Page 1 of 1

Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:09 pm
by Ponkie
Manne

Hierdiie mannetjie het die aand voordat hy moes slagpale toe gaan uit die kraal gespring en ons het hom 'n maand later in die berg alleen sien loop. Daar was nie 'n draad wat hom kon keer nie en ons het vele kere probeer om hom net in 'n kraal te kry. Todat Pa Ponkie sy mo@r gestrip het vir die skaap met die 4 blaaie en gese het ek en Tiny moet hom maar 'n loodpilletjie gee. Ek lieg nie as ek se die naaste wat jy aan hom kom is 300m! Hierdie ram was erger as 'n koedoe! ;D

[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C03589.jpg[/img]

Groetnis
Ponkie

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:14 pm
by BLOK
Mooi ram. HUlle word vreeslik wild, ons het so drie jaar terug iewers naby Douglas gejag waar hulle ook wild op die plaas geloop het. Ek het probeer een skiet maar kon nooit n skoot inkry nie jy sien hulle net as hulle weghol.

Blok.

Watse geweer is daai lyk soos n gedraaide Mannlicher loop.

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:19 pm
by Ponkie
Blok

Ja hierdie oukie het my darem 'n hele klompie lammers gegee en sy tande het al begin sluit en toe moes hy maar die lorrie klim.

Dis 'n 308 Musgrave Safari. Dit het 'n skyfskietloop op. Musgrave het net 200 van hulle gebou en 'n Santa-babara aksie op hulle gesit.
Dink my Oupa het die geweer erens in die 80's op Bloemfontein gekoop.

Groetnis
Ponkie

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:23 pm
by Jagtersdok
Ekke is baie lief vir daai Santa barabas aksie.

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:44 pm
by Frederik
Mooi gedaan !

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:53 pm
by Gerhard
Lekke man.

Skaap ribbetjie en tjops saam met mielie pap en tamatie en uie sous...  ;)

Re: Rowland ward Damara-Ram

Posted: Mon May 23, 2011 4:56 pm
by Ponkie
Gerhard

Moet se, ek het die kudde nou so bietjie uitgebaster meer na meatmasters toe en nou moet jy daai ribbetjies proe! 'n man moet maar 'n stukkie brood saam dit vat, dis te vetterig! ;D

Groetnis
Ponkie