My eerste "Regte" jag
Posted: Wed Jun 08, 2011 11:18 am
So ek het gister die voorreg gehad om bietjie hier naby ons te gaan jag met my nuwe CZ 3006.
Ons het so omtrent 8h30 begin rondry in die Polaris om te kyk waar die swartwildebeeste is, ons het 'n klomp gesien wat onder 'n klipkoppie staan, toe ry ons om en beweeg in die rigting van die koppie, die wind was reg van agter, so die manne het ons geruik en toe reeds onraad vermoed, wel eks in my kortbroek met my ly oor en deur die klippe om te probeer 'n skoot kry, net toe ek oor die klip kyk toe hardloop hulle.
So het ons nog 2 keer gestalk, waar ek een keer 'n skoot gehad het, maar ek was nie gemaklik met die afstand nie, het vir my gelyk soos 200m, toe staan ons maar oor. Toe kry ons nog 'n trop, en beweeg ver onder die wind in, ons het seker so 400m gestalk en kon toe binne 120m kom, bok is uitgesoek, stokke oopgemaak en die skoot het geklap, raak was dit definitief. Maar toe begin die goete mos hardloop....
Wel ons het so ruk gesit en wag en toe begin ons stap, en so 200m verder toe l? die bok voor ons in die gras.
Dit is nogals vreemd om te sien hoe groot hulle vertoon, maar as hulle daar l?, is hulle ewe skielik klein.
Skoot is deur die borseen, en onderkant van long. Bok het plankdwars gestaan.
[img width=560 height=420]http://i56.tinypic.com/25z4gba.jpg[/img]
Die gids het die polaris gaan haal en ek het die bok reggekry vir fotos, na die fotos geneem is is die bok gaan aflaai om solank geslag te word.
Ons het nie lank gesoek om mooi rooibokke te kry nie, ons het nader gery, gestop en so klein ent gestalk, bok gekies, stokke oop en die skoot klap.
Ek was so trots toe die knaap net daar ins sy spore neerslaan, met 'n mooi skoot deur die nek.
Horings is gemeet en fotos geneem. Die een was 22" met 'n mooi groot lyf. 37.2kg uitgeslag.
[img width=560 height=420]http://i56.tinypic.com/eq2zbb.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i54.tinypic.com/14nkait.jpg[/img]