Page 1 of 2

Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 11:41 am
by Jaco Swart
More manne.

Hierdie Vlakvark is nou nie 17" duim nie , maar dit is my grootste tot op hede en hy gaan plek kry in my lapa.

Ek het hom op Theo E se plaas geskiet die naweek en omdat daar meer as een getuie was kan ek maar se dat ek hom op amper 400m platgetrek het met my 243. Dit was offisieel my verste skoot ooit.

Hy het 46 kg uitgeslag.

Theo weereens BAIE DANKIE dat ek die voorreg kon he om die vark te skiet.

[img width=358 height=480]http://i882.photobucket.com/albums/ac21 ... G_0509.jpg[/img]

Groetnis

 

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 11:43 am
by Jagtersdok
Baie mooi vark daai.

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 11:51 am
by Wouter Roets
Jaco

Mooi vark en ongelooflike skoot! Baie geluk ou maat!

Jy moet bietjie laat weet van daai saamkom naweek.

Groetnis
Wout

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 12:07 pm
by Frederik
Baie netjies en groot.  ;D

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 12:07 pm
by 300Winmag
Mooi vark daai - baie geluk!

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 12:08 pm
by Jaco Swart
Dankie Wouter en Dok

Wat ek sal voorstel is dat jy 'n paar datums gooi, dan beplan ons rondom dit.

Groetnis

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 1:14 pm
by BLOK
Waars die tanne ek sien net n wielneus met n bisycle rim op sy snoet ;D

Mooi tanne en geskiet.

Blok

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 1:22 pm
by Geno
Skielik is ek spyt ek't nie deurgery soontoe nie........
Great vark Jaco!

Groete,
Eugene

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 1:27 pm
by Jaco Swart
Geno.

Eerstens geluk met jou verjaarsdag wat ek gemis het. Mag die GROOT MAN sy hand van bewaring oor jou hou, en nog seen met vele verjaarsdae.

Ja dit sal jou leer. As jy genooi word gaan jy.

Groetnis

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 2:10 pm
by Nico Harris
Mooi Jaco! watse koeel teen watse spoed het jy gebruik?

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 2:13 pm
by Jaco Swart
Harris.

Ek het nog gewone PMP 100gr patrone wat ek uitskiet om die doppe te kan kry.

Spoed op hulle weet ek nie eintlik nie, maar ek het die punt geweeg en hy was 80gr.

Groetnis

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Tue May 24, 2011 9:23 pm
by Monrique (SJ)
Jaco

Netjiese varkie daai!!    ;) ;)

Groetnis

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Thu May 26, 2011 1:14 pm
by Theo E
Jaco .

Baie mooi vark. Dit is net 'n groot plesier. Ek is bly dat jy uiteindelik jou trofee vark kon skiet.

Manne, ek was by gewees en kan bevestig dat daai skoot baie naby aan 400m was.

Theo

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Thu May 26, 2011 3:02 pm
by PITSMIT
mooi gegooi jaco.  dis n knap skoot gewees. 

dis lekker as daai skoot klap en daar is daai bietjie tussen pose en jy hoor hy klap vas daar anderkant dan weet jy ook sommer dit was nou lekker v

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 8:46 am
by James Wilson
dis van die mees simetriese tande wat ek nog gesien het.

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 8:49 am
by Geno
Boys,
Ek het saterdag by Theo gaan kuier.
Ek het 'n vark op 60m HEEL-MIS geskiet! :'(
Ek noem dit solank voordat JacoS begin met sy stories! ;D

Skaam-Groete,
Eugene

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 8:53 am
by James Wilson
Geno wrote: Boys,
Ek het saterdag by Theo gaan kuier.
Ek het 'n vark op 60m HEEL-MIS geskiet! :'(
Ek noem dit solank voordat JacoS begin met sy stories! ;D

Skaam-Groete,
Eugene
dis net n ou goeie jagter wat dit erken.

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:05 am
by SmitH
Dit gebeur maar so af en toe met met enige jagter

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:07 am
by Flip Fouche
Ai man !!!!

Hoe laat was dit die midag??

Flip

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:13 am
by Geno
Oubaas Flip,
Net so voor 3uur..
Windstil, dooierus, als reg. Net die .308 se drywer wat deur die #@* was hehehehe.

Groete,
Eugene

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:33 am
by KSV
Oom Eugene,

Die son het seker daai grystof van jou warm gebak!  Toe line alles nie so mooi op nie. ;D

Maak mooi!
Hein

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:35 am
by Jaco Swart
Geno.

Watse stories. Ek wou nogal bel en se dankie dat jy kon saam gaan en nie 'n bydra lewer tot ons vleis kwota nie.

Verder het ons die afstande gerange en dit was darem 62 m

Groetnis

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:42 am
by Geno
Jaco S wrote: Ek wou nogal bel en se dankie dat jy kon saam gaan en nie 'n bydra lewer tot ons vleis kwota nie.
Groot plesier my maat! Ek het geweet jy en Theo het als onder beheer!
Dankie dat jy my geselskap gehou het op die pad, net jammer ek moes jou uit die bed uit skop....

Groete,
Eugene

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 9:51 am
by Jagtersdok
Toemaar Babaleeu

Dit gebeur met almal.
Dit hou ons nederig

Neels

Re: Vlakvark te Nietverdient

Posted: Mon May 30, 2011 12:32 pm
by Wouter Roets
Ha Babaleeu

Nou voel ek beter! Het die vorige naweek n bobbejaan ook goed skrikgemaak op 60m en dit nogal voor Sullevin en n vol gameveiwer! Lanklaas so groot aap gevoel.

Groetnis
Wout