder
Pappabeer ek sal jou teen volgende week kan sê of hulle my nuwe fotos gebruik het.Lisensie is gister goedgekeer en daar is vir my gesê dat ek komende week die kaart sal kan kry.sal dit dan vergelyk met my vorige lisensies

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 8:15 pm
by dsmerrills
Mine also has my old photo even an application that was done more than 1 year apart!

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 9:10 pm
by NEGE3
My nuutste fotos is nog altyd gebruik.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Thu Jul 09, 2015 10:25 pm
by Pappabeer
NEGE3 wrote:My nuutste fotos is nog altyd gebruik.
Oom Koos, vra mens vir hulle spesifiek?

Ek het 13 lisensies, waarvan 2 eers op groen kaartjies was & 2 bevoegthede. Almal het n foto van n 20 jarige weergawe van my op, seinde ek in 2006 nog n klomp ou paspoort fotos gehad het. Dis nou nog snaaks, maar oor nog 5-20 jaar gaan dit belaglik wees.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 5:41 am
by Frederik
Ek het ook net ou fotos op al my lisensies.
So terloops op die groen lisensies die vingerafdruk op almal van hulle in die land is van een persoon nie jou eie nie.
My laaste lisensie wat ek laasweek ontvang het sien ek die kwaliteit is swakker.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 6:42 am
by G-force
Al myne het die selde oorspronklikke foto wat op my eerste aansoek was,nie een nuwe een nie.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 7:49 am
by Nickvn
Myne is ook almal die oorsprongklike foto. Ek het ook gesien dat die kwaliteit van die laaste twee lisensies nie meer soos die eerstes is nie.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 7:55 am
by Kingy
Ek het net 5 kaartjies, maar almal is die eerste foto en eerste handtekening.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 8:47 am
by NEGE3
Pappabeer wrote:
NEGE3 wrote:My nuutste fotos is nog altyd gebruik.
Oom Koos, vra mens vir hulle spesifiek?

Ek het 13 lisensies, waarvan 2 eers op groen kaartjies was & 2 bevoegthede. Almal het n foto van n 20 jarige weergawe van my op, seinde ek in 2006 nog n klomp ou paspoort fotos gehad het. Dis nou nog snaaks, maar oor nog 5-20 jaar gaan dit belaglik wees.
Dewald ek het nie 'n antwoord nie. Wat sal hulle nou met die nuwe fotos maak laat my wonder. Miskien gaan die nuutste foto saam met die aansoek argiewe toe en word hy nie eers op die sisteem ingescan nie. Eish.

Re: Vuurwapenlisensie fotos.

Posted: Fri Jul 10, 2015 4:56 pm
by tau
Ek like dit. Die ou op my lisensies het 'n bos hare en 'n vet gesig. Meeste geweer winkels kyk die lisensies so tweekeer.