Page 1 of 1

Tegniese vraag

Posted: Fri Jan 15, 2016 1:06 pm
by deserthuntr
Hallo manne. Hoop iemand kan my help asseblief. My Pa het sy gewere uitgedeel vir ons en 3 van hulle vir my gegee. Ek het aansoek gedoen vir die lisensies en hulle behoort binnekort hier te wees. 2 Jaggewere en 'n haelgeweer. Nou die gewere is in Windhoek en ek is in SA. DIe gewere is op die SA se polisiestelsel want my Pa was 'n SA burger voor Namibiƫ onafhanklik geword het. Nou my vraag is: Moet ek 'n uitvoer/invoer permit kry om dit in SA in te bring of nie?

Re: Tegniese vraag

Posted: Fri Jan 15, 2016 4:40 pm
by Pappabeer
Is dit op Nam se stelsel ook?

Re: Tegniese vraag

Posted: Fri Jan 15, 2016 7:46 pm
by henning
Ek hoop ek is reg met my opsomming. Kry net n uitvoer permit asof jy gaan jag in SA en as die geweere eers hier is dan is jou probleem op gelos.
Groete
Henning

Re: Tegniese vraag

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:26 am
by deserthuntr
Hi Dewald. Ja dit is op hulle stelsel ook, dit is daar op my Pa se naam geregistreer.

Dankie Henning, dit klink vir my reg.