Page 1 of 2

Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 7:55 am
by Geno
Manne,
Soos julle seker gesien het, het ek my .204 laat oordoen by Trueworx in Bloemfontein, en hom vir Lila gegee.
Met die swangerskap nou, stel sy nie belang om te skiet nie. En met die roer nog op my naam, gebruik ek hom nog so bietjie.
Daarom dat ek gedink het om die roertjie se kills in sy nuwe gewaad hier te wys.

Saterdag se jakkalse:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Cyferfontein.jpg

2 Europese bosvark soggies wat ek gisteraand tydens 'n jakkalsjag saam met Jakes geskiet het.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Eurovarke.jpg

Volgende Donderdag pak ons die Karoovlaktes aan!

Groete,
Eugene

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 7:57 am
by Hilux01
Mooi man
Dink nie die slagoffers gee om watter kleur die roer is nie - maar dink net hoe spot daai ander reuns die een wat weg kom as hy by die jakkals kroeg instap oor hy met n pienk roer raak gery is lol :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:26 am
by JVT172
More Eugene.

Wat se KD het jy op die 204?
En wat maak hy met daai 28.2gr lading van jou op die 32gr vmax?

Groete
Jurgen

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:31 am
by Geno
Hallo Jurgen.

Dis 'n Nightro KD.

Ek het nognie weer handladings geskiet vandat die roer oorgedoen is nie.
Ek het 'n paar pakke Nosler Trophy Grade ammo gekry so ruk terug, so ek skiet dit nou eers uit om doppe te maak.

http://www.nosler.com/trophy-grade-varmint-ammunition/

https://fusiontables.googleusercontent. ... lt=1&cpr=1


Groete
Eugene

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:39 am
by JVT172
As ek mag vra, waar het jy stock gekry?

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:43 am
by Geno
Daar was 5 pakke by S&O Pta, toe vat ek alles.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Jul 30, 2015 8:43 pm
by theedge
Baie netjies

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:25 pm
by Sangoma (IAN)
Lekker man!

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:21 am
by Geno
Nog 'n paar:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Donkerhoek/8.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Donkerhoek/9.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/Donkerhoek/10.jpg

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:45 am
by Philip_R
Baie nice, soek self so kolf op 'n 243 of 308 met n silencer vir my dogters om mee te skiet.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:53 am
by THOMAST
Geno,
Ek ken 'n man wat so 'n pienk kolf op sy 270 het. Hy reken dat hy die kolf sigbaar voor hom neersit in die Karooveld, die bokke kom al hoe nader om die ding te bekyk, n dan skiet hy hulle in die kop op 25tree.

Het jy ook so 'n plan?

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:04 am
by tau
https://en.wikipedia.org/wiki/Aposematism

Ek dink die pienk roer bewys die Apostmatic colouring teorie dan verkeerd.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:27 am
by Hansieslim
Ek is baie beïndruk met die skote. Ek neem aan dit is alles kopskote?

Ek besit nog nie iets soos 'n .22LR nie, maar dit is nou tyd dat ek so iets aanskaf. Omdat ek "anders" is (nie gay nie), het al geloer na goed soos die .17 centrefire en die .204 Ruger omdat ek nie noodwendig 'n .22 wil aanskaf nie. Ek weet albei hardloop teen hoë spoed en is inherent akkurate kalibers.

So 'n paar vrae asb:
- Hoe beskikbaar is die komponente van 'n .204 as ek self wil herlaai?
- Hoe beskikbaar is winkel/fabriekspatrone?
- Is die komponente (of selfs die winkelpatrone) nie baie duur nie?
- Watter greine punte word gelaai in 'n .204?
- Wat is die doodmaakvermoeë van 'n .204 as mens nie vir die kop skiet nie?
- Tot op watter afstande kan mens springbok size diere dood met hart/kopskote?
- Is dit enigsins 'n kaliber wat mens 'n rooibok op 200m 'n hart/longskoot mee kan gee?
- Tot watter grootte diere kan mens veilig jag met 'n .204

Die antwoorde het ek dalk al reeds vir myself uitgedink, maar ek sal graag ander opinies wil hoor.

Dankie

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:27 am
by NicoSmit
Jy bedoel seker Trueworths in Bloem

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:45 am
by Nico Harris
So 'n paar vrae asb:
- Hoe beskikbaar is die komponente van 'n .204 as ek self wil herlaai?
Redelik van tyd tot tyd. Koop maar n minimum van 500 punte op n slag en as jy helfte gebruik het begin solank weer rondkyk.

- Hoe beskikbaar is winkel/fabriekspatrone?
Ek nog nie gekoop nie, maar EK DINK nie vollop nie.

- Is die komponente (of selfs die winkelpatrone) nie baie duur nie?
Kompinente is nie baie duur nie. So R300vir 100 punte. Doppe ook nie te duur nie. Soos ander kalibers betaal jy maar duur vir norma ens.

- Watter greine punte word gelaai in 'n .204?
26gr,32gr,40gr en 45gr.( ek verkies 32gr)

- Wat is die doodmaakvermoeë van 'n .204 as mens nie vir die kop skiet nie?
As daar nie wind is nie sal EK kop skiet tot op 300yds.

- Tot op watter afstande kan mens springbok size diere dood met hart/kopskote?
Persoonlik nie verder as 250yds nie.

- Is dit enigsins 'n kaliber wat mens 'n rooibok op 200m 'n hart/longskoot mee kan gee?
Met gs custom - ja. Maar in ruig bosveld gaan jy soek.

- Tot watter grootte diere kan mens veilig jag met 'n .204?
Ek sou maks tot op rooibok gaan.

Die bogenoemde is my PERSOONLIKKE OPINIE.

Groete

Nico

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 11:09 am
by Geno
- Hoe beskikbaar is die komponente van 'n .204 as ek self wil herlaai?
Redelik beskikbaar, maak maar soos Nico en koop genoeg as jy kan kry.

- Hoe beskikbaar is winkel/fabriekspatrone?
Het al by Camdix, Nic Yale en S&O gesien.

- Is die komponente (of selfs die winkelpatrone) nie baie duur nie?
Nee wat. Laaste ammo wat ek gekoop het was R200/20 rondtes.
V-Max is rondom R300/100.

- Watter greine punte word gelaai in 'n .204?
26-45gr

- Wat is die doodmaakvermoeë van 'n .204 as mens nie vir die kop skiet nie?
Ek het al vlakvarke en springbokke op die lyf geskiet sonder issues. Het ook 'n Swartwildebees op die nek geskiet.

- Tot op watter afstande kan mens springbok size diere dood met hart/kopskote?
385m is my verste skoot op 'n springok sover.

- Is dit enigsins 'n kaliber wat mens 'n rooibok op 200m 'n hart/longskoot mee kan gee?
Met die regte koeels, soos Kriek s'n, ja.

- Tot watter grootte diere kan mens veilig jag met 'n .204
Wetie. Grootste wat ek geskiet het is swartwildebees.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 6:28 pm
by Bakkies303
Geno, watse kolf het jy op die geweer? Is dit standaard of gemaak!

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 7:25 pm
by Geno
Dis 'n Boyds Pro Varmint met verstelbare wangstuk, Limbsaver pad, en stippling.
Ons voer hulle so in.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 9:06 pm
by Bakkies303
Dankie Geno. Wat kos so 'n kolf en sal hy werk op 300 Win Mag?

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:05 pm
by Nico Harris
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1.jpg

So lyk hy in blou. Daai kolwe is bakgat. Hy sal defnitief werk op n 300.

Groete

Nico

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Wed Oct 14, 2015 11:31 pm
by Bakkies303
Dankie Nico. Het juis nou die dag na hierdie foto gekyk en gewonder watse kolf dit is. Baie mooi. Na ek op hulle website was het ek egter gedink die Pro Varmint is net vir .22.

Groete
Elmo

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Thu Oct 15, 2015 9:18 am
by Ben
Daai kolwe is darm maar mooi. Ek wag juis vir n pepper kolf by Geno!

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Mon Oct 19, 2015 11:47 am
by Hansieslim
Nico Harris. Ek hou van JOU OPINIE. Dankie ook vir jou Geno. Ek is maar versigtig vir ligter kalibers (veral hart/longskote) en ek sal persoonlik nie 'n blouwildebees met hom aanvat nie. Liewer BangHans...

Ek het nou 'n beter prentjie in my kop oor 'n .204 se vermoëns. Dankie

Wat vir my die leersaamste is, is dat julle albei klem lê op die "regte"/spesifieke punte as mens sou waag om hart/longskote te waag.

Dankie weereens.

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Tue Oct 27, 2015 8:42 pm
by Nico Harris
Plesier Hansie. In die klein geweertjies is die tipe koeel wat jy gebruik baie belangrik!

Re: Die pienk roer se kills

Posted: Sat Apr 02, 2016 9:04 am
by Hansieslim
Ai mense. Dis nou al weer 5 maande later en die jik oor 'n .204 het weer begin. Veral na n onlangse artikel in n jagtydskrif.
Al my maats raai my af en die term "barrel burner" duik kort-kort op om die vuur (met ietsie in die hand).
Wat is julle opinie oor die leeftyd van 'n .204 se loop?

Hier is 'n CZ .204 in 'n Pietersburgse wapenwinkel en .... Daai magasyn wat so voor die sneller onder die kolf uitsteek ... maak my mal !!!