Page 1 of 1

Wildebees met die 300.

Posted: Fri May 20, 2011 12:24 pm
by 300Winmag
Ek het vandag my foto's van my bwb op die plaas gaan haal. ( 'n Rooibok rammetjie wou my byt toe
moes ek hom skiet, maar dis 'n ander storie).

Ek en die gids het die klomp bwbste vir meer as 'n uur lank bekruip met lang gras meestal as enigste skuiling. Toe die
gras op raak was daar nog so 150meter oor. Ek het lank deur die teleskoop oor die
stokke (3 poot Vanguard - van my beste kopies nog) gestaan en wag dat die een oop is agter.
Dit het sommer gehelp om my rustig te maak. Toe sy makkers hom oop maak toe gaan die skoot.
Toe die skoot klap toe vou sy bene in en hy roer nie weer nie.
Weet julle wat is versoeking?? Toe sy makkers terug kom om te kom kyk wats fout met hom en ek met
'n gelaaide geweer deur die teleskoop na hulle staan en kyk.  :o :o :o

[img width=560 height=373]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... eyn014.jpg[/img]

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Fri May 20, 2011 12:56 pm
by Geno
Mooi man, dis 'n yster bul daardie!

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Fri May 20, 2011 2:07 pm
by DWB
Mooi man, sodra my roer op my naam is het ek ook 'n afspraak met so outjie.

Waar is die punt deur?

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Fri May 20, 2011 5:43 pm
by 300Winmag
Baie dankie julle.

Die koeel is nie deur nie en sit in die blad wat
na die kamera toe kyk na dat hy die ander kantste blad
en die rug gebreek het.

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Fri May 20, 2011 8:15 pm
by Jagtersdok
Baie netsjies

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Sat May 21, 2011 2:07 am
by Monrique (SJ)
Netjies mater

Groetnis

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Sat May 21, 2011 1:53 pm
by Dawid
Baie netjies en baie geluk.Dis regtig n mooi bul, ek glo jy`t sy fillets al klaar deurgewerk.

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Sun May 22, 2011 4:46 pm
by KLASIE
Mooi van der walt  n lekke groot ou daai , se bietjie watter ammunisie jy gebruik het

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Sun May 22, 2011 5:57 pm
by 300Winmag
Baie dankie almal

@ David - nog nie - ek eet hom so bietjie vir bietjie  ;D

@ Klasie - Ek het hom met 'n 200gr Sierra Game King geskiet wat ek
ek met 58.6gr S365 gelaai het. FPS - seker so 2550 fps.

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Sun May 22, 2011 9:14 pm
by shabba
mooi gegooi 300win. bul is in baie goeie kondisie. wat s? die skaal???

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Mon May 23, 2011 7:30 am
by 300Winmag
Die karkas gewig was 124kg.

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Mon May 23, 2011 7:34 am
by Frederik
Lekker swart gesig en mooi vel !

Re: Wildebees met die 300.

Posted: Mon May 23, 2011 9:05 am
by Beyers
Mooi geskiet geluk