Page 1 of 2
My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:07 am
by Monrique (SJ)
Manne en dames
So het ek die voorreg gehad om saam met my Pa verlede Vrydag te gaan, waar hy n Eland gejag het. Hierdie was die 1ste jag vir my Pa in 9jaar, a.g.v sy werk kan hy nie net gaan jag nie, omdat hy sy eie besigheid bedryf, en los nie sommer die werks mense op hul eie. Dit was baie lekker en Hy het dit baie geniet. Hy wou graag n Eland skiet omdat hy nog nooit die kans of voorreg gehad het nie!! Dink dat hierdie n lekker vroee verjaardag geskenk was vir hom. Hy verjaar in Julie>
Hier is my Pa by die koei!
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070254.jpg[/img]
Ek en Hy saam!
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070256.jpg[/img]
Kan nie wag tot ons weer kan saam jag.
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:10 am
by marno
Awesome man!! Baie geluk!! Vertel bietjie meer. Watter geweer, hoe ver was die skoot etc.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:21 am
by Monrique (SJ)
Dit was met my .303 gewees, self gelaai met 150gr Hornady Interlocks. (Sal nog n foto plaas van die herwinde koeel). Skoot afstand was 128m, gerange! Bok is van skuins voor geskiet.
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:29 am
by BLOK
Aitsa
Mooi gegooi , darem lekker om so saam die groot manne te jag. Ek ruik al daai steaks in die olie.
Blok
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:32 am
by Gerhard
Baie geluk.
Waar het julle gaan jag?
Dis n baie mooi eland koei.
Sien uit om te sien hoe die 150gr gedoen het.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:51 am
by Frederik
Goed gedoen soos Gerhard se sal graag die koeel wou sien.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:57 am
by Raven
SJ,
Mooi man, altyd 'n voorreg as 'n man jou Pa kan uitvat, nadat hulle in hul jong dae soveel tyd gevat het om ons te leer.
In daai jare was dit meer oor die veld en die bok, as oor die kaliber, koeels ens.

.......en hoe jou g@tvelle gaan afgetrek word as jy 'n bok kwes.
Dit lyk vir my na sagte wereld waar julle gejag het, ek sien die koei se agterklou het ver uitgegroei.
Raven
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:03 am
by Monrique (SJ)
Raves, Gerhard
Dit is sand daar ja. Dit is so 100km noord van ons hier laag af teen die Weskus. Clanwilliam distrik, maar na die see se kant, dis waar die sand wereld is!
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:47 am
by Monrique (SJ)
Jammer vir die foto gehaalte, gou met die selfoon geneem. Die 150gr Interlocks weeg nou, 121.7gr. Nie te sleg, sal ek dink!!
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 062011.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011003.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011002.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011001.jpg[/img]
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:48 am
by Gerhard
Hy het die job gedoen....
Mooi man.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 1:47 pm
by Monrique (SJ)
Gerhard
Ja, hulle het mooi hul werk gedoen!!
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 1:59 pm
by Kalahari
SJ
Baie mooi en se ook geluk aan jou pa, dit is 'n groot voorreg wat mens het om saam met pa te kan jag.
Wys jou net, die hare kan maar grys wees, maar hulle kan nog 'n roer hanteer.
Groete
Kalahari
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 2:00 pm
by Dawid
SJ.......Jy toe jou pa uitgevat soos jy laas gepraat het. Baie geluk aan jou pa dis n mooi koei daai.
Hoop julle het sommer nog baie jagtogte saam, dit bly maar wonderlik om saam n man se pa te jag.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 2:16 pm
by James Wilson
Kalahari wrote:
SJ
Baie mooi en se ook geluk aan jou pa, dit is 'n groot voorreg wat mens het om saam met pa te kan jag.
+1000000000000. ek, kan nie meer nie.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 2:44 pm
by Arnold
Lekker man, en dit nogal met 'n 303

Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 2:55 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie maters vir die gelukwens, ens. waardeer dit baie!! Sal my Pa se...
Arnold
Kyk die .303 gooi nog mooi my maat!
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 3:04 pm
by erx
Geluk mater, aan jou pa ook.
Dis regtig 'n mooi bok daai.
Ek is regtig verbaas om daai interlock te sien, veral na als wat ek oor hulle gehoor het die afgelope paar weke. Jy is sekerdis interlock, nie interbond?
Groete mater
erx
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 3:28 pm
by Monrique (SJ)
erx
Is dood seker. Die Interlocks werk goed op die stadiger kaliber soos die .303! Sal foto's opsit van 2 koele wat ek laas jaar herwin het uit 2 gemsbokke wat ek gejag het!
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 3:36 pm
by herley
Mooi SJ
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 6:16 pm
by Monrique (SJ)
Dankie Brad!!
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 6:36 pm
by Boertjie
SJ
Ek sou wat wou gee om weer saam met my pa te jag.Na beroertes kan hy niks doen nie.
So waardeur dit terwyl julle kan.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 6:51 pm
by Monrique (SJ)
Ai Boere!
Ek is baie dankbaar vir dit hoor.
Groetnis
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:44 pm
by KalahariKlong
Ek is bly julle het dit geniet, weet hoe jy daarna uit gesien het. Mooi gegooi deur jou pa daar.
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:03 pm
by Stefan764
Ai ou SJ, so bly jy kon die jag saam jou pa doen. Onthou nog hoe jy my nouie dag da in STB vertel het en hoe julle saam uitgesien het na die affere! Ek is net so geseend soos jy om saam my pa te gan jag. As die Groot Baas ons spaar maak ek en pa Flip ook weer so Augustus die 6e...
Manne, ek is so bly SJ het gese hier waarmee hy geskiet het en nog n foto ook waarmee hy dit bewys. Baie manne is so geneig om by n vriend te hoor van n seker maak koeel wat sommer nikswerd is. Die Hornady interlock is n goeie voorbeeld hiervan. As Ludwig met sy 300WM teen 3300ft/sek dai koei aangevat het op n skuins van voor bladskoor het hy nou nog gesoek na daai koei. Elke ding het sy plek. Hier bewys SJ dit net weer vir ons, met n 303 teen relatoewe lae spoed wat die kooel kans gee om om te klink en te penetreer sonder om op te breek. Pas asb die regte koeel toe vir die doel waarvoor hy gebou is, dan sal hy mooi werk. Navorsing, oefening en redenasies met kundiges. n Mens is nooit te oud om te leer nie.
Dankie SJ en nogmaals geluk met julle suksesvolle jagtog!!
Groete
Stef
Re: My Pa se Eland Jag
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:33 pm
by erx
Ai tog, gelukkig kan 'n man darem staat maak op die forum om te help waar jy nie weet, aangesien nie almal van ons experts op al die punte op die mark is nie, en sover ek weet het net 'n polisie hond "koeels"
Groete
erx