Page 1 of 2
17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 3:51 pm
by pietjacobs
Middag Almal,
Ek was bevooreg om 'n 17" vark te skiet die naweek. Kan iemand dalk vir my se hoe laai jy fotos hier op want my insert image doen net mooi niks.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 3:53 pm
by Jagtersdok
Ek sal gou vir jou oplaai my mater
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:21 pm
by Jagtersdok
Hier is Pieta se wille wielneus wat hy vir my gemms het gestraand
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:24 pm
by Jagtersdok
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:25 pm
by Jagtersdok
Dit is net 'n plesier my ou vriend
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:27 pm
by pietjacobs
Thx Dok vir die moeite.
Ek moet net se dat die vark is laat middag geskiet en dit was al donker toe die boer my kom oplaai, dus die foto wat in die aand is. Hel, ek het sommer vark koors gekry toe ek daai vark in my scope kry.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:27 pm
by Christo
Eeui
daai is mooi.
Ek het een aand so meneer gesien en besluit ek het genoeg gejag vir die dag, sal hom more kry. Hy spook nog altyd by my.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 4:35 pm
by KLASIE
Daai is baie mooi en baie groot dit moet hoog op wees in die rowlandward het jy al gekyk dis n monster mooi gedoen, piet
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 5:15 pm
by Gerhard
Baie geluk.
Daai size vark skop jy nie agter elke bos uit nie...
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 6:18 pm
by 300Winmag
Jo jo !! Baie geluk !
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 6:48 pm
by Geno
Piet,
Baie geluk! Dis regtig een keer in 'n leeftyd se vark, my broer het 'n 16duimer geskiet, sy eerste en enigste vark ooit! Ek sal maar aanhou soek vir daai klas van wielneus! Waar het jy gejag?
Groete,
Eugene
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 6:49 pm
by pietjacobs
Ja Rowland is 13" so ek is darem 4" oor Rowland. 8) Die record is 24". EK dink daai was 'm helse groot vark
Nou moet hulle hom net mooi opstop vir my ;D
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 6:52 pm
by pietjacobs
Geno - ons het by Ellisras gejag. Ons was baie gelukkig. Een van my vriende het 'n 57" Kudu bul ook geskiet, dus 2 rowlands vir ons vir die naweek.
Ek wil net byvoeg dat ons het net so paar km verder van waar ek my vark geskiet het ook 'n ander vark gekry wat vir my nie veel kleiner gelyk het nie, maar hy was te slim vir ons, dus is daar defnitief nog so oom wat daar rond loop.
Die boer het ook voor die tyd vir ons gese van die 2 varke.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 7:22 pm
by Jagtersdok
Ek soek ook een van daai wilde wielneuse met die Harley Davidson handles
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 7:32 pm
by Wouter Roets
Piet
Weklike mooi beer daai! Wragtig iets om op trots te wees!
Groetnis
Wout
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Sun May 22, 2011 10:33 pm
by boeta
Piet
Baie mooi vark daai.Min manne sal ooit die voorreg he om
met so n grote te kan spog.
Boeta
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Mon May 23, 2011 7:31 am
by Frederik
Mooi vark daardie jy kan baie gelukkig wees ek het so groot vark geskiet toe ek 16 was sy een tand was halfpad af en die ander ook 17" het toe geen fotos geneem nie en die tande in 'n boks gegooi waar my ander vark tande was met baie ander groot varke ook. Toe ek PTA toe kom het ek vriend ontmoet wat die tande by my alles gekoop het om juwele te maak en die 17" het ook saamgegaan ek kan nou nog my gat skop. Veral as julle manne moet weet vir wat ek die stelle tande verkoop het.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Mon May 23, 2011 7:47 am
by Dawid
Magtig Piet, dis regtig n bielie van n vark. Lyk nogals of die kerel sy tande mooi opgepas het (het seker gereeld sy tandarts besoek en mooi geborsel).Sulkes is baie skaars, Baie geluk en ook aan jou jagmaat met sy Koedoe.
Gooi kole manne en skiet reguit.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Mon May 23, 2011 8:45 am
by Beyers
BAIE GELUK.
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Wed May 25, 2011 8:37 am
by Jaco Swart
Bie mooi vark.
As ek nou mag vra , wat vra 'n plaaseienaar as jy so groot vark skiet?
Groetnis
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Wed May 25, 2011 9:04 am
by pietjacobs
Jaco, ek het R550 betaal vir hom. Ons jag elke jaar by die boer, Hennie. Hy vra vir al sy varke R550
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Wed May 25, 2011 9:20 am
by Jagtersdok
Daai is nie slegte prys nie
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Wed May 25, 2011 10:35 am
by Jaco Swart
Dok.
Daai noem jy nie 'n slegte prys nie jy noem dit "VERNIET"
Groetnis
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Thu May 26, 2011 5:58 pm
by DawieKotze
black-sam!!!! (as ek so mag s?) Dis die langste tande wat ek nog gesien het. Mooi man!
Re: 17 Duim vlakvark
Posted: Thu May 26, 2011 7:30 pm
by Jagtersdok
Pieta
As ek reg kan onthou kan jy miskien nog so 2duim wen.
Neels