Page 1 of 1

Wildebees en rooibok

Posted: Wed May 18, 2011 10:03 pm
by Spanner
Hier is fotos van my wildebees koei en rooibok wat ek so paar weke terug gejag het buite Ellisras.  Die veld is pragtig en die wild was spekvet - die rooibok het 42 kg karkas uitgeslag, afgeslag na hy twee dae in koelkamer gehang het !  Die niere moes ek voel-soek tussen al die binnevet.  .30-06 Musgrave 130gr GSC HV, 50.1gr S321.  Die wildebees het 'n snaakse vrat op die gesig gehad en was blind in die linker oog.  Sy was ook spekvet maar ons het haar nie geweeg nie.  Daai GS customs het weer hulleself bewys - die wildebees was so 130m gewees en ek het 'n sekelbos tak van so 30mm dik voor haar getref. Die koel het steeds sy werk gedoen en sy het so 45 tree verder gaan val.

[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... /Wbees.jpg[/img]

[img width=560 height=419]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... md/Bok.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... md/kop.jpg[/img]

Ek het nie die rooibok gemeet nie - trofee en biltongbok het dieselfde gekos.  Ek eet mos nie die horing nie ...

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Wed May 18, 2011 10:06 pm
by Jagtersdok
Shifting ag ek bedoel Spanner.

Baie mooi gegooi ou maat. Mooi ram daardie.

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Wed May 18, 2011 10:06 pm
by JPS
Spanner,

Baie lekker Rooibok daai man.

Groete
JP

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Wed May 18, 2011 11:35 pm
by Monrique (SJ)
Spanner

Netjies man, daai Rooibok is sommer spoggerigz!!  Hoop hulle eet vorentoe....

Groetnis

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Wed May 18, 2011 11:47 pm
by Rfourie
Mooi man

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Thu May 19, 2011 4:55 am
by Gerhard
Bakgat!!!

Baie mooi rooibok.

Die biltong is al seker droog....  ;)

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Thu May 19, 2011 7:42 am
by 300Winmag
Mooi man !! Baie geluk.

Re: Wildebees en rooibok

Posted: Thu May 19, 2011 8:29 am
by Frederik
Baie netjiese ram daardie  ;D