Page 1 of 1

Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 3:48 pm
by Biltong
Pa is baie trots op sy 13jarige Bianca wat hierdie seisoen haar eerste bok geskiet het.

Na 'n lang bekruip en met vierde aanleslag kry sy die skoot in oor die skietstokke. Skuins van voor regdeur die hart -heelwat vleisskade omdat die voorbeen getref is.
[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... ooibok.jpg[/img]

.243 Musgrave
100gr Hornady Interlock
40m - Ruie bosveld in April.

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 3:51 pm
by marno
Baie baie nice man!!

Wys jou net niemand het gese dogters kan nie ook saam met hulle pa's jag nie.

Baie geluk aan jou en jou dogter!!

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 3:52 pm
by Gerhard
Baie geluk.

My dogtertjie is nou 7 en meskien is ek ook eendag gelukkig genoeg om haar te vat vir haar eerste bok...

Ek hoop sy skiet nou vir pa uit sy budget uit... ;D

Geniet elke oomblik

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 4:12 pm
by foxripper
Ek weet van n 17jarige meisie wat met haar honde n Luiperd geskiet het terwyl haar Pa in die hospitaal was weens n hartaanval. Sy het die plaas opgepas en sommer die Luiperd wat n kalf gevang het, se spoor gevat en hom gaan uitsort.


Jy weet nooit, miskien was sy een van die Navy Seals wat vir Bin Laden geklop het..  ;D

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 4:18 pm
by Biltong
Gerhard,

Ons beplan darem nog 'n jag saam hierdie jaar, maar haar ouer sussie moet nou eers ook 'n kans kry nadat sy die vorige keer nie 'n skoot kon inkry nie.

My jongste dogter is ook nou sewe, so ek moet nog baie jagteropleiding doen. Sy het darem al begin skiet met die .22 al kom dit nie mooi by nie.

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 4:30 pm
by Gerhard
Mooi man,

Geniet elke oomblik saam met hulle.

Ek sien my dogterjie heeltemal te min... :'(

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 4:43 pm
by gaaf
Baie nice, :)

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 5:38 pm
by 243Songdaug
Netjies man!  Baie geluk en baie sterkte...

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 5:49 pm
by Dawid
Biltong baie geluk aan jou en jou dogter.

Dis wonderlik om te sien die jong dames is ook lief vir die Jag sport en kan wapens veilig en met verantwoordelikheid hanteer.

Sterkte vir jou en die dogters in die jagveld vorentoe

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 6:06 pm
by Biltong
Dankie aan almal vir al die goeie wense.

In vandag se wereld, veral hier in die stad, moet mens maar jou bes probeer om die kinders, te kry om hulle besig te hou met goeie gesonde aktiwiteite.

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 6:46 pm
by Wismit
Pragtig man !!!

Dis werklik iets om op trots te wees.

Dis darem maar lekker biltong daai !!!!

Baie gelluk !!!!

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 7:33 pm
by Jaco Swart
Baie geluk aan beide van julle.

My 14 jarige dogter het ook hierdie jaar haar eerste diere gejag, 'n Vlakvark en Blouwildebees en ek kan getuig dat dit een van die lekkerste gevoelens in 'n Pa se lewe is.

Groetnis

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 8:49 pm
by Monrique (SJ)
Biltong

Baie geluk aan jou en aan jou dogter!  Mooi gemaak daar.

Groetnis

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 09, 2011 10:49 pm
by JPS
Biltong,
Baie geluk aan jou en jou dogter, ek het self ook vooreg gehad met my seun 2 weke terug om sy eerstes te kry.

Alle voorspoed met die res van jou kroos en julle jagte vorentoe. My dogter is 13 nou en ek hoop om haar ook nog te orred vir eendag.

Groete
JP

Re: Pa se dogter

Posted: Fri Jun 10, 2011 12:14 am
by PITSMIT
biltong en bianca

bianca jy is n doring.  dis baie mooi meisiekind en se vir pa die vleisskade maak nie saak nie noudat jy weet van hoe die ding werk gaan hy moet uithaal en betaal vir die jagtery.

soos ek kyk is daar oorgenoeg oor vir n paar lekker biltonge wat jy met hulle dalk gaan deel as jy wil ne. ;D ;)

mooi geskiet hoor

pitsmit

Re: Pa se dogter

Posted: Sun Jun 12, 2011 6:55 pm
by James Wilson
ek moet met piet saamstem sussa, se vir pa die skade aan sy beursie gaan nou baie meer wees as enige vleiskade!!!!
geluk julle twee ;D

a family that plays together, stays together!

Re: Pa se dogter

Posted: Thu Jun 23, 2011 5:59 pm
by .::Alwyn-U::.
oh hell... nog n jagter! ;D