Page 1 of 1
Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 8:37 am
by Geno
Hallo Julle,
Ons het die naweek saam met Hein KSV naby Deben gaan jag.
2 van die bokke is met my .308 met 165gr Barnes-X BT koeels geskiet teen 2550fps.
5 is met my .25-06 met 85gr GSCHV Koeels teen 3751fps geskiet.
Afstande het gewissel tot en met +-300m.
Die GSCHV's mors so min vleis dat jy letterlik tot teenaan die gat kan eet!
Hulle het ook 'n great skok-effek, as die koeel die bok slaan, hol hy na die naaste bos toe (so 10 of 20m) en gaan le net daar.
Uit die 5 GSCHV skote, is net twee koeels onder die vel aan die uitgangs kant gekry, die ander 3 trek nou nog...
Die 85 greinertjies het selfs op daardie afstand dwarsdeur die gemsbokke geskiet, uit 9 bokke, is slegs 2 in die brein geskiet, een met 'n .243 en 'n ander een het Hein met sy .22-250 met 55gr Nosler Shots gegooi.
Een van Mark se bokke- .25-06
[img width=560 height=421]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5680.jpg[/img]
Roland se bok - .25-06
[img width=560 height=421]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5677.jpg[/img]
My broer se bok - .25-06
[img width=360 height=480]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5675.jpg[/img]
Mark se ander bok- .308
[img width=560 height=421]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5669.jpg[/img]
Een van my bokke-.25-06
Hein sit langs my op die foto.
[img width=560 height=421]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5667.jpg[/img]
My pa se bok- .308
[img width=560 height=421]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5662.jpg[/img]
Ek sal later nog fotos opsit sodra Hein hulle vir my mail.
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 8:57 am
by Monrique (SJ)
Netjies mater, netjies
Groetnis
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 9:04 am
by grumpy
Mooi man!!! Manne met die spesiale passies!! Ons is n spesie op ons eie.
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 10:05 am
by Wouter Roets
Babaleeu
Pragig man! Ek hoop jy besef die voorreg om die tipe dinge saam met jou pa te kan doen! Jy is retig baie gelukkig in daardie opsig! O-ja ek is mos maar sleg met die onthou. By voorbaat baie geluk met jou verjaardag Vrydag en mag dit n besonderse dag saam met jou vamilie wees. mag die jaar ook net seenige en voorspoed bied! Sou dit bitter graag met jou die naweek wou deel maar sal beslis n lang Johnnie op jou drink!
Groetnis
Wout
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 11:27 am
by Geno
Dankie vir die mooi woorde manne!
Wout, dankie my maat, ekself sal 'n JW vat vrydag.
Ja, dis 'n groot voorreg om saam met my broer en my pa te jag, ek is juis opsoek na 'n blouwildebees vir hom om te skiet.
Hy het terloops die naweek laat val dat hy sal like om 'n mooi bul te klop, dalk moet ek hom verras met ene...
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 11:36 am
by BLOK
Mooi gegoo en dit lyk of julle dit geniet het.
Blok
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 11:40 am
by KSV
Eugene,
Wies daai antreklike jong man daar langs jou opie foto?
Kyk julle manne het dit vir my maklik gemaak. Sal julle volgende jaar enige tyd weer vergesel as ek mag? Hoop dis die keer in die kyk kamp! ;)
Ons moet nou net vir Wout en Mnr Sullivan ook daar kry? Dan bespreek ek die helle kwota, hy sal dit so verkies ook.
Sondag was my tyres darem lekker pap, weet nie hoe moes julle gevoel het wat nog moes terug ry nie.
My eie jagbeplanning loop darem self mooi die jaar. gaan drie spesies skiet wat ek nog nie geskiet het nie. Blouwildebees, swartwildebees en 'n Zebra.
Maak mooi!
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 12:01 pm
by Geno
Hein,
Dit was regtig lekker gewees maat, weereens dankie dat jy vir ons gereel het!
Hoe kan jy se dis maklik om vir 2ure agter my springbok aan te sukkel wat ek deur die oor geskiet het???
Stefaans, Wout en Dok moet verseker saamkom volgende jaar!
Daai kyk kamp bokke moet solank hulle hardloop tekkies aantrek, ek's reg vir hulle!
My wind was self lekker uit toe ek by die huis kom...
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 12:07 pm
by KSV
Ja, aangesien ek nie na die ander makers toe kan gaan nie moet hulle maar diekant toe kom, hehe!
Maak mooi!
Hein
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 12:37 pm
by Jagtersdok
Baie mooi Babaleeu
Ek kan sien julle het julle goed van julle taak gekwyt. Skitterend
Neels
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 1:39 pm
by Ponkie
GENO
Watse gevaarlike kyker pronk daar op die 25-06 my maat???
Ek wil graag vir die burris ook so sonlens kry, maar sukkel met dit! Sal enige "brand" wat 'n 50mm lens het op die burris pas?
BAIE mooi gegooi! Ek hoop om self so gemsbokkie plat te trek in Julie-maand. Hulle se Gobabis lyk soos 'n paradys die jaar!
Groetnis
Ponkie
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 1:44 pm
by Geno
Ponkie,
Dankie my maat!
Daai is 'n Leupold VXII 6-18x40 my maat, hy kom saam met die sunshade. Ek weet nie of hulle oor-en weer sal pas nie.
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 3:12 pm
by 243Songdaug
Mater - dit lyk sommer netjies. Darem jammer ek kon julle nie join nie.
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Tue May 17, 2011 3:14 pm
by Jagtersdok
Party van die sunshades is inter changeble. Maar Burris het sunshades, hulle kos net bietjie duur. Dis baie goedkoper as jy die scope saam met shades bestel.
Neels
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Wed May 18, 2011 10:52 am
by Stefan764
Skitterende fotos Babaleeu!
Spyt ek konnit nie maak nie..... Ek sit links voor volgende jaar!
Mooi gegooi!
Stef
(PS - gooi bietjie so verslaggie oor die GSC koele. As jy het, sorry, dan het ek hom gemis... Bietjie besig met die nuwe werk die laaste ruk)
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Wed May 18, 2011 11:47 pm
by Monrique (SJ)
Geno
Ja nee kyk daai rooi grond se wereld is darm maar net lekker. Dit lyk of julle dit baie geniet het!! Ek sal seker self weer volgende jaar daai kant toe beweeg so in die kouer maande vir ietsie...
Groetnis
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Sat May 21, 2011 2:07 pm
by Dawid
Mooi gejag daar Geno, baie geluk. Die bokke lyk sommer spekvet ook daarby. Vat jou Pa vir daai Bloubuffel, jy sal nooit spyt wees nie en dis iets wat mens die res van jou lewe bybly.
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Sun May 22, 2011 4:43 pm
by KLASIE
Mooi gegooi aan al die manne en ja voorwaar n voorreg om saam met jou pa te jag
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Mon May 23, 2011 2:01 pm
by Geno
Dankie manne,
Dawid, ek gaan verseker my pa vat, ek soek net plek waar daar 'n paar meneer bulle loop!
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Mon May 23, 2011 2:06 pm
by Geno
Stefan764 wrote:
(PS - gooi bietjie so verslaggie oor die GSC koele. As jy het, sorry, dan het ek hom gemis... Bietjie besig met die nuwe werk die laaste ruk)
Stefaans,
Ongelukkig was daar nie tyd om outopsies te doen nie, en ek het ook nie die kennis soos Dok Neels om so iets uit te voer nie.
Soos ek dit sien, die 85gr GSCHV koele gooi verskriklik raak en plat, en 'n groot gemsbok het nie lus vir lewe na daai .25-06 gepraat het nie.
Stamp hom in die hart of longe, van 0m - 350m, en hy dop om binne 20m.
Vleis skade is die minste wat ek in 'n lang ruk gesien het, alhoewel die harte en longe mooi opgemors was.
Groete,
Eugene
Re: Deben Gemsbok Jag
Posted: Wed May 25, 2011 8:40 am
by Jaco Swart
Geno.
Daai is werklik mooi bokke wat julle kon jag. Dit is voorwaar 'n voorreg om die dinge saam jou pa te kan doen. Ek en my pa jag ook baie saam , maar hy gee my maar min skiet kans. Hy is soos 'n klein seuntjie wat op sy eerste jag gaan , elke keer as hy gaan jag.
Groetnis