Page 1 of 1
Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:26 am
by japievan
Dagsê mense
Ek het 'n lekker geleentheid om in Julie vanjaar te gaan jag in die Oos Kaap naby Port Alfred. Die problem is egter dat ek 'n Pretoria bly en op 'n manier die vleis hier moet kry. Ons jag tot die 5de toe en dan gaan die karkaste in die koelkamer hang to seker die oggend van die 10de voor ons terug ry.
Gewoonlik sit ek die heel karkaste toegedraai in linne(Vir die stof ens) netso in my trailer vir die rit terug maar dit is oor baie korter afstande. soms sal ek ys koop en so paar pakke tussen die karkaste gooi.
Die probleem is egter dat die keer is dit ongeveer 12-14 ure se ry en ek is bekommerd die vleis gaan dit nie maak nie. beplanning is dat daar so twee of drie groot bokke sal wees en so twee of drie kleiner bokke.
Wat is julle opinies?
Groete,
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:32 am
by WILLEBEES
As dit in die winter gaan wees dan sou ek voorstel dat jy in die laat middag ry en deur die nag wanneer dit koel/koud is.
Alternatiewelik kan jy uitvind waar om droe ys te koop - gooi n paar blokke droe ys tussen die karkaste in, dit behoort te hou vir hele paar ure as jy ry.
Onthou net om die droe ys maar tussen karton te pak sodat dit nie direk in aanraking met die vleis is nie.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:42 am
by Gawie(13mm)
Oppas vir droë ys.
Jy wil nie hê dat die vleis "vriesbrand" opdoen nie.
Ons vat maar altyd 2l koeldrank bottels saam en vries hul vol water.
Ek vat hul sommer gevries saam as ek gaan. Ek maak my karkasse, boude en blaaie as hul 'n dag in die koelkamer was en pak dan die bottels tussen die vleis, in my groot swart "bins". Maak deksel toe en gooi twee komberse bo-oor. In 22 jaar het ek nog nooit vleis verloor nie. Tussen 8 en 10 ure op die pad.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:44 am
by Alwyn
Japie
Wat ons maar gewoonlik doen as ons trug kom van Namibia af is as volg, stel die koolkamer dat hy diep koud is so laag as moontlik.
Sit n groot dik plastiek sheet in die sleepwa hy moet groot genoeg wees dat jy hom kan toe vou as alles in is. Dan draai ons elke stuk vleis toe in linne, vou die plastiek sak toe.
Gewoonlik spring ons dan so tussen 3 en 4 die oggend in die pad, as ons daai vleis uit die trailer haal by die huis is dit nog koud (12 tot 14 ure laater)! Jy kan wel al die lee coke bottel vol water maak en vries in tussen in sit dit werk ook mooi.
Verder kan jy ook n cooler sak laat maak wat in jou trailer pas wat ook goed werk maar kan n paar rand kos.
Groete
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:45 am
by FHM
Japie,
wat Gawie en Alwyn se is korrek en werk, maar gaan loer gerus hierso - die onderwerp is al deeglik bespreek hier op die werf
Seker jy sal raad / idees kry
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... r+karkasse
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... se#p252660
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... r+karkasse
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 2:23 pm
by japievan
Dankie vir die terugvoer.
Sal maar die coke bottels begin bymekaar maak en kyk of ek iets kan doen aan die trailer se kante om hom te isoleer. Bokke sal ongelukkig so heel moontlik moet by aangesien dit is hoe Robbie dit verkies.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 2:40 pm
by win270
My advies is maar ook baie dieselfde...
Hier in Randburg is daar WestPack winkel by Lifestyle kwekery. Dalk is daar meer takke van WestPack landwyd. Goedkoop plastiekbottels van verskillende groottes kan by hulle gekoop word. Vries water in die bottels en pak soveel moontlik in die karkaste en draai dan toe met linne. Moenie plastiek gebruik nie. Die vleis kan dalk sweet in plastiek. Ry oornag en jy behoort meer as ok te wees. Daar is ook mense wat glo jy moet NIE die vel afslag in so 'n geval nie. Dit hou die vleis dan langer vogtig.
Maak gevolglik vooraf seker hoeveel bottels en watter groottes jy gerieflik kan vries op die jagplaas...
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Fri Feb 12, 2016 2:43 pm
by japievan
Hoeveelheid bottels wat gevries kan word is nie regtig 'n probleem nie. Ons gaan in 'n huis wees in wat genoeg vries geriewe het. Vel aan gaan iewat van 'n probleem wees.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Sat Feb 13, 2016 1:24 pm
by Philip_R
As jy n so 2 blokke droë ys in n oop coolbag sit sal die koue nie die vleis beakadig nie. Sommer in so 2 hoeke, maar dit is nou as jy droe ys naby die plaas waar jy jag kan kry.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Tue Aug 22, 2017 7:40 pm
by Springkudu
.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Tue Aug 22, 2017 8:31 pm
by Harambe
Sou "styrofoam" werk vir insulasie van die sleepwa?
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Wed Aug 23, 2017 12:19 pm
by Plaashaas
Die meeste hitte kom van die warm teerpad af. Pak bokse onder in jou trailer. Jy kan ook die kante en bo op die karkas sit. Dit vang ook daai bietjie bloed.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Wed Aug 23, 2017 12:35 pm
by Springkudu
Goeie idee plaashaas, ek is nou besig om my dinge reg te kry vir die lang rit van Jansenville na Kaapstad, stress bietjie oor die karkaste vervoer. My 2L bottels is al mooi opgestock
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Wed Sep 13, 2017 10:34 am
by win270
Vertel gerus hoe dit toe gegaan het Kaapstad toe? Enigiets waarvan ons ander dalk kan leer by jou?
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Wed Sep 13, 2017 11:11 am
by Andre308
win270 wrote:Vertel gerus hoe dit toe gegaan het Kaapstad toe? Enigiets waarvan ons ander dalk kan leer by jou?
N man moet die vleis eers skiet voor jy dit kan laai

Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Thu Sep 14, 2017 7:53 am
by Springkudu
Andre308 wrote:win270 wrote:Vertel gerus hoe dit toe gegaan het Kaapstad toe? Enigiets waarvan ons ander dalk kan leer by jou?
N man moet die vleis eers skiet voor jy dit kan laai

Eina, my hart!!!!!
WIN270 - Soos Andre noem was ons nie suksesvol met die jag. Ek was gekit met ou lakens en seker 20 x 2L coke bottels wat gevries was, maar ja, dit is sover ek gekom het.......
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Thu Sep 14, 2017 9:40 am
by EtienneA
Ek gebruik die sak. Pak eers karton onder in waentjie. Sit gevriesde 2L bottels tussen karkaste. Na 10 ure is die vleis nog koud.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Sun Sep 17, 2017 8:33 pm
by Spartan
Dis nou waar ek al baie kere vasgehaak het om te oorweeg om een van daai koelkamer trailertjies aan te skaf...
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Mon Sep 18, 2017 11:23 am
by Rudie
Spartan wrote:Dis nou waar ek al baie kere vasgehaak het om te oorweeg om een van daai koelkamer trailertjies aan te skaf...
Laat weet my as jy een wil aanskaf. Ek vervaardig die trailers.
Re: Vervoer van karkaste/vleis oor lang afstand
Posted: Mon Sep 18, 2017 3:16 pm
by Springkudu
Rudie wrote:Spartan wrote:Dis nou waar ek al baie kere vasgehaak het om te oorweeg om een van daai koelkamer trailertjies aan te skaf...
Laat weet my as jy een wil aanskaf. Ek vervaardig die trailers.
Rudie
Net vir my eie info, wat is die kleinste verkoelde trailer wat julle vervaardig en teen watter koste?