Page 1 of 1
Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 8:47 pm
by Konrad308
Hallo Almal
Ek het so ruk terug gelees oor die nuwe Hornady ELD-X bullets.
Weet iemand dalk waar mens van hulle kan kry? Is hulle al in SA?
Ek dink die 200gr ELD-X sal mooi loop in my .308
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 8:50 pm
by tripodmvr
So lang koeël gaan afhang van jou geweer se groefdraai. Maak seker wat dit is en kyk dan of die koele in daardie loop sal stabiliseer. Spoed gaan ook baie laag wees tensy jy 'n 30 duim + loop het.
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 8:53 pm
by Capt. Yoda
Hulle is nog nie hier by ons nie so dit gee jou darem nog bq tyd om te spaar vir hulle
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 8:55 pm
by Heinz Petersen
Waar kom jou besluit om n 200gr in die 308 te skiet. Ek weet nie wat jy eers geskiet het nie, maar ek sal liewer n 155gr skiet.
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 9:00 pm
by Konrad308
Ek sien nou ek het die post begin onder vuurwapen wet. jammer julle.
Ek skiet nou Hornady 208gr BTHP Match koels uit my Musgrave RSA 308 enkel skoot. Hulle stabiliseer mooi. Nie eintlik veronderstel om so mooi te werk in my 1-12 twist nie, maar hulle doen.
Ek wil die koel skiet vir lang afstand skiet en jag. Ek skiet tot op 300m Nosler se 155gr CC op die skietbaan.
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 9:11 pm
by Konrad308
Capt. Ek sal moet hard spaar met die rand/dollar wat so hoog handel.
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 9:32 pm
by Nico Harris
Konraad ek het nou n vriend in amerika. Die agente het ons laat weet dat bass pro shops moet van die nuwe koeëls hê. Hy was nou al by n paar winkels en orals is dit uitverkoop- .30 en 6.5mm. Ek dink ons gaan nog n ruk wag.
Re: Hornady ELD-X
Posted: Sun Feb 21, 2016 10:02 pm
by Konrad308
Dankie Nico.