Page 1 of 1
My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:24 am
by gaaf
My pa jaga al van dat hy 9 jaar oud is, hy het al die geleentheid gehad om alles te kan skiet wat daar te skiet kon wees, en het self die 2de plek op Roland Ward beklee met 'n kneuwel van 'n Lechwe. Maar hy het egter nog nooit 'n Nyala en Gemsbok geskiet nie, en dan kamelperd, maar hy wil nie graag kameelperd skiet nie.
So het hy die jaar die geleentheid gekry om sy eerste Nyala te skiet, en hy was om trent trots op homself. Ek en my broer het beide die geleentheid saam hom geniet. Hy was 27" so amper 'n trofee.
Dit was great pa ons het dit baie geniet saam jou!
Ek moet byse, daai biltong was vir my baie lekkerder as kudu!
Groete
Gawie
http://i1138.photobucket.com/albums/n52 ... ns/080.jpg
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:25 am
by gaaf
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:26 am
by marno
Baie mooi bok Gawie!! Se baie geluk vir die oom.
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:33 am
by gaaf
Dankie, net jammer hulle het die fot nie so mooi geneem nie, ek was nie daar nie, so kon hulle nie ronde order nie.
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:34 am
by marno
Ag toemaar ou maat! Ten minste is die bewyse da dat die bok geval het.
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:39 am
by gaaf
Baie waar ne!
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Wed Jun 08, 2011 12:07 am
by Francois Marais
Gawie
Baie mooi bul....baie geluk.
Mooi loop
Francois
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Wed Jun 08, 2011 3:36 am
by Gerhard
Francois Marais wrote:
Gawie
Baie mooi bul....baie geluk.
Mooi loop
Francois
+1
Baie geluk
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Wed Jun 08, 2011 8:04 am
by grumpy
Baie mooi. Hoop sy droom word bewaarheid om alles te skiet wat hy nog nie geskiet het nie.
Ek het die jaar nou begin met my seun. Sy eerste bok was n Rooibok ooi. Sy volgende bok sal hopenlik n Blesbok wees. Ek moet maar dat ons skiet wat die begroting toelaat.
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:57 am
by Monrique (SJ)
Spoggerig en baie mooi!!
Groetnis
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Wed Jun 08, 2011 1:37 pm
by Dawid
Baie geluk aan jou Pa met sy Njala. Dit bly darem maar n mooi bok.
Dis uitstekend dat julle jong manne dit saam hom kon meemaak
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Thu Jun 09, 2011 5:18 am
by PITSMIT
se vir die oom dis n pragtige bul. baie geluk
wie se mens moet jonk wees om n eerste te deel. maak nie saak wanneer nie dit bly n besondere voorreg
ek wens ek kon nog sulke oomblikke met my pa deel maar dis nie meer moontlik nie
baie geluk julle
groete
Re: My pa se eerste Nyala
Posted: Thu Jun 23, 2011 6:03 pm
by .::Alwyn-U::.
LEKKKKKKKER!
