Page 1 of 1

Jag naweek

Posted: Mon Jun 20, 2011 11:27 pm
by Cobus(Cobb)
Naand almal,
Net gou 'n paar fotos van die naweek
[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0096.jpg[/img]
'n Bokkoors skoot deur die pens, gevolg deur 'n kopskoot agter die linker oor-uit by regter oog...(sy't toe darm stilgestaan vir daai kopskoot)

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0097.jpg[/img]
My seun Dewald se ram,van die stokke af,  so 180m van voor deur die hart...so 30-40 min "ge-stalk"(trop wou netnie stilstaan vir ons om nader te kon kom nie)

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0110.jpg[/img]
My rooibok, onder die regter oog in so 60m...(van die bakkie af) :-[ :-[
(kan iemand help met horing lengte skat asb)

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... 0117-1.jpg[/img]
16,9 duim, (Rowland, as ek reg gekyk het), nek skoot links voor, so 80m, 42kg uitgeslag

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0128.jpg[/img]
Dewald se ooi, 150m van stokke af, moes laaaank "stalk" vir die regte skoot

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0114.jpg[/img]
Ons kant gebring vir Jaracal....in die draf, agter die linker oor, so 50m met spotlight...my pel Pierre het geskiet.

Die plaas is so 17km van Pomfred af, so 90km van Bray
Wild is mak en op die voet is jy tussen hulle binne 30min
Mag ook bakkie skiet vir die luier manne
Bles,Rooi,en Gemsbokke baie vollop, 5 Bloues, 80-90 Elande, baie Rooihartbeeste
1200ha
Gerbus kan gekontak word op 079 524 5033 as daar nog iemand is wat jagplek soek
Cobus

Re: Jag naweek

Posted: Mon Jun 20, 2011 11:29 pm
by Jagtersdok
Bai bakgat Cobus!

Re: Jag naweek

Posted: Mon Jun 20, 2011 11:33 pm
by Monrique (SJ)
Netjies Cobus

Mooi gemaak daar!!!

Groetnis

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 12:29 am
by Jagtersdok
As ek nioe soos my gat kyk nie lyk daai rooibok se horings so 22"-23"

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 6:04 am
by Dawid
Cobus

Mooi gedoen daar , lyk of julle n heel suksesvolle naweek gehad het.

Dink daardie Rooibok is 20"...........se bietjie wat het hy gemeet

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 6:20 am
by Cobus(Cobb)
David,
Hy's nie gemeet nie..sorry man,ons moet nou maar net skat.

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 6:29 am
by Dawid
Cobus

n Maklike manier in die veld wat baie na aan reg is ,is om jou hande vuiste te maak en jou duime dan oop te maak en die duimpunte teen mekaar te sit......dis 12 duim of bitter naby.n Man kan maar jou eie hande so meet en gebruik in die veld as n riglyn.

Groetnis

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 6:47 am
by Gerhard
Dit lyk mos nou na n baie lekke naweek.

Baie geluk met al die bokke.

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 7:14 am
by Geno
Cobus,
Mooi man, bly julle kon bietjie in die veld kom.
Ek skat daai rooibok ook 20", rede hoekom ek hom so kort skat, is omdat sy punte kort is, en sy draai ook baie vlak lyk.

Groete,
Eugene

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jun 21, 2011 7:22 am
by Gerhard
Geno wrote: Cobus,
Mooi man, bly julle kon bietjie in die veld kom.
Ek skat daai rooibok ook 20", rede hoekom ek hom so kort skat, is omdat sy punte kort is, en sy draai ook baie vlak lyk.

Groete,
Eugene
Dink jy is nogal naby aan reg Geno...

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jun 23, 2011 5:54 pm
by .::Alwyn-U::.
Mooi gegooi... lyk na 'n lekker naweek!

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:17 am
by Geno
Dewie,
Is dit jy wat so trots op die fotos "pose"?

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:51 am
by .::Alwyn-U::.
Ek dink nie so nie ???

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:31 am
by Dewie
Halo oom Geno

Oom is reg dit is ek wat bietjie bok gery het met ons jagnaweek

Dewie

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:45 am
by prohunt
Hallo Dewie,
Jong dit lyk my jou pa leer jou sssoooo mooi, nou waar kom die Blou Bul ding dan in????? Dit pas nou nie so lekker by die res van die goeie opvoeding nie ;D ;D :o  Hou maar dop hier kom 'n ding.

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 10:53 am
by Dewie
Oom Prhunt

Dankie dat oom my die komplimente gee(behalwe vir die Blou Bul)
Maar ek dink nogteeds dit is beter om 'n Blou Bul te wees as 'n Stormer :) :D ;D

Dewie

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 11:34 am
by .::Alwyn-U::.
Dewie  -    Daai is nou sensitiewe topic!  :-\

;D

Re: Jag naweek

Posted: Thu Jul 07, 2011 5:06 pm
by Cobus(Cobb)
Ja manne, 'n pa kan als probeer, maar as jou kind Bloubul draai, wat kan jy doen....Ek het al opgehou probeer.

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jul 12, 2011 9:14 am
by PITSMIT
mooi bokke daai julle manne

dewie mooi gegooi daar ou matertjie ons sal nog daai bloubul ding vir jou regstel eendag jy is nog jonk jou o? sal nog oopgaan soos n klein katjie s'n hehehe ;D ;D

Re: Jag naweek

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:44 am
by Dewie
Dankie oom Pitsmith
My oe het al lank terug oop gemaak,,,
want ek was altyd 'n Stormer :'(

Dewie