Page 1 of 1

Lisensie aansoek vraag

Posted: Wed Jan 27, 2016 7:58 pm
by Heinds
Wonder of iemand kan help met die vraag.

Ek het in 2011 aansoek gedoen vir bevoegtheid en lisensie, altwee is goedgekeur.

Ek het nooit my bevoegtheid sertifikaat/kaartjie gekry nie, my kluis is ook nooit geinspekteer nie.

Nou wil ek aansoek doen vir nog 'n wapen vir jag en wil weet of ek die volgende kort:

Bevoegtheid sertifikaat afdruk en kluis inspeksie vorm of kan ek aansoek doen sonder die fisise vorms?

Groete

Re: Lisensie aansoek vraag

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:58 pm
by JTM
Die bevoegdheid kaartjie self word al vir 'n tyd lank nie meer uitgereik nie. Jy kan by jou DFO gaan vra vir 'n amptelike drukstuk wat hulle vir sommer daar kan gee. Jy gaan dit nodig hĂȘ vir 'n aansoek.

Ek weet nie van die kluis inspeksie sertifikaat nie. Ek het een, maar heg maar altyd 'n stel detaileerde fotos van die kluis instellasie ook saam. Dalk kan iemand anders meer inligting oor die inspeksie sertifikaat gee.

Re: Lisensie aansoek vraag

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:01 pm
by ruaanb
Ek het nie n kluis sertifikaat nie. 300 se lisensie aansoek is in met fotos van kluis by en is goedgekeur

Re: Lisensie aansoek vraag

Posted: Wed Jan 27, 2016 9:16 pm
by Heinds
Dankie menere, julle het my aand gemaak.

Groete