Page 1 of 1

Laaste Jag vir 2015

Posted: Wed Sep 02, 2015 2:15 pm
by FrancoisW
Hi almal,

Ons was weer bevoreg om laas naweek 'n laaste jag naweek te kon geniet.

Vrouens en kinders het met die een saam gegaan.
20150829_173031_resized.jpg
Ek was gelukkig om in 'n mooi blouwildebees bul vas te loop.

Het hom met my 375 op so 100 meter met 'n 300gr PMP skeins van voor geskiet. Hy het so 60 meter gevat voor hy geval het.
20150829_144128_resized.jpg
Het ook 2 rooibokke en 2 vlakvarke raak geloop en koelkamer toe gestuur.

Daar is darem min dinge so lekker soos om met goeie vriende en jou gesin om 'n bosveld vuur te sit en kuier.
DSC_0014.jpg
As dit maar net meer gereeld kon gebeur.....

Tot volgende winter.

Re: Laaste Jag vir 2015

Posted: Wed Sep 02, 2015 2:18 pm
by FHM
Francois jou gelukkige bksm! ;)
Lyk sommer lekker so saam die familie man, en baie geluk met jou bokke en varkies.
Ek beny die manne wat nou-nog kan jag ;)

Mooiloop

Re: Laaste Jag vir 2015

Posted: Wed Sep 02, 2015 3:10 pm
by RUPERT
Daai BWB is n masjien gewees.Baie geluk

Re: Laaste Jag vir 2015

Posted: Wed Sep 02, 2015 3:14 pm
by Chevvy SS
Lekker man!

Re: Laaste Jag vir 2015

Posted: Wed Sep 02, 2015 5:04 pm
by tau
Baie mooi BWB!!!! Geluk.

Re: Laaste Jag vir 2015

Posted: Thu Sep 03, 2015 11:04 pm
by OU VOORSLAG
Baie geluk. Mooi gegooi.