Page 1 of 1
Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 12:26 pm
by gs23139
Goeie dag,
Ek het April 2015 lisensie gekry vir 416 Rigby.
Ek het paar maande gesukkel om hom te "Zero"
Formalito het toe besluit om hom te vervang met nuwe wapen en dus nuwe reeksnommer.
Moet ek weer van voor af aansoek doen of kan ek die SAPS 521 (NOTIFIACTION of INCORRECT INFORMATION) gebruik?
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 4:36 pm
by Boomstomp
Sover my kennis strek is dit spliternuwe lisensie aansoek (nuwe vuurwapen).
Saam met dit moet jy die vorms invul om die ou ene van jou naam af te verwyder.
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 4:38 pm
by jamalley
As jy 'n totale wapen vervanging doen is dit 'n nuwe aansoek.
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 4:54 pm
by Finfan
Dit sal n nuwe aansoek wees as dit n ander vuurwapen is.
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 6:09 pm
by DawieKotze
Ek stem nie heeltemal saam met die manne hierbo nie.
My CZ is ook vervang deur Formalito en my DFO (ek vertrou hom) het my die SAPS 521 (g) vorm (Notification of Incorrect Information) laat invul. Saam met die brief vanaf Formalito wat sê die wapen is foutief, die handelaar se vorms vir die nuwe geweer, gee jy weer al die nodige motiverings en fotos in.
Indien dit presies dieselfde kaliber, model en maak is, is dit die roete wat jy moet volg.
Maak asb net doodseker dat jy die SAPS 534 invul en vir Formalito gee sodat hulle dit kan laat stempel by CFR en jou DFO dan die proses volg om die wapen van jou naam af te kry.
Ek is sopas hierdeur en wag vir Formalito vir my 534
Groete
Dawie
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Thu Sep 03, 2015 11:04 pm
by Nowon
madako wrote:Ek stem nie heeltemal saam met die manne hierbo nie.
My CZ is ook vervang deur Formalito en my DFO (ek vertrou hom) het my die SAPS 521 (g) vorm (Notification of Incorrect Information) laat invul. Saam met die brief vanaf Formalito wat sê die wapen is foutief, die handelaar se vorms vir die nuwe geweer, gee jy weer al die nodige motiverings en fotos in.
Indien dit presies dieselfde kaliber, model en maak is, is dit die roete wat jy moet volg.
Maak asb net doodseker dat jy die SAPS 534 invul en vir Formalito gee sodat hulle dit kan laat stempel by CFR en jou DFO dan die proses volg om die wapen van jou naam af te kry.
Ek is sopas hierdeur en wag vir Formalito vir my 534
Groete
Dawie
Ek het ook so gemaak maar toe op die einde het ek net weer 'n nuwe aansoek gaan doen vir 'n nuwe geweer. Dit het vinniger uitgewerk.
Re: Wapen reeksnommer verander
Posted: Fri Sep 04, 2015 12:00 am
by Nico Harris
Ek moes hom oor doen. Die 534 was tot by cfr toe se hulle as meer 3 nommers verander doen jy hom oor. KLAAR.
Groete
Nico