Page 1 of 2

Jag foto's

Posted: Sun Jun 05, 2011 9:53 pm
by Superdup
Naand

Ek wil graag hierdie foto deel met julle.

Dit was my 21ste verjaarsdag geskenk, is al reeds n paar jaar terug gewees, maar dit was asemrowend vir my om 'n eland bul te kon skiet vir 'n geskenk!
Ek jag al vandat ek kan onthou, maar hierdie een was een wat ek ALTYD na an my sal hou!

Groete

[img width=360 height=480]http://i812.photobucket.com/albums/zz45 ... G_0454.jpg[/img]

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Jun 05, 2011 10:05 pm
by Monrique (SJ)
Netjies neef.

Mooi bokkie daai. ;D ;D

Sal myne opsit more of so.

Groetnis

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Mon Jun 06, 2011 8:01 am
by BLOK
Wragtag n mooi bokkie ;D, my mond water nou sommer vir so kole gebraaide steak. Vertel ons meer waar het jy geskiet en met wat.

Blok

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Mon Jun 06, 2011 8:25 am
by 300Winmag
Mooi bulletjie daai - geluk met die 21ste (al is dit nou bietjie laat  ;D)

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Mon Jun 06, 2011 5:03 pm
by Superdup
Dit was naby Montagu!

Het hom geskiet met my 7mm Rem Mag, eerste skoot in die veld met die geweer! Die geweer was eintlik deel van die geskenk ook..........  ;D

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Tue Jun 07, 2011 7:18 am
by gaaf
Jissie, baie nice geskenke!!

Daai is 'n baie mooio bul, hoop net nie dis 'n blou bul nie?  ;D

Groete

Gaaf

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Thu Jun 09, 2011 5:35 am
by PITSMIT
baie geluk superdup.  mooi gegooi en wat n besondere 21ste geskenke en ervaring.  voorwaar iets om te deel en te onthou

gaaf.  dit kan nie n bloubul wees nie want daai een se vleis het lekker gesmaak hehe ;D ;D

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Thu Jun 23, 2011 6:02 pm
by .::Alwyn-U::.
MASSIVE! baie lekker gegooi!

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:41 am
by Hugov
Baie mooi bul daardie.
Is my droom om so knaap te jag.
Wel gedaan.
Cheers H

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:47 am
by Dewie
Halo oom Dup

Dit is mos nou 1 van die beste geskenke wat 'n jagter kan kry
Geluk ek hoop oom het daardie geskenk geniet

Dewie

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Fri Aug 12, 2011 12:40 pm
by Superdup
Dankie

Ek moet s?, ek sali omgee om weer 21 te word nie :)!

Groete

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sat Aug 13, 2011 12:51 pm
by Superdup
Hier is 'n ou springbokkie wat ek Mei maand geskiet het naby Richmond, moet s?, het twee keer gedink voor ek geskiet het, want hierdie outjie lewendig, vol trots, was regtig een van die mooiste dinge wat ek al gesien het.

[img width=560 height=420]http://i812.photobucket.com/albums/zz45 ... 110691.jpg[/img]

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sat Aug 13, 2011 4:27 pm
by .::Alwyn-U::.
Superdup

Vertel bietjie meer van jou KD? Hoe lank is hy, wiet hom gemaak..  Lyk netjies

Groete
Alwyn

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sat Aug 13, 2011 10:11 pm
by tripodmvr
Alwyn-U

As jy nou van die vroulike spesie was het ek erg verdenkinge oor jou vrae gehad.

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sat Aug 13, 2011 11:51 pm
by .::Alwyn-U::.
tripodmvr wrote: Alwyn-U

As jy nou van die vroulike spesie was het ek erg verdenkinge oor jou vrae gehad.
hahaha nee man ;D

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Aug 14, 2011 12:21 am
by Monrique (SJ)
@ Neef Dup

Netjiese skoot en n mooi Springbok.  Geluk man.

@ Alwyn

As ek reg onthou is daai n Kevin Healey KD van die neef. Een van daai lang kerels wat oor die loop skroef.


Groetnis

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Aug 14, 2011 8:36 am
by Superdup
Neef - Sorry, you are wrong

Alwyn

Die KD is gemaak deur Gavin Smith, Kaaimansgat, Villiersdorp! Hy is 340 mm in totaal, die overlapping gedeelte is 184 mm!

Groete

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Aug 14, 2011 9:06 am
by .::Alwyn-U::.
Hoe vergelyk die overlapping KD's met die normales?

Groete

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Aug 14, 2011 9:48 am
by Superdup
Alwyn

Jong, dit hang ma af van persoon tot persoon, vir my doen dit maar dieselfde job, recoil word effens meer verminder en balansering is, persoonlik beter!

Die ander aspekte sal mens maar oor moet redeneer!

Groete

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Sun Aug 14, 2011 7:28 pm
by Monrique (SJ)
Dup


Weet nie hoekom ek Kevin gese het nie, dis reg ja, n Gavin Smith KD


Groetnis

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Mon Aug 22, 2011 3:25 pm
by Superdup
My ma se eerste bok
Tyd: Laas Week
Plek: Namibi?, Keetmanshoop
Geweer: Oupa Dawid se Musgrave 30-06 met Lynx 6x44
PMP 150gr, 120m, karkas 110kg
[img width=560 height=420]http://i812.photobucket.com/albums/zz45 ... asebok.jpg[/img]

Re: Onvergeetlike ervaring

Posted: Mon Aug 22, 2011 3:31 pm
by Superdup
My pa se eerste Gemsie vir die jaar!
Koei
.270 Lyttelton RSA met Nikon Monarch 4-16x42, Gavin Smith KD
PMP Proamm 150gr
[img width=560 height=420]http://i812.photobucket.com/albums/zz45 ... 011052.jpg[/img]

Re: Jag foto's

Posted: Wed Oct 12, 2011 11:42 am
by Geno
Dup,
Mooi bokke wat jou ouers geskiet het!

Re: Jag foto's

Posted: Wed Oct 12, 2011 1:39 pm
by Superdup
Geno

Thanks ou maat!

Re: Jag foto's

Posted: Tue Mar 06, 2012 11:52 am
by Superdup
Ek plaas hom maar nou, omdat ek beginne terug kyk na fotos van vorige jagte en hierdie jaar se planne beginne agter mekaar kry. My g@t jik ma net alweer ;D

Hierdie koedoe het ek geskiet in die Northam distrik in November maand, Vincehond het hom gere?l vir my. Dis my eerste Bosveld koedoe.

49.5", 300WM 220gr PMP op so 120m!

[img width=560 height=420]http://i812.photobucket.com/albums/zz45 ... 6-1327.jpg[/img]