Page 1 of 1

eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 9:25 am
by henrygriffiths
hy het gedink hy is veilig, voutjie!

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/6FD11DDE-D92A-46B2-8FD1-D2280BC9CAA5.jpg

http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/96E08A1C-A542-4C28-B54F-3AE689C8D279_3.jpg

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 9:26 am
by ruaanb
eish is 'm mnrtjie daai. mooi gegooi.

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 9:35 am
by toelie
308 BLY BAAS haha

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 12:34 pm
by FHM
Netjies Henry - kook daai skedel af en sit hom dan naby n miernes vir n ruk.
Vat die skedel en sit n paar gekleurde krale wat op rekkies of toutjies geryg is om die skedel.
Ry hom in jou bakkie of kar - as jy parkeer erens vir n lang tyd - sit hom op jou dashboard.
Daar sal nie by jou kar ingebreek word nie maat!

Oom van my wat buite Olifantshoek boer het so skedel met krale om die kop op sy hout-hekpaal gemonteer by die plaas-huis se ingang. Naweke het hy 2 kersies in die oogholtes gesit en aan die brand gesteek - nie eens sy eie werksmense het naby daai huis gekom nie - hulle het my vertel "die oubaas hy gesels met die tokolosje - hulle is broers"

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 5:52 pm
by PWV
Henry, vertel ons bietjie meer. Gr. koeƫl gebruik, afstand, geweer, ens.

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Thu Jan 28, 2016 8:33 pm
by henrygriffiths
Al die info oor die roer is op die post, http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=41777

bobjaan geskiet op 175m hy het hoog in droe bluegum wegekruip langs ons mielie lande waar hy lekker amok gemaak het,

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Sun Jan 31, 2016 11:22 pm
by Tertius Steyn
Baie mooi gedoen! Daai .308 maak baie mooi

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Mon Feb 01, 2016 5:50 pm
by Gawie(13mm)
Toe ek die opskrif sien, dog ek eers dit is een van daai 30-06 bende se lede wat besig is om gat te skeur met hul kleiner boeties >:D .

Netjies! As hy nie wil hoor nie moet hy voel. ;D

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Tue Feb 02, 2016 12:57 pm
by Ferdi
anne

Ek het die kop en kloue an y Bono in die studeerkamer teen die muur. Niemand wil daar wrk nie :laugh: :laugh:

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Sun Feb 21, 2016 4:00 pm
by Shakespierre
Mooi mannetjie!

Hier's nog een met 308 plat getrek, ek was alleen die berge in so hetnie so mooi kiki nie, hehehe...

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160221/6127fa7b3af2163c6ecf5f45368ee009.jpg

Hy't 152m horisontaal en 82m vertikaal op 'n plato randjie gesit toe ek uiteindelik 'n skoot gehad het. Dit eers nadat die trop moles gemaak het by my swaer se plaashuis en honde en ek agterna is om eers 'n uur of wat later na versigtige bekruip dooierus te kon vat op twee plato plate laer...

Sorry oor die horisontaal en vertikaal afmetings, maar my "stap" garmin'tjie kan net so reguit en op gemeet het, hahaha...

Roer was my Tikka T3 met Leupoldt 3x9x50 VX2 scope...

Ammo was Hornady SST 165gr gelaai met 44.8gr S341, Winchester LR primer, in Sako Dop @ 2640ft/s. (1 van die akkuraatste reseppies wat ek nog gelaai het. As jy mooi stil sit en jou kant bring is 'n duim groepering op 200m nie onmoontlik nie...Image

Die kersie op die koek was die feit dat dit my eerste "kill" was met my nuwe roer...

Re: eerste bobjaan met 308

Posted: Tue Feb 23, 2016 8:49 pm
by Vlakvark Soldaat
Henry, daai bobbejaan smile effens breer as jy hahaha!

Ek stem saam FHM, en as die skedel heeltemal skoon is, dan kry jy glow in the dark spraypaint en spyt hom mooi! Ek het al so n rooikat skedel in die aand gesien, lyk blerrie awesome!