Page 1 of 2

Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:36 am
by BLOK
Maat van my het n klein plasie wat vir boogjag lekker sal werk. Ons wil kyk na so een of twee blinds opsit. Ons het baie goeie idees gekry oor wat werk en wat werk nie, hoogte kleur ens., maar ons kon geen inligting kry van wat minimum en maksimum afstande is wat jagters kan skiet nie.

Ek weet hier is klomp manne soos Gerhard met heelwat kennis wat dalk san kan help.

Blok

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:40 am
by marno
Hi mnr,

Ons boog jagters hou gewoonlik nie daarvan om verder as 30m te skiet nie.  Die blinds word gewoonlik op gesit vir so 20m skote.

Hoop dit help.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:47 am
by Gerhard
Blok,

Onthou afstande in die boog jag omgewing werk in yards nie meters nie.

Jou gemiddelde skoot uit n hide is so 18 tot 22 yards.

Skote verder as 25 yards gebeur nie baie nie.

Jy is welkom om my te kontak oor hoe en wat julle beplan met die hides en ek sal help waar ek kan.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:52 am
by marno
Moet net seker maak die ingang na die hide is reg ens.

Een van my pelle het nou die dag in 'n hide gesit en toe hy weer sien is daar 'n jong bobbejaan saam hom in die hide, die hide het net 'n sak gehad as 'n deur agter en nie 'n ordentelike deur nie.  Daai bobbejaan het hom lelik gekrap om daar te probeer uitkom en gelukkig toe weer die uitgang gekry..

Kon lelik geraak het.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:56 am
by Gerhard
marno wrote: Moet net seker maak die ingang na die hide is reg ens.

Een van my pelle het nou die dag in 'n hide gesit en toe hy weer sien is daar 'n jong bobbejaan saam hom in die hide, die hide het net 'n sak gehad as 'n deur agter en nie 'n ordentelike deur nie.  Daai bobbejaan het hom lelik gekrap om daar te probeer uitkom en gelukkig toe weer die uitgang gekry..

Kon lelik geraak het.
Bobbejaan is niks...

Wag tot jy die hide deel met n swart mamba...  :o

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 10:58 am
by marno
Eish Gerhard!! Ek het al gehoor dit gebeur ook.  Gelukkig nog nie met my gebeur nie.

Ek dink ek sal 'n nuwe onderbroek kort as so iets met my moet gebeur!

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:05 am
by BLOK
Dankie manne

Gerhard ons het heelwat navorsing al gedoen oor die hoogter plasing ensovoorts. Soos ek se ons weet nou net nie op watter afstande julle skiet nie dus kon ons nog nie mooi besluit oor waar ons die hedes wil plaas nie.

Dis op die stadium ook nog nie n uitgemaakte saak oor of ons die hides gaan opsit en of ons die jagters wil laat loop en bekruip nie. Die wild is rerig baie mak so dit kan ook gedoen word.

Ek sal jou nog op n latere stadium kontak dan kan ons dit beter bespreek.

Blok

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:10 am
by marno
Walk & Stalk is vir my die lekkerste met die boog.  Baie groot uitdaging. 

Ek gebruik my ghielie suit as ek walk & stalk en werk redelik goed, solank die wind ook net saam speel.  :D

Maar baie mense hou nie van walk & stalk nie so dink altwee opsies sal julle na moet kyk.

Ek het so maand terug 'n kanadees ge-guide vir 'n eland boog jag.  Die wind het saam gespeel en die ghilie suits het gewerk toe kon ons tot 20y van hulle af kom.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:11 am
by Gerhard
Onthou jou jag sukses met loop en bekruip is so 1 uit 25 vir n jagter wat weet wat hy doen.

Jou hides gaan meer suksesvol wees en jou wild sal nie wild raak agv hides nie.

Jy kan kyk na Tree stands, elevated hides, pit hides en dan ook pop up's wat mens kan af haal na die seisoen.

Ek persoonlik hou nogal van die idee om n sement blad te gooi wat as vloer vir n pop up dien. n Week voor die jagters kom word die pop up op gesit  en na di jag weer af gehaal.

Baie vinnig en min infra struktuur word benodig.

Groete

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:17 am
by marno
Gerhard wrote: Onthou jou jag sukses met loop en bekruip is so 1 uit 25 vir n jagter wat weet wat hy doen.

Jou hides gaan meer suksesvol wees en jou wild sal nie wild raak agv hides nie.

Jy kan kyk na Tree stands, elevated hides, pit hides en dan ook pop up's wat mens kan af haal na die seisoen.

Ek persoonlik hou nogal van die idee om n sement blad te gooi wat as vloer vir n pop up dien. n Week voor die jagters kom word die pop up op gesit  en na di jag weer af gehaal.

Baie vinnig en min infra struktuur word benodig.

Groete
Ek sien wel al hoe meer plase begin elevated hides en pit hides gebruik.  Ons was laas jaar op 'n plaas wat daar pit hides is en die ou en die dak van die pit hide gemaak sodat dit soos 'n miershoop lyk. baie nice.  het ook 'n sement vloer in gehad met 'n mat sodat niks raas in die hide nie.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:29 am
by marno
Ludwig wrote: Blok, loop en bekruip is nie binne alle gemiddelde boogjagters se vermoens nie. Ek het 90% van my jagte met die boog met hierdie metode gedoen, en was omtrent net 10% van die tyd suksesvol. Dan praat ek van suksesvol, bedoelende darm 1 bok kon skiet vir 'n volle 3 dae in die veld. Meeste boogjagters wat hulle dagfooie betaal, petrol uitry om op die plaas te kom, kos en drank en al die ander kostes aangaan, wil 'n bietjie groter waarborg van sukses h?. Selfs al is die diere mak, verg dit baie geduld, skill en fiksheid om binne 30y van 'n bok te kom te voet. Ek het ook al op plase gejag waar die boer ges? het die wild is baie mak. Mak tot op so 70y van hulle af, maar sodra jy binne hulle gemak sone beginne beweeg word alle wild ewe wild. Ek moet nog op 'n plaas kom waar mens sonder moeite binne 45y van die bokke af kan kom. Met loop en bekruip kom daar ook ander faktore ter sprake. Gaan jy toelaat dat die jagters man alleen agter die wild aan kruip of gaan jy 'n gids saam met hom in die veld sit? As jy 'n gids saam met hom gaan laat loop, word die geraas en beweging in die veld verdubbel en word dit baie moeiliker om binne tref afstand van die bokke te kom. Ek hou van plase wat my die opsie bied om te loop en bekruip met die boog, maar as dit die enigste opsie is, gaan jy bitter min aftrek onder boogjaters kry, want baie min van hulle is lus om vir 3 dae, 6 ure per dag in die veld agter bokke aan te loop om 1 bok te kan skiet.
Die is nou baie goed gestel Ludwig.  Ek stem 100% saam.  Mense besef dit nie maar daai klein woordjie van fiksheid is vrek belangrik as jy wil walk & stalk.  Ek het al mense gevat, bekruip met moeite ens ens, kom naby die bok (dis nou die 10% van die kere wat jy binne skiet afstand kom) dan as hulle draw is hulle so moeg en kan nie daai boog stil hou nie.  Net daar se ek vir hulle om nie te skiet nie want dit gaan lei tot kwes skote.  Die feit bly staan die meeste mense wil nie walk en stalk nie want die kanse om uit 'n hide uit iets te klits is 95% beter.

Ek is jammer, maar ek sal nie 'n boog jagter alleen in die veld in stuur om te gaan walk & stalk nie.  Baie mense is kans vatters en skiet sommer net al staan die bokke nie eers reg sodat die jagter 'n etiese skoot kan skiet nie.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:35 am
by BLOK
Ek luister alles wat julle manne se en dit maak sin.

Ludwig as jy bokke soek om te skiet nader as 50 meter bel my hierdie goed is so mak ek loop daai afstand partykeer van hulle af en dan skrik hulle nie eers nie. Dis een van die groot redes hoekom ons boogjag oorweeg want vir geweerjag kan mens dit nie jag noem nie eerder moord.

Blok

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:40 am
by Gerhard
Blok,

Voor jy n man met die boog laat walk en stalk moet hy met sy jag pyle 3 pyle binne n papier bord kan skiet op 40 yards anders gaan hy hide toe...

Die gemiddelde boog jagter gaan maar stoei om dit reg te kry.

Ek oefen baie op 60 yards en verder maar my persoonlike max afstand op wild is 40 yards en dan moet alles 100% wees.

Waar is die plaas?

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:44 am
by marno
Gerhard wrote: Blok,

Voor jy n man met die boog laat walk en stalk moet hy met sy jag pyle 3 pyle binne n papier bord kan skiet op 40 yards anders gaan hy hide toe...

Die gemiddelde boog jagter gaan maar stoei om dit reg te kry.

Ek oefen baie op 60 yards en verder maar my persoonlike max afstand op wild is 40 yards en dan moet alles 100% wees.

Waar is die plaas?
JHO Gerhard!! Dit was nou funny, ek was besig om dieselfde te tik toe kom jou reply deur.

Ek wou se wat ek gewoonlik doen is om die ouens op 30 yards te laat skiet voor hulle hide toe gaan.  As ek sien dit gaan nie werk nie stop ek hulle net daar en se hulle gaan nie hide toe nie.  Die mense raak dan erg boos vir jou maar eerder dit as wat daar kwes bokke rond loop.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:51 am
by BLOK
Dis alles waar wat julle manne skryf dinge wat mens nie altyd in ag neem nie, maar ja dis mos hoekom ons almal hier op die forum is om by mekaar te leer en idees uit te ruil. Die pop up hides wat is hulle pryse so min of meer en is daar genoeg spasie vir die jagter en die guide binne.

Gerhard die plaas is so 15km uit Potch uit.

Blok.

Re: Jag afstande

Posted: Tue May 31, 2011 11:52 am
by marno
Dis baie waar wat Gerhard ook hier noem. Die jagters wat loop en bekruip raak ongeduldig omdat hy nie naby genoeg aan die diere kom nie, en begin dan kanse waag op afstande wat ver buite sy bereik is. Ek dink 40y is omtrent wat jou gemiddelde afstand met loop en bekruip gaan wees, en dan moet jy 'n goeie skoot kan maak. 'n Man wat nie 'n teiken so groot soos die vitals op 60y onder gemaklike omstandighede elke skoot kan raaksiet nie, gaan nie 'n 40y skoot op 'n bok kan maak as hy al vir  ure op sy hande en kniee rondgekruip het en moeg en uitasem is nie. Dan praat ons nog nie eens van bokkoors nie, en glo my as jy so naby aan bokke kom dat jy hulle kan ruik, begin daai koors lekker loop.
[/quote]

Bwooohahahahaa!! Van die bokkoors deel kan ek getuig.  Toe ek en daai kanadees so naby aan daai elande gekom het en ons weet hulle is net agter die bos waar ons weg kruip en jy begin daai "klak" "klak" geluide hoor wat hulle pote maak het dit gevoel of my hart in my keel klop.  Dit is skoon asof jy dink die bok gaan jou hartklop hoor.

Re: Jag afstande

Posted: Tue Sep 27, 2011 9:59 am
by SV MAD (Henk)
Het julle toe hides opgesit? Ek stem saam, 'n mens moet oefen sover jy kan. Vir my moet enige boogjagter eers kan wys hy kan skiet voor hy na 'n hide toe gaan, 3 pyle in papierbord op 40 of 3 pyle in klein piering op 20.

Re: Jag afstande

Posted: Tue Sep 27, 2011 1:49 pm
by henried
Blok, ek het vir Abraham inligting oor hides gestuur...

Ek het nog net een keer ge-W/S, dit was iets baie persoonlik, ek het 3kg in 2 dae verloor,was dom, het amper op 'n rinkals gesit, dink ek het amper ontwater...maar daai gevoel to ek dit regkry...

Ek sal dit baie graag weer wil doen.

Blok, daai plaas van Abraham hulle is baie nice, ek dink daar is 'n goeie besiheidsplan om dit 'n boogjag plaas te maak. Dit sal seker jou verantwoordelikheid wees om sekere te maak die manne skiet reg.

Iemand het iewers op 'n forum vertel van die boer wat 'n rooibok uit plaat laat maak het, duk plaat, hy het net die kill zone uit gesny. Die boogjagter moes dan 3 pyle in die kill zone sit op 20y. As hy mis is sy hele pyl kas toe.

Ek vir een sal baie bly wees as julle hides op daai stuk grond sit...

Re: Jag afstande

Posted: Tue Oct 04, 2011 6:16 pm
by henslin
Net bietjie terugpraat - "Voor jy n man met die boog laat walk en stalk moet hy met sy jag pyle 3 pyle binne n papier bord kan skiet op 40 yards anders gaan hy hide toe..."

"Die gemiddelde boog jagter gaan maar stoei om dit reg te kry. "

Dan is ek redelik bo die gemiddeld ( windgat !!) Kom so op sub 4" uit as ek regtig probeer.

Nou die vraag wat my gaan laat pak kry " Daai papierbord is wragtig nie goed genoeg nie " Of ons oefen te min en dink te veel van onsself of onse bogies is nie lekker nie.

Re: Jag afstande

Posted: Tue Oct 04, 2011 7:28 pm
by Christo J
Ek stem saam met jou. Ek sal se jy moet op 40yd een van die klein papierborde ten minste 95% raak skiet, maar die groot bord is te groot..

Altans my 2c.

Re: Jag afstande

Posted: Tue Oct 04, 2011 10:02 pm
by henslin
Christo - Het nou pas self met die storie begin na ek redelik suksesvol met die geweer gejag het. Al een keer redelik suksesvol met die boog gewerk. Het redelik skaam gekry toe ek 'n 3D erg gemis het. Die man wat vir jou die idee gee dat hy kan - kom bietjie met sy stories. Geen idee van naastenby nie - DIS OF RAAK OF MIS !!!

Re: Jag afstande

Posted: Tue Oct 04, 2011 10:06 pm
by Francois Marais
Henslin/Christo

Rooibok/Springbok/Blesbok se doodmaak area is 8" agter/op die blad, die groter bokke s'n is groter, dink julle n papierbord is grooter as 8" deursnee????

Mooi loop
Francois

Re: Jag afstande

Posted: Wed Oct 05, 2011 5:55 pm
by Christo J
Francois

Daar is n groot verskil waneer jy teiken skiet op n 5duim bord en waneer jy na n long area van 8 duim skiet. Daar is baie ander dinge wat n rol speel soos bv. bokkoors, dier wat beweeg ens.

Moenie dink dat as jy n 8duim bord raakskiet op 40yd is jy reg vir jag nie...

Groetnis

Re: Jag afstande

Posted: Wed Oct 05, 2011 7:58 pm
by henslin
Francois

Glo ons val in dieselfde bracket !! Het geen probleem met die 20 - 30 yard storie nie. Het verlede week begin met die langer afstande. Geen probleem nie -  EK BEWE TE VEEL !!!  Die bleddie 75mm teikens wil nie stil staan nie. Nou vir die manne wat al bietjie met die pompe gespeel het - ek skiet op die oomblik op die gemiddeld - het nog altyd gewerk vir vleis in die huis !

Gerhard - moet mens kyk na 'n swaarder stabiliser ?

Re: Jag afstande

Posted: Wed Oct 05, 2011 8:49 pm
by Gerhard
Wat se stabilizer het jy nou Henslin.

Dit is nogal n moeilike een want die goed is nogal duur om te koop en dan werk dit nie...