Hallo...
Ek en Myburgh het besluit om nog vir oulaas 'n snaar te span voor die haan kraai vir 2016 se begin. Toe ons so 04h30 by die hide aankom vanoggend het die elande al vir ons daar gewag. Teen so 05h30 was die blouwildebeeste voor ons in die water , maar ek het vir 'n blesbokram gewag.....om en by so 07h00 het die mooi ram lekker swaaikop aangestap gekom. Hy het so bietjie rondgestap voor my en op 16m lekker skuinsweg gaan staan....Die Rage Hypodermic het sy teiken getref so 4 duim agter die voutjie en is uit op die oorkantste skouer....beide longe is getref en die hart ook. Met die wegspring kon ek sommer sien sy jaar is verby....hy het so 60m nog gehardloop en omgeval....hier is paar fotos...
Groetnis en 'n mooi 2016 vir julle.
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_062019_resized_zpsmlqtbebz.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_070423_resized_zpsgupvzkga.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_055742_resized_zpsu4i0hgl0.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_093910_resized_zpsir5xrcp3.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_092143_resized_zpsyg47yjxd.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_072140_resized_zpsqomfvvsl.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_072925_resized_zpsn0sqbwg2.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20151231_072827_resized_zpsedia0w06.jpg
Ek sluit 2015 af met die Mathews...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ek sluit 2015 af met die Mathews...
Baie geluk!
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Ek sluit 2015 af met die Mathews...
Netjies! Geluk