Page 1 of 1

Wingshooting Safari

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:09 am
by Rooster1089
Hallo Almal,

Ek deel graag met julle my trippie van verlede jaar.
My swear werk op Rovos Rail, die 5 ster trein wat regdeur suid-afrika loop en ook in Afrika in.
Hulle het 'n Hunting Safari pakket wat hoofsaaklik voeljag insluit, maar jy kan ook reel as jy wild wil jag.
Dit is maar eintlik vir oorsese kliente gemik want die pryse is bietjie rof .
Dit is 'n 8dae trip wat begin by Pretoria en so deur Mafikeng, Maretsaane, Kimberly en Bloemfontein loop.
Elke dag jag mens nou verskillende voels, tarentale, duiwe, eende en gaanse soos vooraf gereel met die plase.
Ek het gewere skoongemaak en patrone rond gedra en wyn geskink, voels help aanjaag, noem dit en ek het dit gedoen. dit was ongelooflike lekker ervaring gewees.
Hier is so paar fototjies van wat geskiet is so op die verskillende dae.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3743_zpsh3te6eil.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3776_zps8vkqhiwj.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3798_zpskui4cue0.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3811_zps21ikxwmv.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3866_zpsrccci3s8.jpg

Re: Wingshooting Safari

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:38 am
by blaser
wat kos so trip en kan jy jou hond vat

Re: Wingshooting Safari

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:53 am
by Rooster1089
Hi Blaser,

Hier is die link vir meer inligting http://hunting-safari.co.za/,
maar dit begin hier by $20000 US Dollars :o :o per person.

Re: Wingshooting Safari

Posted: Fri Jan 22, 2016 4:21 pm
by Forester
Vir R330,000 behoort jy 'n hond en geweer te kry om huis toe te kan vat... ;)

Re: Wingshooting Safari

Posted: Mon Jan 25, 2016 10:35 am
by obasch
Kyk ek so na die minstens 75 eendjies, wonder ek maar net of daar by die "bag limits" gehou word?

Re: Wingshooting Safari

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:00 am
by Supacow
The golden rule geld
He who has the gold makes the rule

Re: Wingshooting Safari

Posted: Mon Jan 25, 2016 1:12 pm
by VdWalt
Ek het al 2 keer gegaan - julle kan dit gerus probeer dit
is defnitief die moeite werd.

Re: Wingshooting Safari

Posted: Mon Jan 25, 2016 1:20 pm
by Capt. Yoda
VdWalt wrote:Ek het al 2 keer gegaan - julle kan dit gerus probeer dit
is defnitief die moeite werd.

lmga soos n baas

Re: Wingshooting Safari

Posted: Mon Jan 25, 2016 1:51 pm
by johannvdg
obasch wrote:Kyk ek so na die minstens 75 eendjies, wonder ek maar net of daar by die "bag limits" gehou word?
Hoe kan jy so iets vra of was dit maar retories?

Maar ons kla nie, agv daai storie het ons nou een van die beste tarentaaljagte Suid van die Sahara "gewen" 8)